Page 1 of 1

BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Sun Feb 26, 2017 10:26 pm
by Meteor
Ek sien by my local Kloppers hulle het n silencer wat spesifiek gemaak is vir die BRNO .22.
Dit is n swart silencer met n gleef in wat oor die voorste visier gly en hy maak met skroewe vas.

Het enige van julle miskien ervaring met die silencer en dink julle hy is voldoende?
Dankie Uwe

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Sun Feb 26, 2017 10:43 pm
by Hein M.
Ek het 15 jaar gelede 'n Manders gekoop wat vir die BRNO gemaak is. Dalk dieselfde? Hy werk lekker met subsonics (Guerilla van Armscor is by verre die sagste). Ongelukkig hou 3 allen keys hom vas aan die loop - wat lelike merkies maak...

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 9:34 am
by Meteor
Dit klink soos dieselfde een. Ek gaan bietjie kyk wat ek kan doen oor die skroewe maar om te hoor hy werk is lekker nuus.
Baie dankie Hein.

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 9:39 am
by alecjohnson
Ek hou nie van sy plastiek baffles nie, ek het my eie een laat maak wat ook oorskuif, 100% gelukkig met hom

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 10:12 am
by Chris Roux
Hi, Meteor

Ek het self so n sliencer op my Brno .22 en kan nie kla nie. Ek wou nie die loop laat sny nie en het toe besluit om so opskuif model te gebruik.Maak maar seker waneeer jy hom monteer, hy is mooi opgelyn met die loop.
Seker nie die beste om te gebruik nie maar hy werk, selfs met .22 short patroontjies/as jy in die hande kan kry.

Groetnis

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 11:21 am
by Cobus(Cobb)
Neewat, hy werk mooi....nou juis besig om myne 'n nuwe lagie te verf....
Myne nie plastiek maar ligte alluminium,
Ek het hom bietjie verander deur vir hom 3 skroefies 120° uit mekaar te tap, dus hou hy loop in die rondte vas, anders as daai 3 skroefies in 'n lyn.
Werk lekker met subsonics.......die dupp klank op die aap of gans ens, is harder as die skoot-knal.

Cheers

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 11:34 am
by tripodmvr
Kan jy nie 'n dun ysterplaat om die loop sit wat die loop teen die skroewe sal beskerm nie? Coke blikkie of soortgelyk?

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 11:58 am
by LUAN
Geweersmid het myne n tipe sleeve om die voorste visier vasgemaak met n groef in om die visier te akomodeer. Die sleeve het skroefdraad voor op vir die silincer. Nou is die geweer nogsteeds oorspronklik sonder dat die visier hoef afgehaal te word of om an die loop te sny.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170227/a5e4d62e0cc092c9eed41c2e1e4f2499.jpg

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 2:10 pm
by Hein M.
tripodmvr wrote:Kan jy nie 'n dun ysterplaat om die loop sit wat die loop teen die skroewe sal beskerm nie? Coke blikkie of soortgelyk?
Goeie idee ;)

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 3:27 pm
by Meteor
Dis nou net wat ek aan dink. Ek wil ook graag die loop beskerm. Ek is net bang hy skuif.

Op die silencer stem ek saam met julle, ek het hom sopas getoets en hy is doeltreffend. Dis n lekker sagte klank self al staan ek langs n muur of gebou.

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Mon Feb 27, 2017 11:25 pm
by Meteor
Jammer ek wil net ook dankie se vir die ander waardevolle informasie wat julle by sit. Dit is vir my lekker om goed te weet soos die skroef teen aangly soort ens.

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Tue Feb 28, 2017 6:26 am
by Pappabeer
Hein M. wrote:
tripodmvr wrote:Kan jy nie 'n dun ysterplaat om die loop sit wat die loop teen die skroewe sal beskerm nie? Coke blikkie of soortgelyk?
Goeie idee ;)
Jy drop n split-shot sinkertjie tussen die grubskroef en die loop dat hy vervorm en vasdruk. Dit keer skade aan die loopstaal.

Onthou, die Brno visier voor is op n barrelband. Indien jou loop erg seergekry het voor kan jy altyd n ander een kry by n wapensmit wat een afgehaal het vir n silencer en hom laat opsit.

Re: BRNO 22 oorspronklike silencer goed of sleg

Posted: Tue Feb 28, 2017 9:04 am
by Ds J
Sit 'n stukkie lood (haelpatroon) in die gaatjie en klamp/skroef hom dan vas. Basies dieselfde as Pappabeer se idee.