Page 1 of 1
Spoed van wet media tumbler.
Posted: Tue Feb 14, 2017 12:14 pm
by Bennie Bester
Hallo Almal,
Ek is besig om n wet media tumbler te bou. Op die oomblik is ek besig met die ratverhoudings. Wat is n goeie gemiddelde draaispoed vir die drom?
Groete Bennie
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Tue Feb 14, 2017 12:17 pm
by Diesel Dog
Afhangende van die omtrek van die drom 30 tot 60 rpm
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Tue Feb 14, 2017 2:02 pm
by Williel
Slingerspoed van 1 ref/sekond werk vir my goed.
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Tue Feb 14, 2017 3:07 pm
by Gawie(13mm)
My en Oom P.W. s'n loop egter teen 30 tot 40 rpm. sonder om die doppe te beskadig. 45 minute is genoeg om die doppe nat-nuut te laat lyk.
Bykomende raad wat ek jou wel gaan gee is die volgende; indien jy 'n ronde drom gebruik moet jy twee dun strokies plastiek of HTPE, van omtrent 3mm dik binne in die drom vas plak. Dit sal help dat die doppe en media tuimel en nie net gly nie.
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Tue Feb 14, 2017 4:53 pm
by PWV
Bennie
Ek wil ook graag help. Sê ook maar net wat ek proefondervindelik ervaar het, sonder om te klink of ek alle kennis in pag het.
Laat jou masjien eerder te stadig as te vinnig draai. My masjiien se drom is 15 cm in deursnee en draai teen 28 rewolusies per minuut. Soos Gawie aangedui het, het hy twee vinne binne wat die doppe bietjie deurmekaar roer soos 'n betonmenger.
Groetnis
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Tue Feb 14, 2017 8:52 pm
by Cobus(Cobb)
Ek weet nog minder as almal hierbo...
My drom is 110mm deursnit en het 3(drie) vinne of aggitators wat help met skommel proses...
Myne loop teen 45rpm met geen skade aan nekke sigbaar nie....my groepe is nog soos VWT*....wat my sê die doppe is net skoner, vinniger.
*Voor Wet Tumbler
Cheers
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Wed Feb 15, 2017 9:19 pm
by Bennie Bester
Baie dankie vir almal se insette rakende die drom se spoed. Uit al die gegewns lyk dit of n mens na so ongeveer .25m/sek omtrek spoed kyk.
Groete Bennie
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Wed Feb 15, 2017 9:27 pm
by PWV
Bennie Bester wrote:Baie dankie vir almal se insette rakende die drom se spoed. Uit al die gegewns lyk dit of n mens na so ongeveer .25m/sek omtrek spoed kyk.
Groete Bennie
Jy moet hierdie bietjie verduidelik. Verstaan nie mooi nie?
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Wed Feb 15, 2017 9:54 pm
by Bennie Bester
PWV,
Ek hoop nou nie my wiskunde laat my in die steek nie. Die omtrek spoed (daar kan dalk n ander wiskundige benaming wees) is die spoed by die verste punt van die middelpunt af. Dit is die afstand wat die drom op sy omtrek beweeg per sekonde. Dit word bereken met die rotasie spoed (rpm) en die radius van die drom. Hoe groter die drom hoe stadiger hoef hy te draai.
Die formule is omtrekspoed= dromspoed (radians/sek)xRadius(m)
In jou geval: 28 rpm en .075
deel deur 60 na sek .4667 rps
maal met 360 na grade 168 grade/s
deel deur 57.3 na radians 2.93 radians/s x 0.075
.22 m/sek
Hoop dit maak sin.
Groete Bennie
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Wed Feb 15, 2017 10:10 pm
by Francoisv
Vatso
Re: Spoed van wet media tumbler.
Posted: Thu Feb 16, 2017 8:52 am
by PWV
Baie dankie, Bennie.
Wow, jy sê myne se spoed is .22m/sek?
Ek meet myne sommer met 'n stophorlosie deur die omwentelinge per minuut te tel en my doppe is mooi skoon na 1 uur se getuimelry, sonder dat die bekke skeef gestamp is.
Groetnis
Ns. Was nog nooit goed met langdeelsomme nie!