Page 1 of 1

300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 9:22 am
by Smit@50
More manne ek moes nou oorgaan na n nuwe lot 365 lot 084/ 15 kruit. Kan julle asb help . Ek het lading op QL uitgewerk wil net hê iemand moet ook uitwerk en kyk of ek reg is of nie.
Geweer :Tikka 300WSM varmint met n 23.75" loop.
Dop lengte : 53.16
Volume :77.70 norma
Tpl gelaai 73.30.
Punt Nosler 180gr Bt
Spoed gemeet met Magneto speed.
61gr : av 2849
61.5: av 2881
62 : av 2909
62.5: av 2927
63: av 2960
Node spoed is hier by 2860ft/s.
Volgens my berekeninge moet ek 61.2 laai.
Julle hulp word regtig waardeer .

Re: 300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 11:10 am
by Toyrsi
Hi Smit. Ek kry 61.4 met n spoed van 2866ft/s by die kroon. Dit is op node 5.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: 300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 11:23 am
by tripodmvr
My somme seg 61,3gr. Hoe het die groepe van 61 en 61,5 gelyk. Jy moet probeer sien hoe breed die node is.

Re: 300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:08 pm
by Smit@50
61 , 61.5 het mooi gegroepeer van 62 af het hulle begin oopmaak.

Sent from my SM-N910C using Tapatalk

Re: 300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:10 pm
by tripodmvr
Terwyl dit nou nog redelik warm is sou ek kyk waar die bopunt is en dit gebruik. As dit kouer word behoort die spoed te verminder en dan sal jy nog binne die band bly sonder om weer ladings te moet aanpas.

Re: 300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:11 pm
by Smit@50
Net nog n vraag moet ek ql weer kalibreer as ek n ander punt skiet ? Ek wil 175 gr Nosler CC laai vir baan skiet. Of kan ek net punt verander en op gaan met lading tot ek weer node spoed kry.

Sent from my SM-N910C using Tapatalk

Re: 300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:15 pm
by tripodmvr
Koeël deursnee en dravlak gaan die BRF beinvloed. Gebruik die BRF wat jy nou bereken het om 'n lading by 'n node te kry op QL. Laai dan 1gr minder en 1gr meer (as dit veilig is). Jy behoort dan in en om die werklike node te wees. Ek sou slegs 1 skoot van elk skiet en dan die QL verfynde lading gebruik om groep te skiet.

Re: 300 WSM Tikka hulp met lading

Posted: Sun Mar 05, 2017 5:33 pm
by Smit@50
Dankie Tripod ek gaan so maak.

Sent from my SM-N910C using Tapatalk