Page 1 of 1
Lisensie Aansoek
Posted: Wed Aug 10, 2011 4:05 pm
by DieLem
Middag Almal
Ek het uiteindelik vir my 'n geweer gekoop dis 'n 7mm Rem Mag Winchester Mod 70
Maar nou begin die admin agter 'n geweer.
Kan iemand my asb help met die proses van hoe om 'n geweer op my naam te kry.
Ek het die geweer by my vriend gekoop en omdat dit my 1 ste geweer is wat ek koop ken ek nie die prosesse.
Kan iemand asb vir my s? watse dokumentasie ek moet in dien en waar ek die dokumente kan kry.
Soos ek verstaan moet die geweer eers op my naam wees voordat ek kan aansoek doen vir die lisensie.
Enige hulp sal baie waardeer word.
Baie Dankie
Groete Lem
Re: Lisensie Aansoek
Posted: Wed Aug 10, 2011 5:14 pm
by Cobus(Cobb)
1. Competancy moet gedoen word by aanvaarde, goedgekeurde "maatskappy"...oppas, daars klomp skelms wat jou vir 'n $$ ride gaan probeer vat
2.As jy dit het is dit cop shop toe met ...a)competancy sertifikaat, b)ID boek, c)Motiveringsbrief, d)skietclub of jagvereniging sertifikaat, d)Klomp vorms wat jy daar moet invul (of tuis), e)wapen info, f)verkoops brief van wettige eienaar.....g)2x kleur paspoortfotos, h)R140..as ek reg onthou, i)fotos van jou kluis...(oop, toe, onder, bo...orals)
3.Vul als in,,,,maak kopies van als(hulle "verloor" dit soms), fingerprints daar, betaal geld en wag jou gat af.....
4. Geduld
As ek iets uitgelos het sal Forum manne gou bylas...
Cobus
Re: Lisensie Aansoek
Posted: Thu Aug 11, 2011 2:52 pm
by Vosman
Dit is nogal goed gestel.
Die SAPS is blykbaar vinniger met die nuwe aansoeke, hulle beweer dit vat so 3 maande. Jy kan ook van Junie af jou bevoegdheid en lisensie aansoek gelyk instuur wat dinge bespoedig.
Sterkte en soos Cobus gese het, Geduld.
Groete
Re: Lisensie Aansoek
Posted: Thu Aug 11, 2011 2:57 pm
by henried
Ek is besing met 'n .22...
Hulle het ook vir my ges? 3 maande.
Re: Lisensie Aansoek
Posted: Sat Aug 13, 2011 9:38 am
by Christo Els
nadat die hoof indoenas uit jhb kom ondersoek in stel het in Upington vat dit nou 4 maande en nie 4 jaar nie
Re: Lisensie Aansoek
Posted: Sat Aug 13, 2011 10:13 am
by .::Alwyn-U::.
Vosman wrote:
Dit is nogal goed gestel.
Die SAPS is blykbaar vinniger met die nuwe aansoeke, hulle beweer dit vat so 3 maande. Jy kan ook van Junie af jou bevoegdheid en lisensie aansoek gelyk instuur wat dinge bespoedig.
Sterkte en soos Cobus gese het, Geduld.
Groete
Vosman
Mens kan al van januarie af die bevoegdheid saam die lisensie instuur. Ek was in februarie daar toe se hulle dit vir my.
Groete
Re: Lisensie Aansoek
Posted: Sat Aug 13, 2011 11:29 am
by Christo Els
Dielem kyk onder wapenwet op die forum daar sal jy voorbeeld kry van hoe die vorms moet lyk en watter vorms moet ingevul word.
Daar is ook voorbeelde van jou motiveering van die aansoek. Die belangrikste is om alles te kan bewys wat jy in jou motivering het.
Bv as jy al 10 jaar jag dan moet jy foto's en briewe aanheg wat dit staaf.
omdat dit jou eerste wapen is is jou motiveering meer oor wat beplan as jy die wapen het as al jou jagte wat jy al gedoen het.
My eerste wapen het ek ook onder die nuwe wetgewing gekry en my motiveering was basies dan ek nou in jag belang stel as 'n tyd verdryf en dat ek aan skiet kompetiesies wil deelneem. Die rede hoekom ek geen foto's het of nie aan 'n klub behoort nie is omdat ek nog nie 'n geweer het nie. Verder het ek 'n brief 'n brief gekry van 'n boer wat bevestig dat ek so nou en dan daar gaan jag.
Sterkte met aansoekÂ