Page 1 of 1

Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 1:05 pm
by Willeboer
Dagse Vrinne''

Ek moet nou vir my n scope opsit vir veldskiet kompetisies. Nou ek soek definintief n FFP. Ek het die geld op die oomblik om n ATACR 5 x 25 te koop, maar is dit regtig 30K beter as n Sightron ,Vortex PST of selfs n Rudolph of is dit net vir die ego " ek het n Nightforce"

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 1:19 pm
by Jaco v Zyl
Ek dink dit is iets was jy vir jouself moet uitsort.
Vir een ou is dit definitief die moeite werd en vir n ander is dit glad nie.
Sterkte.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 1:21 pm
by Ben
Elke ou wat nog nie n NF gehad het nie gaan se nee die kool is nie die sous werd nie.....

Elke ou wat al n NF gehad, skiet steeds NF of nou March, S&B ens......

As ek die geld gehad het sou ek met n smile dit doen, maar ja prys bly n issue.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 1:41 pm
by Eugene
Zappa wrote:Dagse Vrinne''

Ek moet nou vir my n scope opsit vir veldskiet kompetisies. Nou ek soek definintief n FFP. Ek het die geld op die oomblik om n ATACR 5 x 25 te koop, maar is dit regtig 30K beter as n Sightron ,Vortex PST of selfs n Rudolph of is dit net vir die ego " ek het n Nightforce"
As jy 2 keer 'n jaar 'n veldskiet gaan doen vir fun, sal ek sê nee. As jy egter ernstig is daaroor, sal ek verseker vastrap en die NF koop en klaarkry. Soos Ben sê, bitter min mense wat 'n NF het, kla oor hulle....

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 2:10 pm
by LoopSoosStroop
In my wereld kan ek vir my 'n AR-15 en 'n CZ P-09 koop met daardie R30k, so sal baie happy wees met 'n PST FFP.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 2:27 pm
by Hein22
Is hy beter as 'n PST of Sightron - Ja, hy is.
Is hy 30k beter as 'n PST of Sightron? - ek glo nie.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 2:40 pm
by joe rocket
Gaan jy regkom met n pst, sightron en burris xtr, ja jy gaan.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 2:46 pm
by Arnold
Neewat, S&B PMII wat FFP is en in Mil stel met 'n Mil reticle.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 2:54 pm
by Ranger
Save your money and buy something else. If you're asking that question then it's not worth it. Put the extra R30k towards something else.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 3:03 pm
by Hein22
Arnold wrote:.... FFP is en in Mil stel met 'n Mil reticle.
Goeie advies hierdie!!

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 3:44 pm
by Eugene
joe rocket wrote:Gaan jy regkom met n pst, sightron en burris xtr, ja jy gaan.
Ek wil nie hi-jack nie, maar ek het 'n Burris xtr 5-25 met FFP reticle. Is dit 'n ATACR? Glad nie, maar dit kos ook net R25k en is voldoende vir wat ek wil doen. As ek weer paar los sente het, sal ek voor ek 'n ATACR koop, eerder 'n NF BR of Competition koop. Vir wat ek wil doen, is dit meer geskik en die beeld op groot vergroting en in mirage, is verseker baie beter as die Burris of selfs die ATACR. Maar daai scopes gaan nou weer nie werk vir Veldskiete nie....

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 8:01 pm
by WicusdP
Hoekom oorweeg jy nie die nuwe NF SHV nie. Hulle het nou ook tactical turrets.
Ek dink die x20 vergroting is genoeg vir Veldskiet....en prys is helfte van Atacr

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Tue Feb 14, 2017 8:26 pm
by savage(P Coetzer)
Ek het onlangs my nxs afgehaal en vervang met n nuwe 6-24 elite tactical bushnell ffp LRS G2 reticle met mil turrets en mis die nxs gladnie. Hy is nie so helder soos die nxs nie maar baie beter as my vortex viper wat self nie sleg is nie. Die probleem wat ek met die nxs het is dat in n veldskiet het jy nie tyd om jou fokus mooi te stel nie en kry mens dan nie die waarde van die goeie lense in jou sak nie. Die bushnell is vinniger om te fokus op verskillende afstande soos met gonge. Dis maar net my siening.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Wed Feb 15, 2017 6:16 am
by Speelmansjagter
As jy dit net vir veldskiet kompetisies gaan gebruik sou ek nie worry oor FFP nie. Ek het n FFP scope op my .338 Lapua en is mal oor hom, maar ek gebruik hom net vir ver skiet.
Besluit eers watter kruis-haar jy deur jou scope wil sien. Dan soek jy een met daai kruis-haar en wat baie goed meganies verstel. Ek gebruik n leupold vx6 vir veldskiet en ek het al tot 700m met hom geskiet. As jy met hom 20moa stel, dan stel hy 20moa. Dis meer as goed genoeg vir veldskiet. As jy eers een kwaliteit scope het, sal jy nooit weer n "cheapie" koop nie.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Wed Feb 15, 2017 7:55 am
by JGZ
savage(P Coetzer) wrote:Ek het onlangs my nxs afgehaal en vervang met n nuwe 6-24 elite tactical bushnell ffp LRS G2 reticle met mil turrets en mis die nxs gladnie. Hy is nie so helder soos die nxs nie maar baie beter as my vortex viper wat self nie sleg is nie. Die probleem wat ek met die nxs het is dat in n veldskiet het jy nie tyd om jou fokus mooi te stel nie en kry mens dan nie die waarde van die goeie lense in jou sak nie. Die bushnell is vinniger om te fokus op verskillende afstande soos met gonge. Dis maar net my siening.
Ek ondervind dieselfde. Met my Bushnell HDMR 3.5-21x50 find en fokus ek baie vinniger op die gonge as wat ek met my NXS doen. Glas is defnitief nie so goed soos die NXS nie. Dan nou weer op die papierteikens skiet ek beter groeperings met my NXS as met die HDMR.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Wed Feb 15, 2017 1:22 pm
by Gustavroux
Ek wou tyd gelede presies dieselfde vraag op forum plaas-

Ek het oor tyd, soos ek kon, al hoe meer geld op scopes spandeer. 1: daar is baie ou scopes in my kas, wat ek nou niks meer kan doen nie. Mens moet ongelukkig eers iets gebruik, voor mens 100 percent weet 1 wat jy van hou en verkies/ 2 wat beter is VIR JOU.

Ek het hierdie jaar besluit om een van die top klas scopes te koop. Wapens/ gewere is deel van my werk, maar ook my eenigste hobby, ek spandeer nie geld op ander goed nie.

Sopas my eerste duur scope gekry- swarovski x5. Ek is baie happy- al die top scopes is in ander klas, punt.
MAAR- ja, jy kan met ander scope regkom. Ek het lank met lynx lx2, 2.5 tot 15 baie mooi geskiet.

Dis persoonlike keuse. Mens koop nie Porche/ Ferrari/ ens omdat jy van punt A- na punt B wil ry nie... jy koop hom, want dis wat jy van hou... en daar is min dinge so MOOI, soos n gong/ teiken/ bok/ deur HELDER glas.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Wed Feb 15, 2017 1:27 pm
by Eugene
Gustavroux wrote: Dis persoonlike keuse. Mens koop nie Porche/ Ferrari/ ens omdat jy van punt A- na punt B wil ry nie... jy koop hom, want dis wat jy van hou... en daar is min dinge so MOOI, soos n gong/ teiken/ bok/ deur HELDER glas.
++>: ++>: ++>: Net so!

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Wed Feb 15, 2017 4:47 pm
by MJK
Eugene wrote:
joe rocket wrote:Gaan jy regkom met n pst, sightron en burris xtr, ja jy gaan.
Ek wil nie hi-jack nie, maar ek het 'n Burris xtr 5-25 met FFP reticle. Is dit 'n ATACR? Glad nie, maar dit kos ook net R25k en is voldoende vir wat ek wil doen. .
Skiet met groot sukses tans veldskiet met my Burris XTR (darem in die top 50 ;) ). Het van NF NXS na Burris gegaan en kyk nie weer terug nie. Selfde klas as ATACR - glad nie maar ek sal enige dag dit koop as die Titanic ingekom het. Field of view wyer en beter glas en jy weet as jy stel gaan dit akkuraat wees.

Hoe diep is jou sakke - dit moet jy eerder vra.

Koop vir jou FFP - jy gaan dit nodig he om afstandskat te doen in mirage toestande of waar gonge moeilik opspoorbaar is en jy moet jou vergroting afstel.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Sat Feb 18, 2017 10:36 pm
by DSBW
Eintlik weet ons almal wat die antwoord op hierdie vraag is. Vandag, meer as ooit tevore is daar baie min onaanvaarbare swak scopes op die mark, omdat almal toegang tot goeie vervaardiging, tegnologie en glas het. Die meeste van ons het al met heelwat verskillende scopes te doen gehad, en ek stem saam, daar is min wat jy nie mee sal regkom nie. Die vraag is dus, hoekom dan die duur scopes koop. Wel, as jy al met die meeste te doen gehad het sal jy weet, als aan die drie Duitse Fabrikaat scopes is net beter, nie net een spesifieke komponent nie, maar die geheel. Daar is waarskynlik scopes wat "helderder" is as 'n S&B, "taaier" as 'n Swarofski, of met beter "turrets" as 'n Zeiss, maar daar is niks wat as 'n geheel beter is nie, in my opinie. Die "geheel" waarna ek verwys sluit in duursaamheid oor baie jare se gebruik, tweedehandse waarde, naverkoop diens, dag en nag vermoëns en al die ander areas.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Sun Feb 19, 2017 9:23 am
by acssa
Stem nie saam nie...."omdat almal toegang tot goeie vervaardiging, tegnologie ..." Kry mens nog steeds n Kuga.... Tegnologie word meer gebruik om kostes te sny as om beter qualiteit te maak in vandag se dae as dit by goedkoper produkte kom. Ek het n Bushnell gekoop vir my .22LR wat in China gemaak word, en dis dam gemors op sy beste... tog is daar ander puik Bushnells wat uit Japan kom wat ook baie duur is dan.

Koop duur en koop een keer.... maak net seker jy lees oor die vervaardiger/brand name voor jy koop.

DSBW wrote:Eintlik weet ons almal wat die antwoord op hierdie vraag is. Vandag, meer as ooit tevore is daar baie min onaanvaarbare swak scopes op die mark, omdat almal toegang tot goeie vervaardiging, tegnologie en glas het. Die meeste van ons het al met heelwat verskillende scopes te doen gehad, en ek stem saam, daar is min wat jy nie mee sal regkom nie. Die vraag is dus, hoekom dan die duur scopes koop. Wel, as jy al met die meeste te doen gehad het sal jy weet, als aan die drie Duitse Fabrikaat scopes is net beter, nie net een spesifieke komponent nie, maar die geheel. Daar is waarskynlik scopes wat "helderder" is as 'n S&B, "taaier" as 'n Swarofski, of met beter "turrets" as 'n Zeiss, maar daar is niks wat as 'n geheel beter is nie, in my opinie. Die "geheel" waarna ek verwys sluit in duursaamheid oor baie jare se gebruik, tweedehandse waarde, naverkoop diens, dag en nag vermoëns en al die ander areas.

Re: Is dit regtig die geld werd

Posted: Sun Feb 19, 2017 11:45 am
by Diesel Dog
Zappa wrote:Dagse Vrinne''

Ek moet nou vir my n scope opsit vir veldskiet kompetisies. Nou ek soek definintief n FFP. Ek het die geld op die oomblik om n ATACR 5 x 25 te koop, maar is dit regtig 30K beter as n Sightron ,Vortex PST of selfs n Rudolph of is dit net vir die ego " ek het n Nightforce"


Jy het n pm

DD