Page 1 of 1
Tikka T3 300wm OAL
Posted: Fri Mar 10, 2017 3:47 pm
by Felix
Middag almal.
Kan die manne met Tikkas in 300 win mag my asb adviseer.
Ek is in die beplannings fase van n 300wm langafstand bou projek en wil net graag weet of die Tikka se magasyn jou baie beperk ten opsigte van maksimum TPL vir die langer, swaarder koeels.
Ek sal graag die 230gr Berger Hybrids wil skiet.
En dan, sal n AI magasyn vir n langer TPL toelaat?
Dankie
Johan
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Fri Mar 10, 2017 3:54 pm
by tripodmvr
Die Tikka se groefdraai word as 1 in 11 genoem en dit kan probleme gee met daardie swaar (lang) koeël wat jy nou wil probeer. Hoop die Tikka manne kan jou help met TPL.
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Fri Mar 10, 2017 4:02 pm
by Felix
Hi Tripod
Ek is net van plan om die aksie te gebruik. Ek wil nou juis besluit op n koeel sodat ek die loop keuse kan maak.
Ek is bang die langer Hybrid koeels gaan nie lekker saam met die magasyn werk nie en ek het geen ondervinding met die Tikkas nie.
Dankie
Johan
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Fri Mar 10, 2017 4:14 pm
by Witpietskiet
Ek gaan n raai skoot vat en sê dat as jy daai lang 230gr koeels wil gebruik, gaan jy maar sukkel om n magasyn kas te kry wat gaan werk op die 300WM. As dit n 300WSM was kon n mang seker plan gemaak het met n lang aksie.
Dink die meeste manne wat daai 230gr Berger Hybrids skiet gebruik enkel skoot aksies.
Maar ek raai ook maar net.
Mooi loop
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Fri Mar 10, 2017 4:20 pm
by Felix
Dit sal dalk meer prakties wees om na die 200-210 greiners te kyk.
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Fri Mar 10, 2017 5:27 pm
by Malan123
Volgens my magasyn is die maksimum tpl 85.85mm, maar dan is dit op die nippertjie van inpas. Ek het voorheen 200 grein geskiet sonder enige akpccuracy issues, maar nog nooit die 230 greiners nie. 180 grein baie lekker punt in my 300
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Sun Mar 12, 2017 12:22 pm
by Boesman10
Ek skiet 210 grein Berger VLD in die Tika T3 .300 WM baie lekker. Sal vanaand kyk want ek het die magasyn breedte iewers neergeskryf en sover nie probleem nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Sun Mar 12, 2017 8:08 pm
by Arnold
My aanbeveling sal wees om die Rem700 roete te gaan waarvan die magesyn beperk is tot 3.6"
Die met die Tikka gaan jy moet enkelskoot skiet.
Watse reamer of wie gaan die geweer bou? Ek is self nou besig met dieselfde.
300WM, 230gr Hybrid @ 2900fps uit n 28" loop met die nuwe N570 wat hier en daar uitdop. Ek gaan wel vir my n 9 twist loop bestel.
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Sun Mar 12, 2017 8:43 pm
by Felix
Dankie vir almal se insette.
Arnold, ek sou baie graag die Remington roete wou gaan, maar ek het die Tikka byna verniet gekry. Ek is nog in die begin fase van beplanning so het nog nie op reamers ens besluit nie. Gerrie Coetzee sal die bou werk vir my doen.
Ek sal seker eerder na die 200gr Hybrids of 210gr VLD met n AI mag kyk.
Lekker aand vir julle.
Re: Tikka T3 300wm OAL
Posted: Sun Mar 12, 2017 9:11 pm
by Felix
Ek sien die AI magasyn se COAL is 3.625".