Page 1 of 1

GS Custom- Brilliiant!

Posted: Mon Aug 15, 2011 10:32 am
by Nico Harris
Het die naweek 2 blesbokke geskiet. Toestande was ver van ideaal en die wind het gepomp! die blesbokke was ook al warm gemaak die jaar so naby skote was nie n opsie nie! ek het met my 243win gelaai met 69gr gs hv koeels teen 3603ft/s! my eertse toets lading van 3 patrone het onder n duim geskiet en het dit toe sommer so gelos! met die wind wat so waai was altwee my eerste skote baie power en ek mos altwee bokke opvolg met n tweede skoot in die hardloop... kan  my eie gat skop daar oor!!! altwee die bokke was vir bestellings en ek het al gesien hoe betaal ek hulle self! toe ek vanoogend die karkasse gaan check(kon nie na die jag nie)  kon ek nie die skote op die bokke kry met die koelkamer se flou lig nie! een bok het n ver terug blad skoot en n gat skoot en die ander het n full frontal en n blad skoot! die vleis skade is regtig bitter min! nie een koeel is ge recover nie en al die exits is omtrent die grote van n R1! kon ongelukkig nie fotos neem nie! die koeels het my R362 gekos en dit sluit pos geld in...dit is goedkoper as die 85gr barnes se prys sonder posgeld! ek dink mens sal ver moet gan om beter waarde vir geld te kry!

groete

Nico

Re: GS Custom- Brilliiant!

Posted: Mon Aug 15, 2011 10:40 am
by baboonstalker
Nico,

Is daardie prys vir 50 of 100 koe?ls?
Dit is maar sleg as jy daardie laaang skote in die wind moet vat. Bly jy het hulle ten minste gekry.

Groete
P

Re: GS Custom- Brilliiant!

Posted: Mon Aug 15, 2011 10:53 am
by Nico Harris
BS dit is vir 50!  dis bietjie duurder as die gewone sp's maar dis i n ander klas! die barnes wat ek wou kry is R420 sonder posgeld by s&o! so as mens die normale posgeld van n R100 vat is dit R520 in vergelyking met R360...R160 goedkoper...elke derde pakkie is dan eintlik verniet! ek moet se dat s&o se pos is spoed pos en gs sin is gewone-maar die overnight van s&o vat 2dae om by my te kom en die gs se gewone pos vat 3dae...so in my geval is dit  nie regtig n verskil nie!

sal jou nog laat weet oor die v-maxe wag net vir iemand om na my terug te kom!

groete

Nico

Re: GS Custom- Brilliiant!

Posted: Sat Aug 20, 2011 9:34 am
by 375 fanatic
Hallo Harris 30-06
ek gebruik die 75gr gsc teen 3450v/sec skiet amper enige bok met hulle met uitstekende resultate my grootste probleem is ek kon nog nie een recover nie. Ek het n blesbok op 270m van skuins agter geskiet die patroon is reg deur.

ek gebruik hulle ook op my 375 hv's en solids met baie goeie resultate