Page 1 of 1
Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Thu Mar 09, 2017 10:31 pm
by Neels Louw
Ek het nou op die forum gesoek en die aanvanklike boodskappe gelees van Smoking Guns geweerkolwe. Ek sien die eienaar, Martin van der Berg het aanvanklik geantwoord op die forum maar lyk nie of hy nog aktief op die forum is nie. As hy te besig is om kolwe te bou, kan hy seker verskoon word.
Die vraag was al in 2013 gevra en Martin moes lyk my nog n paar goed uitsorteer.
Is hy nog in die bedryf en wie het al van sy kolwe gekoop?
Waardeer julle terugvoer
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Fri Mar 10, 2017 12:07 am
by Langeraat
Neels, ek het nou nog nie self een van sy kolwe nie maar ek kyk self ook in daai rigting as 'n opsie vir wanneer my 6.5 Creed se lisensie arriveer. Dit lyk asof hy nog bedrywig is, snuffel maar gerus so bietjie op sy
WEB WERF en ook op sy
VLEISBOEK blad. Ek sal ook graag wil hoor van diegene wat al van sy kolwe aangeskaf het.
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Fri Mar 10, 2017 6:08 am
by savage(P Coetzer)
Ek 2 van sy kolwe en is baie tevrede
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Fri Mar 10, 2017 7:02 am
by F.L.A.S.H
Ek skiet self een en kan gladnie kla nie
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Fri Mar 10, 2017 7:51 am
by JacquesT (Stompe)
Ek skiet ook een en is baie tevrede. Vir so paar rand ekstra custom hy hom ook vir jou.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170310/e31c410c92dbed5d469cf1c3c683b4ee.jpg
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Fri Mar 10, 2017 8:28 am
by Giepie
Ek was vroeƫr vanjaar in Potch en vinnig 'n draai gemaak. Hulle is nog aan die gang en die sintetiese kolwe lyk goed. Ek het nou nie self een gekoop nie, maar hou dit in gedagte.
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Fri Mar 10, 2017 6:04 pm
by Mellies
Martin is nog aan die gang.
Hy is op dieselfde perseel as Advance Gunsmithing Technologies hier in Potch.
Met n vleisie...
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Fri Mar 10, 2017 6:59 pm
by Jaco v Zyl
Baie goeie waarde vir jou geld.
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Sat Mar 11, 2017 10:22 am
by Armand Steenkamp
Glo hy is nog aan die gang. Het kolf by hom laat oorspry. Hy druk et vreeslik op oor die betaalslag..
Groetnis
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Mon Apr 10, 2017 10:34 am
by TianEbersohn
Ek het 'n kolf deur hom laat bou. Baie tevrede. Die kolf is werklik goed geprys, goeie kwaliteit en hy is 'n gawe ou om mee te werk.
Sy e-pos adres is as volg:
admin@smokingguns.co.za
Re: Smoking Guns Geweerkolwe
Posted: Mon Apr 10, 2017 2:16 pm
by vossie1
Maak ook nou kolf vir my 375 by Martin, so ver is korrespondensie goed, geweer word woensdag opgetel by hulle so ek sal volgende week kan terugvoering gee oor kwaliteit.