Page 1 of 1
Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 5:15 am
by Speelmansjagter
Help asseblief
Watter rangefinder is beter?
Kry nerens op die web iets waar hierdie twee met mekaar vergelyk word nie.
Is daar dalk nog een of twee om na te kyk?
Ek luister graag.
Jaco
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 5:21 am
by tripodmvr
Hoe vergelyk pryse? Leica maak donkie jare al opmeet instrumente waaronder akkurate lasers gebruik word (millimeter akkuraatheid). Hulle ken dus van die tegnologie en hul rugsteuning sal goed wees. Enige probleme behoort dus maklik en plaaslik uitgesorteer te kan word.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 5:28 am
by Speelmansjagter
Die prys is vir my na genoeg aan mekaar om nie as n faktor in te sluit nie Oom.
Die Leica is en was ook tot dusver nog my eerste keuse, maar ek wil probeer seker maak.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 5:45 am
by Heinz Petersen
Baie van die bekende make sal nie sommer n produk op die mark sit wat hulle naam deur die modder sal trek nie.
Wat ookal jy koop, maak seker wat die waarborg op daai pruduk is. My 2c is, koop wat jy regtig gaan kan gebruik en nie om jou maat langs jou te wys, jy het die beste en duurste gekoop en jy kan nie eers tot 500m n 1 moa skiet nie.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 5:57 am
by Speelmansjagter
Ek gaan hom juis gebruik vir ver afstande. Niks met my maats te doen nie. Hulle verstaan nie eers nie.
Ek wil hom saam met my .338 Lapua gebruik.
Ek klop darem moa op verder afstande.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 5:59 am
by Speelmansjagter
Ek het n klein busnell vir jag afstande.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 6:57 am
by BeesBreet
Ek dink wat oom Heinz se was n algemene stelling, en nie op iemand gemik nie. Ek het al gekoop want pelle se koop daai, en dit is n fout.
Om terug te kom na die twee Rangefinder's toe sou Ek se die Leica is seker groter en meer bekend en dat die Sig nog nie so bekend is hier nie. Ek sou die Leica verkies maar n pel het die kilo2000 op "special" in die VSA raak geloop en een is nou na my toe oppad. Net omdat hy op die manier aansienlik goed koper is/was. Ek wag nog vir hom om terug te kom.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 8:07 am
by Heinz Petersen
Speelmansjagter wrote:Ek gaan hom juis gebruik vir ver afstande. Niks met my maats te doen nie. Hulle verstaan nie eers nie.
Ek wil hom saam met my .338 Lapua gebruik.
Ek klop darem moa op verder afstande.
Dit lyk vir my jou toerusting wat jy tans het vir langafstand skiet is in plek. Dan kort jy die beter een vir wat jy wil doen.
Ek het die Leica B1600 en is baie tevrede met dit.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 8:38 am
by Gian_dP
Ek het n SIG en het hom al met leica 1600 vergelyk. Baie dieselfde werkverrigting.
Het n review op een van die amerikaanse forums gelees. In terme van afstande wat hulle kon rangr was hulle amper identies. Hulle het leica bietjie hoër punt gegee oor sy reticle fyner is om klein voorwerpe te range, en sy laser se "cone" is kleiner-as jou teiken op 500m is en daar is bome op 300m waardeur jy moet range sal die leica deur n kleiner gaping werk as die SIG.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 11:19 am
by Nico Harris
Ek range met my sig karre op 2400yds. Ek het altwee gehaad. Altwee puik. Die sig range maklikker. Range bome op 1800yds baiemaklik.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 11:54 am
by Frikkie Coetzee
Ek het die Leica 1600 B. EK het nog nie die 2000 in my hand gehad nie maar wel die Sig.
Die Sig is awesome en ek reken hy is behalwe vir die Ballistic function van my Leica beter as my Leica. ( Dalk het die Sig ook n ballistiese funksie, ek weet nie, ek kon nie verstel nie, net so bietjie speel en vergelyk met mekaar tot op so 1200m)
Ek hou van die Sig se duidelike rooi syfers, sy scan funksie en hy is baie duidelik. As ek nou moet koop sal ek die Sig bo die 1600B vat
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 3:34 pm
by Capt. Yoda
Nico Harris wrote:Ek range met my sig karre op 2400yds. Ek het altwee gehaad. Altwee puik. Die sig range maklikker. Range bome op 1800yds baiemaklik.
Verste wat ek n GROOT boom nog met my 1600 kon range was 1550y en n trok op 1830y, was wel uit die hand/oor tralies en nie met Geno se lekker bracket nie. Glo as ek weer een koop sal dit ook die Sig wees
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 4:51 pm
by Alwin
Help my reg as ek nou die kat aan die stert beet het, maar ek verbeel my die Sig Kilo 2000 word gestaak en hulle vervang hom met 'n 2400 model. Sal nogal gaaf wees as hy so goed op 2400m werk as die Leica op 1600m.
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 5:05 pm
by BeesBreet
Alwin wrote:Help my reg as ek nou die kat aan die stert beet het, maar ek verbeel my die Sig Kilo 2000 word gestaak en hulle vervang hom met 'n 2400 model. Sal nogal gaaf wees as hy so goed op 2400m werk as die Leica op 1600m.
Daar is n paar modelle... kilo850, kilo1250, kilo2000 en dan die kilo2400
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Sun Feb 26, 2017 9:51 pm
by Capt. Yoda
Daai 2400 gaan n paar rand wees, hy het n paar bitter lekker funksies ook by
Re: Leica 2000B of Sig kilo 2000 Rangefinder
Posted: Mon Feb 27, 2017 6:44 am
by Speelmansjagter
Dankie. Help baie.