'Fracking' vertoorn Verdoorn
Posted: Fri Aug 12, 2011 4:39 pm
Landbou.com -
Deur JAN BEZUIDENHOUT
Die enigste boordery wat in die Karoo toegelaat moet word, is ?n skoon boorgat vir water, s? dr. Gerhard Verdoorn, bekende in natuurkringe en ?n teenstander van Shell se beoogde projek van hidrouliese breking.
Verdoorn, met ?n PhD in chemie agter sy naam, is uitgesproke oor hidrouliese breking in die Karoo om skaliegas te ontgin. Hy s? die besoedeling van die waterbronne in die Karoo deur hidrouliese breking is ?n uiters groot risiko en lei tot onomkeerbare skade.
Hy s? chemikalie? word ondergronds gebruik word om ?n chemiese reaksie te kry om lae gesteentes van mekaar weg te druk, wat met ?n kleinskaalse bomontploffing vergelyk kan word. Di? middels besoedel die ondergrondse water. Enige maatskappy wat di? ontginning doen, kan g??n waarborg gee dat die ondergrondse water nie besoedel sal word nie, voeg hy by.
Verdoorn s? di? aansoek deur Shell om skaliegas in die Karoo te ontgin, het waarskynlik al ?n paadjie geloop. Omstreeks 2006 het boere in die distrikte van Graaff-Reinet en Molteno hom gebel en vertel dat vliegtuie kruis en dwars oor hul plase vlieg. ?Al wat dit kon wees, is opnames vir geo-eksplorasie.
Gesels v??r eksplorasie
?Ingevolge die Mineralewet moet prospekteerders eers die nodige prosesse met die betrokke grondeienaars afhandel om s? hul prospekteerwerk te doen. In di? gevalle was die grondeienaars onbewus van di? werksaamhede.?
Verdoorn s? hy vermoed dat van die groot petroleum-reuse en moontlik ?n mynmaatskappy by di? eksplorasie betrokke was.
Wat dink Verdoorn van die moratorium op die prospektering? ?As die Regering toegestem het dat steenkool gemyn kan word in die onmiddelike omgewing van die Mapungubwe W?reld-Erfenisterrein in die Mapungubwe Nasionale Park, gaan hy instem dat Shell hidrouliese breking in die Karoo kan doen,? s? hy onomwonde.
Volgens Verdoorn is Suid-Afrika die ondertekenaar van alle internasionale konvensies oor die omgewing, maar die staat onderhou dit glad nie.
12 Augustus 2011