Page 1 of 1

Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Wed Aug 10, 2011 3:29 pm
by gideon
Hallo Almal.

Ek lees die forum nou al 'n rukkie, en ek lees net van al die jakkalse en rooikatte wat geskiet word. Party naby party baie ver. Ek het ook al die goeie raad gelees oor hoe om die jakkalse te roep en te skiet. Watter teleskoop die beste is watter kaliber werk watter ligte die beste is watter roeper om te koop. ENS.

Ek wonder net wat gebeur met al die karkasse van al die jakkalse wat geskiet word. Wat doen julle manne met die goed. Ek los hulle gewoonlik by die boer op 'n plek as bewys van wat ek geskiet het wat hy dan met dit doen is sy saak, Wil net weet wat julle manne doen. Het die nwk by 'n boer gaan skiet en hy het versoek dat ek dit wat ek skiet van sy plaas verwyder.

Dit was nogal n probleem vir my.

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 7:28 am
by Dawid
Gideon

Jy sny net die boude uit en maak chilli bites en gee aan die skoonfamilie vir snacks... :laugh: :laugh:

Nee, Grap sommer....Gooi diesel en steek brand dan weet jy jy sal nie siektes as daar is versprei nie

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 10:22 am
by G-force
Skoonma moet ook biltong kry ;D

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 11:24 am
by PITSMIT
dawid en g-force

sies julle is stout. ;D  sonder daai skoonma het jy nie vir skoonlief gehad nie ne ;) :police:

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 11:32 am
by 300Winmag
My skoonma het vir my die 300wm gekoop vir my 40ste verjaarsdag!  ;D

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 11:38 am
by G-force
300Winmag wrote: My skoonma het vir my die 300wm gekoop vir my 40ste verjaarsdag!  ;D
Wat n wenner!!!My skoonma is eintlik baie nice...sy haat net jag maar eet graag my biltong en kabernossie op...jammer ons hi-jack nou hierdie thread.

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 1:57 pm
by Wouter Roets
Gideon

Hier by ons gooi ons dit in die culverts in waar die spietkops lief is om in te sit met hul kameras! ;D Soort by soort!

Groetnis
Wouter

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 3:45 pm
by foxripper
Wouter..  ;D ;D ;D
As ons n speedcop of twee sien wat lyk of hy brandsiek het, dan weet ons..

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 7:21 pm
by Kleinpiet
Ek sien party mense hang die jakkies teen die drade by die grootpad op.  Seker om te spog of iets maar dit skep nie 'n goeie beeld van ons nie.  Moet dit aaseblief tog nie doen nie.  Gee net vir 'n groen tannie met 'n kamera die verkeerde indruk.

Maak eerder biltong vir skoonfamilie. :D :D

Kleinpiet

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 11, 2011 7:36 pm
by Skolla
300Winmag wrote: My skoonma het vir my die 300wm gekoop vir my 40ste verjaarsdag!  ;D
Het sy nog n dogter?

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Fri Aug 12, 2011 2:36 pm
by James Wilson
Gideon, ek skiet gereeld op die plaaslike vee-arts se plaas. hy het ook al vir my gese as dit vir my moontlik is moet ek die Jakalse wegvat. as ek sy verduideliking reg kan onthou dan gaan daar spore van die  _____( sorry kan nie nou die naam onthou nie)  siekte in die grond in, en as omstandighede dan gunstig is kan die siekte op jou plaas uitbreek.  ek het egter agter gekom dat een van sy werkers baie lkief is vir jakkie se vleis. probleemk opgelos.



ns, man wat is die siekte se naam tog?  dit is dieselfde siekte wat die koedoes  so laat vrek party jare veral in die noorkaap.

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Fri Aug 12, 2011 3:27 pm
by Gerhard
Dis normaalweg die boer se probleem om die karkasse van ontslae te raak...

Het al die jakkalse in die bosveld vir die krokedille gevoer. Hulle het geen probleem met die stink nie...  ;D

Het in die Vrystaat gesien die manne wat die jakkalse teen die drade op hang...

Was nogal moeilik om dit aan jag kliente te verduidelik.  ???

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Sun Aug 14, 2011 7:00 pm
by gideon
Ek kan dam nie glo daar is mense wat die karkasse aan die drade hang nie. Geen wonder daar is so negatiewe persepsie oor jakkals skiet nie.

Jagbehep wens daar is meer mense met die liefde vir jakkals vleis. Dalk die uitvoermark china toe toets ;D

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Sun Aug 14, 2011 10:31 pm
by shabba
So  bietjie jaar terug vertel n karoo boer my as manne op sy plaas jakkels skiet soek hy die karkasse want volgens hom vries die ouens die karkasse as hulle dit saam neem en verkoop dit weer aan ander boere  :o :o

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Sun Aug 14, 2011 10:33 pm
by Monrique (SJ)
Nou wat nou nog!!!!!!1 :o :o :o :o  Jy kry darm skelm etters. :-[ :-[ :-[ :-[ :-[ :-[


Groetnis

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Sun Aug 14, 2011 10:51 pm
by .220 Swift
Jagbehep! wrote: ... daar spore van die  _____( sorry kan nie nou die naam onthou nie)   siekte in die grond in, en as omstandighede dan gunstig is kan die siekte op jou plaas uitbreek...

...ns, man wat is die siekte se naam tog?  dit is dieselfde siekte wat die koedoes  so laat vrek party jare veral in die noorkaap...
Anthrax?

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Wed Aug 17, 2011 2:58 pm
by James Wilson
Ja , Anthrax. beter bekend as milt siekte.  maar ek sit die pot mis met die dat die jakalse die siekte dra. ek het n hond gevat vir n spuit, en toe weer die hele saak met die vee arts bespreek. hy se dat roofdiere nie draers is van miltsikete nie( ek hoop ek het hom reg verstaan)  maar die spore van miltsiekte kan in die grond oorleef tot 200 jaar.

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Wed Aug 17, 2011 7:43 pm
by stephan1
weet nie van al die manne se slim planne ek het gesien hier by my as ek een skiet ,skyf ek hom so bietjie en stel slagysters vir dood.
so na 6 dae as jy nog nie sy maat het kan jy maar optel.??
maar brandsteek is seker maar jou antwoord!
groete

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 18, 2011 4:45 am
by Piet Breedt
Wouter Roets wrote: Gideon

Hier by ons gooi ons dit in die culverts in waar die spietkops lief is om in te sit met hul kameras! ;D Soort by soort!

Groetnis
Wouter
Nou het ek lekker gelag

Wouter, dit is die beste plan wat ek nog van gehoor het. Ek gaan dit beslis toepas.

Re: Jakkals geskiet. Hoe nou gemaak?

Posted: Thu Aug 18, 2011 9:14 am
by Henk
Manne, manne, manne.........
Het julle dan niks geleer by Taffie nie?  ??? ???
Spietkop se wegkruip plek is net soos n jakkals se teelgat.....Moenie hom vernietig nie, dan moet jy hom van voor af soek!!!  ;D ;D ;D