Page 1 of 1
Vortex Golden Eagle
Posted: Fri Feb 17, 2017 9:12 pm
by Hansieslim
Eks nogal skrikkerig om hierdie vraag te vra.
Ek verwag antwoorde soos...besluit eers wat jy wil skiet...aan watse kompetisie jy wil deelneem...of wat wil jy nou eintlik doen? Dan verwag ek ook antwoorde soos...Is jy bef@#$k in jou kop...Wil jy maan toe kyk?...Is jy dan blind?...3-9 vergroting is mos reg vir jag. Dan verder nog ouens wat gaan sê...Kyk eerder na n Sigh... of Bushn... of Burr....
Ekt eintlik n klomp vrae van my kant af ook. Ja ek tik deurmekaar want ek is deurmekaar ge-advies.
- Verstaan bv nie hoekom 'n NF ATACR 8-32 meer kos as n NF 15-55 Competition scope nie?
- Waarom is daar mense wat die NF 5.5-22 bo die NF 8-32 verkies?
- Wat verstaan ek nie? Groter is mos beter. Of moet ek nog leer van hitte en mirage?
- Is NF se glas regtig soveel beter as nuutste Vortex glas?
- Almal praat glas, glas, glas. Is glas werklik die belangrikste item in n scope?
- Glas is seker belangrik, maar hoekom sien my oë sien nog nie regtig n verskil tussen my Vortex, my Lynx en my Redfield nie?
- Hoekom word ons so ge$%^&*er met die pryse van hoë vergroting scopes?
- Hoe kan n scope R20 000 ($1500) in die USA kos, maar hier kos hy R37 000? Dit maak my dinges lam.
Ek tel 3 drade op waar daar oor die Vortex Golden Eagle begin praat word, maar daai drade loop gou dood. Dis asof die Golden Eagle soos n broer in die tronk is. Niemand wil oor hom praat nie. Moet ek iets daarin lees? Moet ek eerder Vortex vermy?
http://www.targetshooter.co.uk/?p=1954
Hierdie artikel vergelyk die Golden Eagle met een van die bestes...'n March.
Nog vrae :
Is daar enigiemand hier wat n Vortex Golden Eagle besit?
Indien wel, kan daai persoon asb met my kontak maak?
Is daar enigiemand hier wat weet van iemand wat sy Vortex Golden eagle sal wil verkoop?
Sorry julle, maar ek wou tussen RxxK en RxxxK aan n scope spandeer het en nou is ek vrek deurmekaar. Mens wil nie hierdie besluit maak en dan spyt wees nie.
Ek is regtig vrek deurmekaar...
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Fri Feb 17, 2017 9:37 pm
by Diesel Dog
Dit moet n goeie scope wees want hy het n lewenslange waarborg!
DD
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Fri Feb 17, 2017 9:46 pm
by Hansieslim
DD...Dit is waar, maar dis asof die ouens hier rond net nie vat kry aan Vortex nie en dis daardie gedeelte wat ek graag wil verstaan.
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Fri Feb 17, 2017 9:57 pm
by Diesel Dog
Hulle waarborg is uitstekend hele paar van my skiet maats al daarvan gebruik gemaak ,niks hum en ha nie gee jou net n nuwe scope!
DD
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 7:07 am
by snakker
http://precisionrifleblog.com/2014/09/1 ... s-summary/
Miskien help dit so bietjie om jou vrae rondom scope criteria te antwoord
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 7:39 am
by Armand Steenkamp
Ou maat jyt my nou self deurmekaar gepraat..... Maar ek het gevind wat vir my werk is as ek die kruisie mooi stil hou op die plek waar ek wil skiet...
Jammer mater, ek kan nie help nie, hier is manne wat kennis het van die goed. Ek kan nie daai klas van glase bekostig nie.
Groetnis
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 7:46 am
by Sangoma (IAN)
Nou gan ek lekker stir en n paar manne lekker de hel in maak...hahaha
Meeste brands het n top klas scope en n bottom of the range reeks. Vortex byvoorbeeld het n Razor Gen 2 wat seker een van die beste tactical scopes in die wereld is. Made in JAPAN. Hulle het ook hulle entry level reeks wat mar n klomp crap is, made in the Phillipines.
Selfde met Sightron, hulle het Japanese modelle en dan het hulle die S-Tac reeks wat ook van die Phillipines af kom wat redelik crap is.
Zeiss het hulle bul van n scope die V8, Made in Germany en hulle het ook die Tera wat Designed in Germany is. Die HD5 reeks se weer Assembled in Germany. So ek neem aan die parte kom van die Phillipines af of Zimbabwe.
Swarovski se top brands word in Austria vervaardig waar hulle minder top brands wys Made in the USA.
March scopes word 100% gebou en vervaardig in Japan. Hulle het glad nie n cheaper reeks nie. Ek hoop rerig nie hulle is van plan om dit ook eendag te doen nie!!
Nightforce, yip selfde storie as die ander brands. Hulle top modelle kom van Japan af, hulle nuwe top reeks se nou made in the USA. Eks nie 100% seker oor die SHV nie, ek glo ook dat die parte van verskillende plekke af kom en dan aanmekaar gesit word by Nightforce in die USA.
My persoonlike opini is dat ek self ook nie n helse verskil tussen n hele klomp scope brands kan sien nie. Ek praat nou spesifiek van afstande tot op 300m in perfekte omstandighede. Jou top reeks ( verskillende Brands) scopes verander die prentjie as jy begin bene rek of as dit skemer begin raak. Dan kan die verskil duidelik gesien word tussen duur en goedkoop scopes.
Alweer, my opini, partykeer kan n goedkoper brand scope se top of the range model heelwat beter wees as n top brand scope se bottom of the range model.
Ons kan baie meer tegnies raak en lens coatings bespreek etc mar ons los dit dalk vir n ander dag.
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 7:51 am
by Geno
Sangoma (IAN) wrote:
March scopes word 100% gebou en vervaardig in Japan. Hulle het glad nie n cheaper reeks nie. Ek hoop rerig nie hulle is van plan om dit ook eendag te doen nie!!
Inteendeel, het MARCH nou 'n beter model uit. Hulle noem hom "High Master"
http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... of-scopes/
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 10:48 am
by Francoisv
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 1:03 pm
by Hansieslim
snakker...
Dankie vir daai link. Ek moet sê ek het hom al gelees en nou weer in detail. Die knaap se analise is nogal regtig vol detail en volledig.
Die Price vs Performance was vir my nou baie meer insiggewend nou dat ek besluit het ek wil meer geld as voorheen aan n scope spandeer. Die NF 5.5-22 en die ATACR staan nogals vir my uit op hierdie analise. So ook die Kahles en BEAST. Wat verrassend is die performance vd Bushnell.
Ek sal nogals 'n identiese analise waardeer waar scopes met groter as 25 vergrotings met mekaar vergelyk word.
Weereens dankie
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 1:07 pm
by Hansieslim
Armand...
Skryf net een een hit song en dan koop jy vir ons albei 'n Schmidt&Bender man.
Hoop julle het nou al reen gehad.
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 1:10 pm
by Hansieslim
Sangoma...
Ekt lekker gelag vir jou en jou opinies...Dankie vir jou eerlikheid al is jy die Sightron go-to-guy. Ek waardeer dit.
Dit wat die meeste sin maak vir my is wat jy gesê het oor die een se top of the range mag dalk beter wees as die ander een se bottom of the range.
Dankie
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 1:13 pm
by Hansieslim
Francoisv...
Dankie ook vir jou reply. Daai artikel is die opvolg een vd een wat ek al gelees het. Hierdie ou dink baie van die Golden Eagle.
Hy sê op die einde :"If these three scopes were all in the same price-bracket, then the decision in choosing the Eagle would be more difficult..."
Vir my sê dit hy verkies eintlik die NF en March bo die Vortex, maar die Vortex se prys maak hom vrek aantreklik.
Dankie
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 9:56 pm
by JPS
Ek het so drie weke terug in erge mirage deur 3 scope gekyk en vergelyk op 800m op F Klas teiken teidens 'n ope Kompetiesie. 8-32 NXS, Vortex Goldeb Eagle en Nightforce Competition.
Ek besit hele paar Nightforce scopes.
MY opienie.
Golden Eagle skop die NXS se gat in die mirage. die NF competition skop weer die Golden Eagle se gat. Maar dis hoemek sit gesien het deur al drie langs mekaar te vergelyk.
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Sat Feb 18, 2017 11:35 pm
by Hansieslim
JPS...
Dis hierdie tipe comments waarna ek op soek is. Maak nie saak van die brands nie. Ek soek n goeie vergelyking tussen die brands en jyt my al klaar gehelp. Dankie.
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Tue Feb 21, 2017 9:14 am
by stoffel pantoffel
Hansieslim. Ek besit 2x middelklas zeiss teleskope( HD5 Conquest) op my jag en baan geweer. Maar het eers begin met 2x Vortex Viper HST's. Alby die tipe scopes het vir my goed gewerk. Maar wat my van Vortex na Zeiss laat gaan het. Is toe ek op 300m na 'n helder oranje kol gekyk het deur alby, op 300m het die zeiss die kol se kleur dieselfde gebly as wat ek hom voor my oë gehou het. Vortex was nie die geval nie, die helder oranje kol het so vaal lemoen oranje vertoon. En daarom het ek met 'n bietjie geluk van 'n bargain hier en daar te slaan, vir my 2 zeiss teleskope aan hande kon kry. Ek se nie dit maak Vortex 'n swak teleskoop nie, want die HST is baie lekker praktiese teleskoop wat goed stel en 'n baie lekker fyn krysdraad het. My agterent het maar net begin juk toe ek die Zeiss se helderheid vergelyk het. So terloops. Die Vortex HST is as 6-24x50 geadverteer maar sy voor lens meet 49mm, die Zeiss HD5 5-25x50 se voorlens meet 52mm. So dit kan ook seker 'n rol speel in die helderheid. Ek weet dit is nou nie die top klas teleskope nie. Maar hul altwee is hul eie make se middelklas teleskope en ek kon hul mooi vergelyk.
Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Tue Feb 21, 2017 11:19 am
by Hansieslim
stoffel pantoffel...
Dankie. Ek het self ook n Vortex HST 6-24 op my stap/jaggeweer en eks baie mal oor hom en sal hom nie maklik vervang nie.
Zeis is Duits en sal kwalliteit wees. Ekt ongelukkig Zeis reeds van my lysie afgehaal agv hulle prys. Bv. Zeis se V8 4.8-35 kos selfs meer as NF se ATACR F1 7-35.
Ek kan net 'n Toyota bekostig alhoewel ek graag 'n Ferraris wil ry.
Hierdie soeke na n ordentlike scope, het my weer laat besef dat ek nie met my Toyota 'n Ferrari sal kan dice nie.
Dankie
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Tue Feb 21, 2017 3:55 pm
by Sangoma (IAN)
Hansieslim wrote:stoffel pantoffel...
Zeis is Duits en sal kwalliteit wees.
Dankie
En net daar maak jy ongelukkig dieselfde fout wat meeste mense maak. Die Tera reeks van Zeiss is definitief nie Duits nie. Al wat hy se is Designed in Germany. Sy parte word nie eers in Germany gemaak nie. Hy word nie eers in Germany aanmekaar gesit nie.
Re: Vortex Golden Eagle
Posted: Wed Feb 22, 2017 6:21 am
by Hansieslim
Sorry Ian. Nie geweet nie.