Page 1 of 1

Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 11:00 am
by Biltongjagter
Nog 'n Amerikaanse mpy. wat kolwe vervaardig en ook na Suid Afrika uitvoer.

Hulle vervaardig 'n wye reeks interessante kolfontwerpe in verskillende houtsoorte, asook gelamineerde hout met 'n groot verskeidenheid mooi kleure.

Verder bied hulle die kli?nt die keuse om enige van hulle bestaande kolfontwerpe aan te pas volgens eie keuse binne die bestaande ontwerpreekse wat hulle reeds vervaardig.
Hulle is selfs bereid om 'n kolf volgens die kli?nt se eie ontwerp te vervaardig in enige van hulle beskikbare materiale.

Kli?nte het ook die keuse om die afwerkingsmateriale wat hulle bied - items soos 'rubber pads', 'tips & caps' en 'swivels', self te kies uit dit wat hulle bied, vir die kolf van hulle keuse.

Met al hierdie verskillende ontwerpe en  houtsoorte, kleure en bykomstighede, kan elke kli?nt dus 'n sakpas kolf van sy keuse laat maak.

Hul pryse is weliswaar duurder as ander kolfvervaardigers s'n, maar terselfdertyd bied hulle kli?nte veel meer opsies om hul kolwe te verpersoonlik en duursaam te maak, sou hulle dit verkies.

N? alles is hul pryse uiters mededingend en billik, indien vergelyk word met kleiner, plaaslike kolfvervaardigers se produkte.

Hi?r is werklik waar pragtige kolwe om van te kies vir 'n verskeidenheid van aanwendings.

[img width=560 height=145]http://www.techfund.co.za/images/silhou ... e8inch.jpg[/img]

Richards Microfit Gunstocks, Inc. 

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 7:28 pm
by Pvdw
Biltong ek het so 2 weke terug 'n BOYEDS kolf by James hier op die forum gekoop. Ek is baie tevrede met wat ek gekry het vir R1500.

Ek het egter ook op die net rond gespeel om te sien wat nog beskikbaar is en ook op die site afgekom. Daar is darm pragtige kolwe daar buite en mooi bly maar mooi al het jy nou net een gekoop. Goed om rond te kyk want jy weet mos dat die gunne in ons kluise nie altyd dieselfde bly nie, altyd plek vir nog een of miskien vry 'n vriend een van jou oues in die kluis af ;D ;D ;) ;) dan moet jy mos die verlies vervang.

Peet

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:25 pm
by Christo
Biltong, ek en BaboonS het by hulle bestel, mooi kolf maar jy gaan baie langer wag as die 6-8 weke waarvan hulle praat. Kyk ek het hom iwers oopoe forum al gewys. Jy gaan ook 'n bietjie moet werk aan daai kolf.

Wat ek van Boyds gesien het sal my volgende van hulle af kom.

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:28 pm
by Penkop
Hi Biltong,

Is jy die SA agent vir hierdie Amerikaanse kolwe?

goedgaan

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:46 pm
by Biltongjagter
Nee Penkop,

Het maar net die goed raakgesien op die Internet en die inligting deurgegee vir die manne om self te kyk en te bestel sou hulle belangstel.
Groter verskeidenheid en keuses as ander ouens.

Christo, wat Boyds s? in hulle 'Cross Reference' van weergawes wat hulle maak, wat veronderstel is om Brno en CZ gewere te pas, pas by verre nie di? tipe gewere nie! Heelwat werk is aan hulle kolwe nodig om dit te maak pas op Brno en CZ gewere.

Wil voorkom of ons in SA met Europees vervaardigde gewere, eerder maar 'uninlet' kolwe moet bestel uit Amerika en ouens hier die regte insnedings in die kolf te laat maak om sodoende jou spesifieke nie-Amerikaanse geweer se staalwerk daarin te laat pas.

Amerikaanse geweer fabrikate is natuurlik waarin hulle spesialiseer en is meestal 'n '99% fit' soos hulle ook s

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 9:00 pm
by baboonstalker
Ek kan beaam wat Christo s?, en my volgende sal beslis ook Boyds wees. Ek het die naweek inletting en bedding gedoen op een van Boyds se kolwe en die kwaliteit is vir my beslis beter as Richard Microfit.
My kolf wat van RMF gekom het was veronderstel om "over inletted" te wees sodat jy hom dadelik kan bed. Ek het egter die inletting heeltemaal oor gesny aan beide kante omdat die inletting skeef in die blank gesny was en die bo en onderkante gladnie opgelyn het nie.
Ek sal ook s? kry uninletted blank en sny hom self.

p

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 9:41 pm
by Arnold
Ek het een rmf kolf in my kluis. Na daai een het ek al twee kolwe by boyds bestel. As jy n geweer het waarvoor boyds inlet kan jy gerus maar een van daai bestel.

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 10:19 pm
by Armand Steenkamp
Ek is baie lus om vir my n boyeds kolf vir my plank op te sit maar ek sien jy kry nie drop in stocks vir n RSA nie.

Hoefeel kos dit min of meer om inletting te doen op n uninletted kolf?

Groetnis

Re: Mooi kolwe

Posted: Sun Aug 14, 2011 10:24 pm
by Monrique (SJ)
Armand

Gesels daar met Beyers, glo hy sal jou kan help.


Groetnis

Re: Mooi kolwe

Posted: Tue Aug 16, 2011 10:17 am
by James Wilson
ek het al baie gedink ek moet n hele paar Boyds kolwe invoer as voorraad en dan dit sommer hier met die nodige toestemming adverteer. wat se julle sal ek ondersteun word.

Re: Mooi kolwe

Posted: Tue Aug 16, 2011 4:01 pm
by Armand Steenkamp
Hehehe hang af hoe baie wins jy wil maak. :angel:

As jy nie te rof aangaan nie dink ek noggal gan n paar ouens jou ondersteun wat nie deur al die moeite van invoer wil gan nie!

Groetnis

Re: Mooi kolwe

Posted: Tue Aug 16, 2011 9:10 pm
by KalahariKlong
Jagbehep, ek is een van die eerste manne wat jou sal ondersteun. Soos genoem is ek nie lus vir die hele bestel, invoer en dan hoop die kolf pas storie nie. Mooi bly mooi en my hart trek na daai forest camo thumb hole stock...

KK

Re: Mooi kolwe

Posted: Wed Aug 17, 2011 8:34 am
by Biltongjagter
KK,

As jy Amerikaans vervaardigde geweer het, is jou kans 99% dat kolf sal pas sonder baie werk.

Europese geweer fabrikate is 'n ander storie - of jy hom self invoer of iemand anders - baie werk gaan nodig wees.

Voer liewer self 'n 'UNINLET' kolf wat so na as moontlik aan jou tipe geweer is in, en laat 'n ou soos Beyers die insnedingswerk vir jou spesifieke aksie en loop doen.

Groete,
Koos.

Re: Mooi kolwe

Posted: Wed Aug 17, 2011 7:08 pm
by KalahariKlong
Dankie vir die raad, ek maak so. Behoort hom volgende week te bestel, dan net laat doen, pak en opsit  ;D

Re: Mooi kolwe

Posted: Wed Aug 17, 2011 7:53 pm
by Pvdw
Kolega van my het Sondag aand een by BOYDS bestel vir sy .22 BRNO. Totale koste tot hier by hom in die poskantoor is R1121.50. Hy wag nou net om te sien hoeveel die invoer belasting gaan wees. Ons vermoed hy behoort weg te kom vir onder R1500 als ingesluit

Hy het bevestiging van BOYDS gekry en 24 uur na bestelling was die kolf reeds gepos en hy het 'n tracking nommer by hulle gekry.

Daai manne slaap nie en hulle is lus vir besighuid. ;) ;)

Peet

Re: Mooi kolwe

Posted: Wed Aug 17, 2011 8:10 pm
by Biltongjagter
Peet, laat weet bietjie hoeveel werk moes nog gedoen word aan jou kollega se Boyd's kolf om sy .22 Brno te pas.

Dit nou na aanleiding van hierdie wat Boyd's self s? -
BOYDS' Rimfire Target Hunter CZ? 452 Rifles

NOTE: The model 452 and 453 American will fit our 452 magnum stocks with minor stock modifications. Please see and compare photos of our inletting to view variations between actions. The 452 Scout and Lux as well as the 513 fit our 452 22lr stock but require bedding in the barrel channel. The 453 varmint fits the 452 22LR with stock modifications.Please see and compare photos of our inletting to view variations between actions,
en ook wat ander Boyd's kolf aankopers aan my meegedeel het.

Groete,
Koos.

NS    BTW en klaringskoste in SA behoort nie die finale prys so hoog soos R 1500 te maak nie, eerder heelwat laer - dalk minder as R1300.

Re: Mooi kolwe

Posted: Mon Aug 22, 2011 6:21 pm
by James Wilson
klaringskoste vang jou baie keer omkant. van al die kolwe wat ek bestel het was nog nie een dieselfde koste nie

Re: Mooi kolwe

Posted: Mon Aug 22, 2011 7:41 pm
by Pvdw
Biltong, sal so maak.

My kolega het vandag gekyk na die vordering van sy kolf en dit het presies 7 dae na betaling/bestelling in SA aangekom. Nou om te sien hoe lank vat die res van die pad hier in SA om af te handel.

Peet

Re: Mooi kolwe

Posted: Wed Aug 31, 2011 4:48 pm
by Pvdw
My kolega se kolf het gister aangekom. R1121.50 vir die kolf en nog R139.60 by die poskantoor. 'n nice deal vir net onder die R1300.00

Die BRNO model 2 wat hy het is 'n perfekte "dropin" Hy het slegs onder by die trigger guard 1mm hout verweider en als pas perfek.

Peet

Re: Mooi kolwe

Posted: Thu Sep 01, 2011 7:46 am
by Biltongjagter
Baie redelike prys!

Bly oor jou kollega se geluk met die baie maklike passing van sy kolf!

Hy is, lyk my, een van die min gelukkiges, meeste van ons ander het maar tweede en selfs sleg derde gekom met Boyds kolwe se passings op nie-Amerikaanse kalibers  :'(

Re: Mooi kolwe

Posted: Thu Sep 01, 2011 9:34 am
by FE
My ondervinding met Boyds is uitstekend. Ek het die kolf die 11de Augustus bestel en hy was al die 19de in die land. Het hom die 30 ste by poskantoor op getel. Alles en alles het my R1300 gekos. Ek het wel swivel stud by gekoop. Die P14 aksie wat ek het pas perfek daarin. Die vol walnut lyk regtig baie mooi! Was bly ek het die kans gevat, ek self hou nie baie van die roeispaan kolwe nie.

Lyk my die geluk is soms aan jou kant as ek na 'n paar van julle luister. Kan nou net nie wag om te gaan skeit nie.