Page 1 of 1
Vihtavuori N570
Posted: Tue Feb 14, 2017 4:35 pm
by Smitstertjies
Goeie en slegte nuus. Uiteindelik het S&O Vihtavuori N570 ingekry om die lewe darem makliker vir ons 338LM skieters te maak.
Slegte nuus is ek kon my hande net op een bottel kry. Sal maar nou daarmee lading ontwikkeling doen en wag vir die volgende besending.
Uiteindelik gaan ons n 300gr koeel met n vol dop onder maks druk kan skiet. Kannie wag nie

En voorlopig wys QL daai vol dop is ook op n node!
Re: Vihtavuori N570
Posted: Tue Feb 14, 2017 9:11 pm
by Diesel Dog
Nou waar in die land is die ander bottels ,het jy by die groot winkel gekry?
DD
Re: Vihtavuori N570
Posted: Tue Feb 14, 2017 9:27 pm
by Smitstertjies
Uitverkoop. Dag 1. Volgende besending is op pad.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Wed Feb 15, 2017 7:35 am
by JPS
Martin,
Laat weet ons asb. Hoe die werklike data met Quickload vergelyk as jy proef ladings geskiet het. Basies of brandspoed vinniger of stadiger as ql se voorspelling is.
Ek skiet elke naweek kompetiesie en kry net nie kans om die 570 en 560 wat ek het te gaan toets nie.
Sodra ek kan sal ek kom vertel. Volgens quickload gaan ek oor oor die 2800fps kry met my 30" loop wat ek op het met die 300gn en ek sal die 250's kan stoot tot 3000fps.....
Groete
Jan
Re: Vihtavuori N570
Posted: Wed Feb 15, 2017 7:57 am
by Johan JvR
Ek moes 'n redelike groot aanpassing op Qload maak met N133 op my 22-250.
Ek was nogals teleurgesteld oor dit. Spoed met die lading gemeet, was geweldig baie meer as voorspel op qload. (ek het ook data tabelle van N133 op hulle website met voorgestelde ladings afgelaai net om naastenby te vergelyk, en dit was ook baie ver uit.)
Nou is ek nie seker hoe gevaarlik my druk is nie. Ek moes die BRF verwoed aanpas. Dit voel nie reg nie.
Somchem se truuks het ons nou al onder die knie, maar hierdie is 'n nuwe perd.
N133 brand ook redelik vuil. Maar ten minste is spoed baie goed.
Dit nou maar net terloops. Dalk is die N570 op spec. Ek hoop so.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Wed Feb 15, 2017 8:14 am
by JPS
Dankie johan,
Ek sal dan maar redelik laer begin.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Wed Feb 15, 2017 8:18 am
by Johan JvR
Jong ek weet nie, gooi hom gemiddeld.
Toe ek met N133 die gemiddelde lading gooi (in standard Tikka 22-250 kamer), toe is my spoed alreeds redelik hoog, maar my hele dop het swart gebrand omdat hy nie seel nie. Teken van lae druk.
Toe gooi ek maar meer kruit. Spoed is heerlik, maar ek is bekommerd omdat hy so ver van voorspelling af is.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Wed Feb 15, 2017 8:21 am
by Johan JvR
Ek gaan gou vir oom Tripod al my data aanstuur, dat hy ook deur dit werk.
Dan leer ons dalk almal iets.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Wed Feb 15, 2017 8:35 am
by JPS
Dankie,
Ek sien die 500 reeks gee baie meer spoed met lae druk as baie ander kruite. Dalk rede dat jy blowback gekry het? Is blykbaar juis so ontwikkel.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Wed Feb 15, 2017 2:28 pm
by vossie1
Watter van die dryfmiddels sal die betste wees vir die 6.5 creed en 139gr scenars
Re: Vihtavuori N570
Posted: Thu Mar 02, 2017 8:07 am
by Smitstertjies
More manne. Ons kon uiteindelik kans kry om die N570 te toets in 338LM met 300gr Scenars.
Uit n 29 duim loop het ons 2787 vps gekry (met magnetospeed gemeet) met 91grein N570. Nadat QL gekalibreer is was druk maar 58 000 psi. Ons moes die brandspoed aanpas (verhoog na 0.2931).
Lyk baie belowend!
Re: Vihtavuori N570
Posted: Thu Mar 02, 2017 8:23 am
by JPS
Ja nee dit is great.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Thu Mar 02, 2017 11:04 am
by Frederik
Martin dit lyk baie goed 300gr teen daardie spoed het nogal baie slaan krag ook.
Re: Vihtavuori N570
Posted: Thu Mar 02, 2017 11:27 am
by tripodmvr
Ek en Martin het vanoggend korrespondeer en hier is my node berekening. BRF as default is 0,277.
Smitstertjies N570 Node 6 300 Lapua Scenar.jpg
Re: Vihtavuori N570
Posted: Mon Mar 27, 2017 12:34 pm
by Pinkes
Lyk my hier is n kruit wat my 264wm sal laat spoed vat...