Page 1 of 1

Primos Trigger Stick

Posted: Fri Feb 17, 2017 11:05 am
by sako 30-06
Ek het Mei maand 2015 vir my die Tripod gekoop. Laas jaar Junie gedurende n jag het die pote begin vas sit. Een poot het nog mooi gewerk maar die ander twee wou nie meer in of uit nie.

Ek het vergeet van die stok en die jaar met die opening van safari se nuwe winkel sommer die stok gevat om te hoor wat kan hulle doen. Ek is uiteindelik vandag geskakel en daar is vir my gese die stok sal vervang word ek moet "net" R1100 betaal. Eina

Ek kan dalk verkeerd wees maar ek weier om te betaal vir n stok wat ek dalk driekeer gebruik het. Ek is regtig baie teleurgesteld in die kwaliteit van n stok wat al R2000 kos.
Volgens die dame vervang hulle glo gereeld die stokke want die bene wat vassit is n algemene probleem.

Ek sal nou maar my stukkende stok gaan optel en self probeer regmaak want ek gaan verseker nie weer betaal vir iets wat weer gaan breek nie.

Nou voel ek beter. :(

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Fri Feb 17, 2017 11:10 am
by Geno
Kontak sommer vir Ultimo. Hulle is die Primos agente.
http://www.ultimo.co.za/?page_id=108

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Fri Feb 17, 2017 11:22 am
by Frikkie Coetzee
Myne het selfde gedoen. Ek is baie telurgesteld. Die goed werk nie in ons stof nie

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Fri Feb 17, 2017 11:27 am
by sako 30-06
Frikkie Coetzee wrote:Myne het selfde gedoen. Ek is baie telurgesteld. Die goed werk nie in ons stof nie
Dis wat my bekommer, ek het myne skaars gebruik. So ek wonder hoe lank hou die gidse sin en die wat meer gereeld jag.

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Fri Feb 17, 2017 2:56 pm
by Boesman10
Ek spuit geteeld myne met Q20 en jag nou al 3 seisoene met dieselfde stok


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Fri Feb 17, 2017 6:22 pm
by Frikkie Coetzee
Boesman. Jy kan daai stokke Q20 spuit tot hy lyk soos n Irakse Olieboor. My eerste een was nnRAM produk. Gemors. Toe die Jim Shockey weergawe. Hulle pype is baie dun en kry maklik seer as jy hom nie oppas nie.
Olie op hom by ons maak n grindingnpast wat sy plastiek dele vreet.

Ek het laasjaar vir my een van die duurder soort stokke( die naam ontgaan my nou) by Ruan Smal gekoop. Sover is dit 100 maal beter as daai trigger stick. Nie so gerieflik nie maar haak nie. As op n trofee koedoe bul nie

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Mon Feb 20, 2017 2:08 pm
by sako 30-06
Geno wrote:Kontak sommer vir Ultimo. Hulle is die Primos agente.
http://www.ultimo.co.za/?page_id=108
Ek Ultimo direk gekontak en die is die terugvoer wat ek gekry het.

Besluit maar self, maar ek sal verseker nie weer n produk by hulle koop nie.

Please see attached document clearly stating on the packaging when purchasing the trigger stick that it only has a 1 year warranty.

I had received all your documentation pertaining to the primos trigger stick which I replaced to Safari & Outdoor Boksburg at a non warranty replacement cost.

You purchased your trigger stock on 8 May 2015 and is clearly out of the 1 year warranty period.

We do however offer the unit at a reduced cost of R1 100,10 incl vat.

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Mon Feb 20, 2017 5:29 pm
by win270
Sal dit help as mens lap bo-oor die bene trek en sodoende die stof uithou? Lap moet natuurlik lank genoeg wees om steeds te bedek as die bene maksimum uitgetrek is.

Daar is maar baie produkte wat op ons mark beskikbaar is en wat nie behoorlik vir ons stowwerige omgewing voorsiening maak nie.

Hier was al op hierdie forum baie goeie alternatiewe ontwerpe vir skietstokke wat wel stof kan trotseer . . . iemand kan dalk die link gou hierby insluit.

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Mon Feb 20, 2017 5:32 pm
by win270

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Tue Feb 21, 2017 7:37 am
by Melckman
Manne. Die Primos het nippels onder die handvatsel wat die lug vrylaat as jy die sneller trek; dit sluit die stokke met 'n vakuum, wat staatmaak op die nippels om dig te seel. Die sneller druk 'n nok (cam) af wat die nippels oopmaak om die lug deur te laat. Dit gaan nie help om die bene te olie nie en soos iemand hierbo opmerk, gaan jy net 'n grinding paste veroorsaak.

As jy wil, haal die handvatsel af en olie die nippels daaronder. Ek wil egter hier my stuiwer in die armbeurs gooi: my trigger sticks se nippels het vasgeroes na 2 jagseisoene omdat dit nat geword het (dit is 'n storie vir 'n ander dag). Hulle is nie vir my die prys werd nie en ek kan die Vanguard-stokke aanbeveel.

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Mon Feb 27, 2017 6:42 am
by sako 30-06
Het Saterdag die skietstok by Safari gaan optel en gister bietjie uitmekaar gehaal.
Na n lekker gestoei, het ek die stok in stukke gehad en na n deeglike skoonmaak werk dit nou weer soos dit moet.

Sal maar sien hoe lank gaan dit hou.

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Mon Feb 27, 2017 7:49 am
by win270
sako 30-06 wrote:Het Saterdag die skietstok by Safari gaan optel en gister bietjie uitmekaar gehaal.
Na n lekker gestoei, het ek die stok in stukke gehad en na n deeglike skoonmaak werk dit nou weer soos dit moet.

Sal maar sien hoe lank gaan dit hou.
Dalk kan jy paar wenke gee oor die oopmaak en inmekaarsit. Party van ons is "meer handvaardig gestremd". ++>:

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Mon Feb 27, 2017 8:50 pm
by tripodmvr
Ek sou dink dat grafiet op die bene beter sal werk as om olie daarop te sit.

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Mon Feb 27, 2017 8:59 pm
by sako 30-06
Hoe skoner die pyp hoe beter , die toleransie tussen die bearing en pyp is baie klein so enige stof of olie aanpaksel veroorsak dat dit hak

Re: Primos Trigger Stick

Posted: Thu Apr 06, 2017 10:22 pm
by Kopskoot 1 WP
Bottom line met daardie houding van die agente sal ek wragtag nooit ooit iemand aanbeveel om so 'n produk te koop nie. Probleem is dat ek in Upington so 'n stok in winkel opgetel het uit nuuskierigheid terwyl my vrou en dogter my staan kyk het en toe koop hulle agter my rug vir my dit vir Kersfees. Myne hang in stofdigte sakkie in motorhuis en nog nie kans gehad om dit te toets nie, maar as dit nie van stof hou nie gaan die nie hier in Afrika werk nie? Verbeel my ek het op 'n stadium vir Geno gesien sit en mik oor een in 'n SA Jagters tydskrif artikel, dalk kan hy sy opinie gee oor hoe om die besigheid aan die werk te hou?