Page 1 of 1
Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Feb 14, 2017 10:53 am
by HeinrichPrinsloo
Dagsê lede
Ek gaan April bietjie in Natal jag en dit is lang afstand skote
Watse rak ammo sal lekker werk vir my CZ 550 .375 HH ?
Tans gebruik ek 270gr SP
Dankie
H
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Feb 14, 2017 11:19 am
by RUPERT
Hoe lank is lang skote volgens jou?
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Feb 14, 2017 11:21 am
by HeinrichPrinsloo
RUPERT wrote:Hoe lank is lang skote volgens jou?
Hi Rupert
Die vêrste wat ek al geskiet het is 183m op n BWB
n Vriend van my het my saam genooi en sê skote is tussen 250m - 350m
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Feb 14, 2017 11:37 am
by RUPERT
Heinrich
Ek is nou nie n ekspert nie maar ek kan nie sien hoekom jy nie daai skote kan vat nie. Al wat ek wel kan voorstel is dat jy eers daai distansies moet gaan oeffen sodat jy jou geweer en kombinasie kan leer ken.
Met dit bedoel ek waar is jy nou op gezero, wat is die drop dan bv van n 100m na 150m na 200m en so voort. Gaan jy dalk moet rezero op 200m om die drop tekan verminder.
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Feb 14, 2017 11:40 am
by HeinrichPrinsloo
Dankie Rupert
Ek sal so paar skote trek as ek op die plaas aankom om te kyk wat hy maak en dan dit van daaraf verder vat
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Feb 14, 2017 12:14 pm
by Ashley
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Mar 28, 2017 7:43 am
by papa beer
As ek kan aanbeveel moet jy eerder op baan oefen voor jy op plaas aankom sodat jy kan bepaal wat jou trajek is en watter afstand jy moet zero.
Jy gaan dit nie met 2 of 3 skote op die plaas kan doen nie.
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Mar 28, 2017 8:49 am
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170328/daa7351fbd907374bc14ab276c86f728.jpg
Hier is my .375 Ruger se dropchart met 270 gr Barnes TSX
Joune gaan nie presies dieselfde wees nie. Ek gebruik dit net om te wys dat met 'n 100m Zero gaan jy op 300m omtrent 56cm laag skiet. As jy moet afmik sonder dat jy 'n dropchart het of redelik geoefen het met die ladings gaan jy sukkel.
Gan skiet so paar skote tussen 100 en 350m en gaan trek die bokke daarna plat met styl.
Voorspoed!!!
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Mar 28, 2017 9:28 am
by joe rocket
Ek sal aanbeveel om op 200m te zero en dan 300m en 350m te gaan skiet om val van koeël te bevestig. Om te meet is om te weet.
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Mar 28, 2017 10:17 am
by SakoTrippel2
April is al naby....Net 'n Bietjie meer tegniese benadering kan wees om die geweer te zero volgens die kruisdraad. Amper soos JoeR hierbo noem. Die foto sal verduidelik wat ek bedoel....Ek Werk die 30-06 so met gewone duplex kruis. Kan skote in Vrystaat vlaktes vat op Blesbok tot op 300m indien nodig.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170328/c96eaf6cf382bbf4d55edfeb0514957c.jpg
ZERO HERE kan Bv 100m wees
Half hold 150m
Hold 1 200m (middel kruis)
Half hold 250m
Hold 2 300m.
Dis nou sommer maar duimsuig maar net vir voorbeeld doeleindes.
Die Holds gaan natuurlik afhang van die soort kruisdraad wat gebruik word en die vergroting. As die holds bereken is moet nie stel aan vergroting nie. Ek neem aan dis 'n SFP teleskoop. (subtensions gaan verander)
Groete
Frans
Re: Soek bietjie raad !!
Posted: Tue Mar 28, 2017 10:19 am
by HeinrichPrinsloo
Baie dankie aan almal se insette