Page 1 of 1
Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Sun Mar 05, 2017 3:36 pm
by Slicktrick
Eerste jakkalse in 6 maande. Die bos is groen en gras lank. Jak 1 is geroep met die mond, 100 meter oe gesien en jak geskiet op 30 meter met 223, jak is minder as n jaar oud.
Jak 2 is in die ry opgetel, oe op 150 meter gesien. Jak met mond geroep tot op 25 meter en met 308 geskiet, jak is so 2 jaar.
IMG-20170303-WA0012.jpeg
IMG-20170304-WA0000.jpg
Bly om weer trug in die bosveld te wees.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Sun Mar 05, 2017 5:34 pm
by spekieries
As jy sê met die mond ingeroep bedoel jy 'n fluitjie (predator call)?
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Sun Mar 05, 2017 6:00 pm
by Slicktrick
Hi spekieries.
Daardie fluitjies maak my dom.
Ek maar self geleer met die mond roep.
Ek hou my lippe teen mekaar en dan trek ek n asem in en speel met my lippe op en af en hou my hande bak voor my mond om te help met die klank.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Sun Mar 05, 2017 6:44 pm
by pieter h
Netjies,By my lyk dit nou anders as 2 maande terug.Gaan nou net oë en ore sien
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Sun Mar 05, 2017 8:31 pm
by spekieries
Interessant, die geluid wat jy na maak, is dit soos 'n haas wat gevang word. M.a.w maak jy die klank van die fluitjies na?
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 7:59 am
by Jakman
Slicktrick is dit maar net ek of lyk daai 2de jakkals nie heeltemal gesond nie..?

Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 9:33 am
by Malan123
Hy lyk vir my ook so bietjie dun en haarloos!
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 9:51 am
by Geno
Dis maar n teken van oorbevolking. Brandsiek.
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 12:24 pm
by Jakman
Nou wat is die greenies se probleem? Hoekom het hulle dan nog nie die jakkalse begin dip nie? Dis dan vir hulle so erg as die jakkalse geskiet word of as ons se hulle is te veel.. Geno dis n teken mos dat die honderde wat jy dood nie genoeg is nie?
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 12:49 pm
by Slicktrick
Ja hy is vrot. Ons het nog 2 geskiet wat ons nie kon kry nie hulle was sommer swart van die koors.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 12:58 pm
by Slicktrick
Die boer van die plaas se dat hy het in die week 4 geskiet wat die agter lyf kolle opgehad het maar nie so erg soos die ene wat ons geskiet het nie. Die ander een wat ons geskiet het het so klein kol op haar pens gehad. Die plaas is so 2500 ha net bees en die gewone wild op. Ek wou eers nie skiet nie, gedink dis n wilde hond.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 1:10 pm
by ricus 1
pieter h wrote:Netjies,By my lyk dit nou anders as 2 maande terug.Gaan nou net oë en ore sien
Sent from my iPhone using Tapatalk
Pieter hoekom se jy dat jy nou net oe en ore gaan sien? Ek het ook agter gekom dinge verander nou.
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 1:16 pm
by Jakman
As ek oom Pieter reg verstaan is die gras nou aan die lang kant en sien jy maar bitter min van die jakkals dus die stelling oe en ore.. Al rede hoekom ek so se is omdat dit al was wat ek gesien het van die 3 wat ek saterdag geskiet het.
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 1:25 pm
by Slicktrick
Hier by ons ook, op plekke is die gras amper n meter hoog en bosse kan jy nie eers 3 meter in sien nie. Kruis pad en lyndraad het mooi gehelp maar hulle kom sommer so 20 tot 30 meter van bakkie uit die bos uit.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 1:41 pm
by Jakman
Slicktrick dis nou daai koue gevoel wat mens kry as jy agter kom hy het in gekom sonder dat jy hom gesien en amper op die bakkie kom klim vir n lift.
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 1:49 pm
by pieter h
Ricusu ja die gras is nou lekker lank bossieveld toe gegroei.2Mnde terug was dit maar kaal.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Eerste Jakkalse na 6 maande
Posted: Tue Mar 07, 2017 3:45 pm
by ricus 1
Nou verstaan ek dankie. Ek skiet op n plaas vir my vriend. Die plaas het wild op en geen bees of skaap op vir die laaste 15 jaar. Die fynbos staan altyd n meter hoog winter en sommer.