Page 1 of 1

Haelgeweer met borrel by die korrel

Posted: Mon Feb 13, 2017 5:13 pm
by tripodmvr
Die volgende het met 'n vriend van my se Silver Pigeon gebeur tydens 'n duiwejag Vrydag. Het iemand al soiets gesien of ervaar en wat is die verklaring daarvoor ?

Frans borrel in loop.jpg

Re: Haelgeweer met borrel by die korrel

Posted: Mon Feb 13, 2017 5:21 pm
by Viking
Dit lyk soos 'n "wad" wat bly sit het na die vorige skoot - dalk nie genoeg dryfmiddel in die patroon dop nie

OF

Daai geweer se loop is in die grond gedruk....sonder dat jou vriend dit besef het. "n Lekker modder plug sou dit ook kon veroorsaak.

Feit is iets het die druk laat opbou in die loop!!!

Internet wys iets soortgelyk a.g.v. "choke blow out"

http://shotgunworld.com/bbs/viewtopic.php?f=12&t=408031

Re: Haelgeweer met borrel by die korrel

Posted: Mon Feb 13, 2017 6:06 pm
by Rudi Fischer
Is dit multi choke gewees ?

Die rede hoekom Ek vra is as jou chokes los kom of nie styf vas is terwyl jy skiet nie Kan die wad op die punt van die choke vas steek soos die choke homself los werk en dan die hele choke uit blaas.

Gebeur gewoonlik makliker met extended chokes wat jy met vingers vas dra in plaas van n choke spanner.

Maar Kan met flush chokes ook gebeur.

Of soos Viking se, n modder plug.

Re: Haelgeweer met borrel by die korrel

Posted: Mon Feb 13, 2017 6:09 pm
by tripodmvr
Dankie vir die inligting. Die omdop van die choke klink na 'n baie goeie oorsaak vir daardie duur borrel.

Re: Haelgeweer met borrel by die korrel

Posted: Tue Feb 14, 2017 7:47 am
by Johan van Wyk
My stem is ook vir `n obstruksie van soorte. Vriend van my het sy DT-11 se onderste loop ook redelik flenters geskiet met `n keramiek choke wat losgekom het. R60k later vir `n nuwe stel lope...

Re: Haelgeweer met borrel by die korrel

Posted: Tue Feb 14, 2017 8:09 am
by andre007
tripodmvr wrote:Die volgende het met 'n vriend van my se Silver Pigeon gebeur tydens 'n duiwejag Vrydag. Het iemand al soiets gesien of ervaar en wat is die verklaring daarvoor ?

Frans borrel in loop.jpg
n Man hoop hy't riflesure of n tipe assuransie vir die herstelwerk!