Page 1 of 1

Mambabyt

Posted: Tue Feb 21, 2017 3:45 pm
by tripodmvr
Weet nie hoeveel van julle ook op Gunsite is nie. Hier is die storie van 'n man wat by die poorte omgedraai het na 'n mambabyt.

http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... ite/page12

Re: Mambabyt

Posted: Tue Feb 21, 2017 3:57 pm
by Carl
Ek en my seun was die naweek in Alldays. Ek kan bevestig ek het baie ligvoet deur daardie laaaang groen gras gestap! Met groot oë.


Maar ons het nie een gesien nie :)

Re: Mambabyt

Posted: Tue Feb 21, 2017 5:06 pm
by Alwin
Carl wrote:Ek en my seun was die naweek in Alldays. Ek kan bevestig ek het baie ligvoet deur daardie laaaang groen gras gestap! Met groot oë.


Maar ons het nie een gesien nie :)

Hulle het jou eerste gesien en pad gegee. ++>:

Goeie store met 'n gelukkige einde. Baie om voor dankbaar te wees.

Re: Mambabyt

Posted: Tue Feb 21, 2017 5:26 pm
by Jake1
Hier in die Groblersdal area is baie, ek moes op skool op ons plaas seker 20 geskiet het waarvan een in my kamer was op my slaapbroek en daar was nie een mens gepik in die afgelope 20 jaar wat ek van weet nie, maar wel baie baie honde. Die kans is baie klein om gepik te word dit moet mens nie verhoed om die natuur te geniet nie, maar hou jou ore oop vir enige geritsel in gras natuurlik. Ek het op n wildsplaas hier een oor n grondpad sien lê, ons wou hom dood ry, daai storie dat hy penregop staan en pik is die waarheid. Ek het al vir n paar pelle om die vuur vertel hoe dik hy was maar ek kon sien hulle het gedink eks dronk.... ;) daarom sê ek eerder nie meer nie maar daar is niks fout met my oë nie.....

Ek is baie bly die man het dit oorleef.

Re: Mambabyt

Posted: Tue Feb 21, 2017 5:35 pm
by Jake1
So paar van hulle

Re: Mambabyt

Posted: Tue Feb 21, 2017 7:02 pm
by Ashley
Nou laat julle vir Philamon langs daai ding lê... ;) :laugh: :laugh:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=54539
Ekt so rukkue terug die post geplaas van n mamba wat ook daar uit die Waterberge kom