Page 1 of 2

Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 11:58 am
by Jurie Vermaak
Ek het al vantevore geplaas van my 1ste kolwe wat ek gemaak het. Die gogga het my nou erg gebyt en hier is n paar kolwe wat ek die laaste paar weke gemaak het.
Remington 700 SPS 243 Win
Rem 243.jpg
Remington 700 SPS DM 7mm-08
7mm-08.jpg
Tikka T3 243 Win gemaak vir n vriend
Tikka T3.jpg
Ek was aanvanklik baie konserwatief oor watse kleur n kolf kan wees, maar hoe meer ek die ander kleure sien hoe mooier word dit. Ek het nou omtrent die hele smartie boks in my kluis ;D .

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:06 pm
by KalahariKlong
Baie netjiese werk, ek hou veral van daai eerste een.

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:08 pm
by tripodmvr
Lyk baie netjies. Met watter gereedskap het jy dit gedoen?

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:30 pm
by Jurie Vermaak
tripodmvr wrote:Lyk baie netjies. Met watter gereedskap het jy dit gedoen?
Oom Marius, ek gebruik my router wat in n boorstand pas en n dual vice om inletting te doen. Ek werk dan die basiese vorm met my grinder met n sanding disk af. Die pistoolgreep gedeelte gebruik ek n growwe rasper en dan is die res maar skuur met 60grit tot so 320grit. Finale afwerking is met Tru-oil

Hieronder is n foto van my setup. Is maar baie elementer maar dit werk goed
Boorstand.jpg

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:31 pm
by Tikka_25-06
Shoe maar die kleure op daai eerste 2 kolwe is darm baie netjies!

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:38 pm
by Eckardt
Waar bestel ek een?

Sent from my SM-N9005 using Tapatalk

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 1:08 pm
by Ashley
Daai is wraggies netjies gedoen.
Ek dink jy kan dalk n hele paar vrae oor bestellings verwag ;)

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 1:22 pm
by Konrad308
Baie mooi werk daai.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 2:27 pm
by Pvdw
As mens geseën is met so talent an moet jy dit gebruik en geniet.

Ek hou ook veral van daai 1ste groen kolf.

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 5:11 pm
by marco
Dit lyk baie smart.... goed gedoen...
Waar kry jy blanks?

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 6:30 pm
by Jurie Vermaak
marco wrote:Dit lyk baie smart.... goed gedoen...
Waar kry jy blanks?
Hierdie blanks het ek almal by Geno gekry

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 8:31 pm
by Hansieslim
Sjoe dit lyk na netjiese vakmanskap met daardie elementêre gereedskap. PUIK !!!

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 8:39 pm
by WicusdP
My volgende kolf gaan groen wees! Zombie groen!!
Baie netjies!

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Mar 05, 2017 8:51 pm
by Trompie
Baie netjies

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Mon Mar 06, 2017 12:46 pm
by Johan7
In die lewe in....

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Mon Mar 06, 2017 12:52 pm
by PWV
Jurie Vermaak, jy is net so bietjie ver, anders het ek vir jou kom kuier!!

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Mon Mar 06, 2017 6:56 pm
by Vasbrand
Netjies Jurie, daai groen kolf is bitter mooi!

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Mon Mar 06, 2017 9:45 pm
by fjoubert
Dit is baie goed gedoen met so min toerusting. Ek dog mens het n cnc milling machine nodig om kolwe te maak...

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Thu Mar 09, 2017 5:13 pm
by tau
Baie netjies!!! Jy mag maar. Hoe lank neem 'n kolf jou?

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Thu Mar 09, 2017 8:09 pm
by Jurie Vermaak
tau wrote:Baie netjies!!! Jy mag maar. Hoe lank neem 'n kolf jou?
Dit vat my in totaal so 20 ure se werk maar oor so 2-3weke met die finishing wat kans gegee moet word om goed droog te word

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Fri Mar 10, 2017 7:14 am
by .270 Man
Dit lyk Pragtag Jurie jy het n talent. ;D

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Jun 04, 2017 9:12 pm
by Jurie Vermaak
Ek heg nog n paar fotos van onlangse kolwe aan. Dit gaan nou al darem bietjie vinniger - vat my in totaal so 8ure se werk
Howa 223 Mini aksie
223VBlack.jpg
Anschutz .22LR
Anschutz.jpg
Howa 308
Applejack2.jpg

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Jun 04, 2017 9:14 pm
by Apie
Blikskottel!

Daai is netjies!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Jun 04, 2017 9:15 pm
by Ashley
Daai 223black is pragtig...
Uitstekende werk!

Re: Hobby kom nou mooi aan

Posted: Sun Jun 04, 2017 9:26 pm
by Jurie Vermaak
Tikka T3 30-06
TikkaBlaze.jpg
Rem 700 SPS 243 Links aksie
Rem700LH.jpg
Sako 308
Sako.jpg