Page 1 of 1

Remington aksie skroewe

Posted: Tue Feb 28, 2017 3:14 pm
by Rem700
Goeie middag manne

Weet iemand dalk van 'n bolt en nut plek waar ek moontlik Remington 700 aksie skroewe kan kry?
Ek het met Ben gepraat en dit klink vir my ek is opsoek na hoendertande.
Die ouens noem hom 'n "hex socket countersunk cap screw" - soortgelyk aan DIN 7991
Voorste skroef se specs is 1/4" - 28 tpi x 1 1/4"
Agterste een is natuurlik bietjie langer, maar het ongelukkig nie presiese lengte nie.

Ek kan fabrieks skroewe kry, maar teen R180 stuk.
Daar moet sekerlik goedkoper opsies wees wat dalk nog beter kwaliteit ook is.

groetnis

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Tue Feb 28, 2017 3:17 pm
by tripodmvr
Hoekom kontak jy nie sulke plekke en hoor wat hulle het nie. All Bolt & Nut, Vereeniging het my al gehelp met boude, moere en vere wat op gewere pas.

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Tue Feb 28, 2017 3:24 pm
by Konrad308
Wat jy soek is allen cap 1/4" UNF . Enige ordentlike bolt centre sal dit aanhou. Ek het so 2 weke terug gekry vir 'n savage.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Tue Feb 28, 2017 3:37 pm
by Rem700
Ek het 'n paar plekke gebel maar kon nie regkom nie.
Baie dankie- ek sal gou die plekke be wat julle genoem het.

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Tue Feb 28, 2017 3:50 pm
by LoopSoosStroop
www.boltfast.co.za

Hulle behoort te hĂȘ. Tak in JHB.

Of Acorn in Centurion. Of "The Screw Man" in Pretoria.

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Tue Feb 28, 2017 4:03 pm
by Konrad308
Laat weet as jy nie reg kom nie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Tue Feb 28, 2017 4:39 pm
by Kallie Fernhout
Ek het so n maand terug by die groot winkel in stellenbosch reggekom

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Fri Mar 03, 2017 2:45 pm
by Rem700
Weereens baie dankie vir almal se raad.
Ek het 1/4" UNF cap screws gekry.
Ek ken iemand wat gou op draaibank die koppe so effe sal countersunk sodat hy mooi in aluminium bottom metal pas.

Ek het sommer 'n klompie gekoop so as iemand so iets kort, laat weet my.

Re: Remington aksie skroewe

Posted: Fri Mar 03, 2017 2:47 pm
by tripodmvr
Jaracal Google shop is die beste plek om by te koop.