Page 1 of 1

Lekker Namibi? Jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:36 pm
by Piet Breedt
Nadat ons die SA Jaggeweer skiet aan die manne van Namibi? in Windhoek bekend gestel het, het ek en n maat van my so bietjie gaan Gemsbokke en Koedoes jag daar in die pragtige land van Namibi?. Ons moes die boer help om n kwota te skiet vir die mark, en ook sommer vir ons self so paar te skiet.

Ons het probeer om nie trofee koedoes te skiet, aangesien hy hulle verkoop aan oorsee se jagters. Maar die Gemsbokke het so bietjie pak gekry. Ek het met my .25 06 geskiet, en hy het homself baie goed van sy taak ge kwyt. Die veld is hierdie jaar besonders ruig en ons moes ons skote baie goed uitsoek, aangesien daar baie takke en lang gras was. Ons het 56 in totaal geskiet. Vir die meeste was daar nie tyd om te "Range" nie, maar die v?rste een het ek darm kon range, aangesien hy in die oopte gestaan het. Hy was op 268m geskiet. Al die bokke was met een skoot gedood in die kop.

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011036.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011073.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011093.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011090.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011117.jpg[/img]

Hierdie Rooihartbees was laatmiddag geskiet op 216m vanuit my sit sonder rus posisie

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011052.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011067.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011157.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011066.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011159.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011158.jpg[/img]

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:41 pm
by Monrique (SJ)
Piet

Spoggerig man, mooi gegooi.


Groetnis

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:48 pm
by Ponkie
Oom Piet

Wat 'n FEES moes dit nie gewees het nie! Die wereld lyk baie anders daar as in die swartrante waar ons gejag het.

Mooi gegooi! (Soos ALTYD)

Groetnis
Ponkie

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:51 pm
by .::Alwyn-U::.
Piet

Sjoe daai is omtrent 'n kwota! In hoeveel dae was alles geskiet?

Lyk na vet pret!

Groete
Alwyn

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 9:13 pm
by Piet Breedt
Ons het hulle in 5 dae geskiet. Die bokke was wragtig vet hierdie jaar. Die boer s? sy gemiddelde reenval n jaar is ongeveer 350mm en hulle het hierdie afgelope seisoen 1580mm op die plaas gemeet. Hy was vir lang tye afgesny van die buite w?reld, en kon nie van die plaas af met al die riviere wat in vloed was.

Kyk hoe vet was hierdie Gemsbok bul op sy rug. Hierdie is sy rugstringe

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011147.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011148.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 011149.jpg[/img]

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 10:09 pm
by Gerhard
Baie netjies...

Lyk of julle n great tyd gehaad het.

Geen wonder  jy soek vleis resepte ...  ;D

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Sun Aug 14, 2011 10:50 pm
by Francois Marais
Piet

Mooi gegooi, dis voorwaar n geil Gemsbok daai, hoop nie hy mark toe nie, julle dam veilig gery lyk dit my?????

Mooi loop
Francois

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 12:26 am
by HUNTER
Piet, baie mooi geskiet. jul kan begin kamp span met al daardie gemsbokdroppers ;D

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 7:26 am
by .::Alwyn-U::.
Piet

Ek weet al die skote was in die kop.. maar was dit nou nodig om hulle elke keer so mooi op daai swart lyntjie tussen die o? te sit ;D ;D ;D

Dit wil gedoen wees!!!

Groete
Alwyn

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 7:47 am
by BLOK
Aitsa

Lyk of julle dit baie geniet het, julle seker die plaas gebruik nie charolais bulle by die gemsbok koeie om daai vetlagie in te kry nie ;D

Mooi gedoen

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 3:36 pm
by DawieKotze
Baie netjies geskiet Piet!! Daai bokke het wragtag mooi kondisie gehad!!

Watter omgewing was die plaas?

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 5:05 pm
by Piet Breedt
Naby Otjiwarongo

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Mon Aug 15, 2011 10:15 pm
by THOMAST
Ai!  Hoe lus kry ek nou vir so 'n gemsbok rumpie!
Mooi geskiet Piet.

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Tue Aug 16, 2011 11:25 am
by Vosman
Jusou!
Dit help darem as 'n man kan skiet! Dit lyk na lekker sports!
Ek glo julle het darem nou genoeg vleis vir die somer, net tot Mei volgende jaar, dan nuwe planne!
Goeie skote julle!

Groete

Re: Lekker Namibi? Jag

Posted: Tue Aug 16, 2011 11:39 am
by Geno
Oom Piet,
Ek sien Oom en Oom Basie was bedrywig!
Mooi skote, welgedaan!

Groete,
Eugene