Page 1 of 1

Sportskiet en Toegewyde jag kursusse - KOSTE?

Posted: Mon Feb 20, 2017 9:30 am
by Carl
Goeie more

Wat prys hierdie tipe kursus by julle? Is daar 'n standaard koste vir SA Jagters?
* Sportskiet is R400
* Jag is R700

Re: Sportskiet en Toegewyde jag kursusse - KOSTE?

Posted: Mon Feb 20, 2017 10:00 am
by alecjohnson
Ek het vir my kursus 3 jaar terug R290 betaal by suidkaap jag as ek reg onthou.

Re: Sportskiet en Toegewyde jag kursusse - KOSTE?

Posted: Mon Feb 20, 2017 10:08 am
by tripodmvr
Carl wrote:Goeie more

Wat prys hierdie tipe kursus by julle? Is daar 'n standaard koste vir SA Jagters?
* Sportskiet is R400
* Jag is R700
Verskillende takke stel hul eie pryse vas. Dit hang af van die koste van die lokaal en of kos voorsien word. Ek dink ons syfers is R500 - R700 se rigting. Fondse word vir algemene uitbou van die tak gebruik.

Re: Sportskiet en Toegewyde jag kursusse - KOSTE?

Posted: Tue Feb 21, 2017 12:27 pm
by Carl
Dankie ek verstaan ook dis hoe ons tak dit doen. Ek het egter net gewonder want ons is verplig om binne tak verband die kursus te doen. Is dit dalk iets wat ander persone kan aanbied? Ek dink veral Sportskiet (pistool). En is die tipe opleiding gegradeer?

Re: Sportskiet en Toegewyde jag kursusse - KOSTE?

Posted: Tue Feb 21, 2017 12:33 pm
by tripodmvr
Baie persone van ander takke het al by ons opleiding gekry. Dit word bevorder dat streke moet saamwerk om meer geleenthede vir hul lede te bied en ons stel ons streekstakke in kennis wanneer soiets gebeur. Rakende gradering weet ek dat hoofkantoor nog altyd probeer om SETA erkenning te kry sodat die opleiding vorentoe krediete kan dra. Weet nie of daar al sulke opleidingskursusse spesifiek vir handwapens is nie.

Ek sien SAPSA is besig met skiettoetse om veiligheid en kennis op te skerp.