Page 1 of 1

Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sat Feb 25, 2017 10:01 pm
by win270
Oor sowat twee weke gaan ons die roete vanaf Burgersdorp in die Noordoos-Kaap na Clarens ry, via Smithfield.

Roete is dus Burgersdorp, Aliwal-Noord, Rouxville, Smithfield, Wepener, Ladybrand, Ficksburg, Fouriesburg, Clarens, ens

Het iemand van die forumlede dalk onlangs die betrokke roete gery? Hoe is die padoppervlakte in die algemeen? Enigiets waarop mens moet bedag wees? Hoop julle kan aanduiding gee asb. Watter oorslaapplekke naby Ficksburg, Fouriesburg beveel julle aan?

Groetnis

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 3:50 am
by musgrave270
Tussen ladybrand en ficksburg is due pad maar sleg. Ficksburg en fouriesburg is daar darm minder slaggate. Fouriesburg na Clarens is goed.
Ek ken ongelukkig nie die pad van burgersdorp tot by ladybrand nie

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 7:33 am
by Mellies
Van Ladybrand tot Hobhouse is die pad baie sleg. Dis so 50km. Ry net stadig. Anderkant Hobhouse is hier en daar n lelike plek tot by Wepener. Vanaf Wepener tot Zastron is n natnuwe pad en Zastron na Burgersdorp via Rouxville-Aliwal is alles mooi!

Met n vleisie...

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 7:38 am
by Mellies
Vanaf Smithfield na Wepener is n baie mooi grondpad, R701 wat jou tot by die R26 sal vat wat by Wepener verby loop.

As jy nie grondpad wil ry nie sal jy moet terug na Rouxville-Zastron en dan Wepener.

Hoop dit help.

Met n vleisie...

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 8:32 am
by win270
Baie dankie vir die inligting en advies, manne. Dit is werklik groot hulp.

Terloops weet julle van skaflike oorslaapplek by Ficksburg rond? Ons moet ook aandete en ontbyt daar kan kry - slegs een nag.

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 12:28 pm
by Mellies
win270 wrote:Baie dankie vir die inligting en advies, manne. Dit is werklik groot hulp.

Terloops weet julle van skaflike oorslaapplek by Ficksburg rond? Ons moet ook aandete en ontbyt daar kan kry - slegs een nag.
http://www.zuikerkop.co.za

Hoor by hulle. Jy sal nie spyt wees nie. By Clocolan ipv Ficksburg.

Met n vleisie...

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 12:34 pm
by Supacow
Mooi trouvenue ook ;)

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 3:50 pm
by Gideon S
Imperani of Woodpecker gastehuise in Ficksburg is goed, en etes word aangebied. Lekker blyplek by beide


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Sun Feb 26, 2017 9:25 pm
by win270
Dankie, Gideon. Ons het nou sommer 'n hele paar opsies.

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Mon Feb 27, 2017 6:01 am
by Henry 7
Pasop vir die grondpad,ons het baie reen gehad en dink nie die oppervlakte gaan baie goed wees nie

Re: Padoppervlakte se gehalte: Burgersdorp na Clarens

Posted: Mon Feb 27, 2017 6:45 am
by win270
PM vir jou gestuur, Henry.