Page 1 of 2

Torque wrench (wringskroefsleutel??) - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 9:28 am
by Johan JvR
More menere

Is daar iemand wat sy gewere se aksie skroewe en teleskoopringe 'torque' ?

Watter wrench gebruik julle en hoeveel lbs moet mens die skroewe torque - maak dit 'n verslil aan akkuraatheid?

Ek sien S&O verkoop die tipe gereedskap:  http://www.safariandoutdoor.co.za/subca ... _and_tools

Die ouens in die VSA: http://www.seekonk.com/

Sal graag meer oor die onderwerp wil uitvind, het dit ge-'google', maar wil hoor wat julle dink.  Amerikaners torque ringe ongeveer 15in./lbs en aksie 45 in./lbs.

Lekker week !

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 11:03 am
by Beyers
Aksie skroewe 60-65lbs
Ek gebruik een, gele kan nie die naam onthou nie. Soos met alles in skiet as jy meet dan weet jy.
Beyers

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 11:55 am
by DawieKotze
Beyers - geld dit vir alle kalibers en aksies? Wat van gepakte en nie-gepakte aksies? Hout, laminated en sinteties?

Ek het altyd gedink - vas is vas! Ek draai maar gewoonlik tot so net voor die laaste draai  ;D Kan mens die skroewe dan te vas ook draai?

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 12:00 pm
by Beyers
As die geweer nie pillars in het nie is vas te vas. Die hout word saamgepers, wat gebeur as die klam is die dag of droog is?
Ek volg bloot die instruksies op die verpakking van die torque wrench.
http://ecx.images-amazon.com/images/I/41Xn-6UMP9L._SL500_AA300_.jpg
Mens kan speel met verskillende mates van vasdraai. Org Hamman stel voor dat die agterste aksie skroef bietjie laat skiet moet word. Met die torque wrench kan jy vasstel wat 'n bietjie is.
As mens die tool het gebruik hom tot jou voordeel.
Beyers

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 12:37 pm
by erx
Ek torque 3.5Nm agter en 4 voor met Brittool se kleinste wrench, duur maar kwaliteit.

Groete
erx

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 12:41 pm
by Johan JvR
Beyers - dis hoe ek ook nou redeneer, ek wil net eers meer uitvind watter produk om te koop.

erx - waar het jy jou wrench gekoop?

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 12:44 pm
by erx
Ek het 3 van hulle, elkeen 'n stappie groter en almal by SG Tappin in Bloemfontein gekoop.
Ek akan vir jou pryse uitvind en sal 'n foto opsit.

Groete
erx

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 12:51 pm
by Chrisjan
" Ek torque 3.5Nm agter en 4 voor met Brittool se kleinste wrench, duur maar kwaliteit.

Groete
erx "

Ek stem saam dat Brittool baie goed is. Ek gebruik dit op my resies motors.

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 1:12 pm
by erx
Almal kom in baie duursame kassie met kalibrasie sertifikaat by.
Hulle het merke op vir Nm, Kgfm, lbfin en lbfft.
Groot een is EVT1200 en gaan van 25-135Nm
Middel is AVT300A en is 5-33Nm
Kleintjie is AVT100A en is 2.5-11Nm

[img width=560 height=420]http://i1183.photobucket.com/albums/x48 ... G_1954.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1183.photobucket.com/albums/x48 ... G_1955.jpg[/img]

Groete
erx

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 1:13 pm
by baboonstalker
Ek het ook die Britool.

Hout of sintetiese kolwe: 30-40lbs in
Hout of sinteties met pillars: tot 65lbs in max
Steyr Mannlicher's met hulle plastiek/ bakeliet magasynkaste... BAIE VERSIGTIG 30-35lbs in
basisse 30 lbs in max
Ringe - Aluminium 10-15 lbs in max
       - Staal 15 - 20 lbs in max
windage skroewe op basisse 30-40 lbs in max

Pieter
Image

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 1:25 pm
by PITSMIT
as jy te kwaai torque of vasdraai kan jou aksie skeef trek en dan kan jy akkuraatheids probleme optel.  dok neels het my die ding al mooi verduidelik

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 3:14 pm
by Johan JvR
erx,Pieter - baie dankie vir al die moeite met die foto's en die ander manne met die inligting.

Ek gaan DV oor 2 weke Bloem toe, sal dan sommer self daar gaan kyk na hulle speelgoed, maar as ek daai Britool so kyk is dit nie in my begroting nie (R 1500 + as ek moet raai vir die kleintjie)

Sal ook meer uitvind oor Wheeler se geel wrench, hy is R 600.

groete

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 3:45 pm
by Johan JvR
Ek het gou gaan kyk waar SG Tappin in Bloem is, sien toe hulle is agente vir King Tony gereedskap.

Dit lyk self na goeie wrenches daai!

http://www.kingtony.com/products/produc ... =0&subid=0

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 4:18 pm
by erx
JvR

Ek het self baie King Tony by SG gekoop, wragtig goeie kwaliteit!
Skree as ek vi jou pryse kan kry, doen al lank met hul besigheid.

Groete
erx

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Wed Aug 10, 2011 10:51 pm
by baboonstalker
Johan,

Daardie 10-50 in lb King Tony lyk na net die ding vir Sannie.

Hoop jy kom reg.
Pieter

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Thu Aug 11, 2011 9:42 am
by Johan JvR
M?re manne

Dat ek nou so opgewonde kan raak oor 'n stukkie gereedskap !

Ek het nounet met Jakes by SG Tappin gepraat, hy het nie van hulle in voorraad nie, maar gaan vir my uitvind en pryse laat weet. Hou julle op hoogte.
Ek het hom ook gevra om uit te vind oor 'bits' - punte (of is dit nou koe?ls ?? - skuus Gerard  ;D, kon dit nie weerstaan nie) wat saam met die wrench kan gaan:

groete

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Thu Aug 11, 2011 12:37 pm
by baboonstalker
Ek is ook in die mark vir 'n ordentlike stel bits en sal graag hoor wat hy kan kry.

P

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 8:23 am
by Johan JvR
M?re manne

Ek het nog niks van Jakes af gehoor nie, het vrydag weer na hulle toe gebel en hy het belowe om na my terug te kom....

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 11:31 am
by THOMAST
Ek het 2 van die goed.
Die een is die konvensionele tipe wat lyk soos die in die eerste foto. Werk baie lekker, maar ideaal het jy  2 hande noding om die apparaat vas te hou en dan nog 'n paar hande om die geweer vas te hou as jy verstellings wil doen weg van jou werksbank.
Ek het toe maar een van daai FAT Torque wrenches by S&O gekoop. Lyk soos 'n dik skoewedraaier, is vertelbaar en het 'n klomp skroewe, hex sleutels en "sockets" by om op meeste aksies te pas. Hy gaan orals saam in my skiet tas en werk baie lekker. Een hand op die torque wrench en een hand op die aksie en siedaar! Is gemerk in "inch-pounds", terwyl konvensionele een in Nm gemerk is.

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 11:58 am
by Johan JvR
Thomas - ek het ook nou al begin wonder of ek nie maar daai FAT een moet koop en klaarkry nie.  Klink my die wat Gedore, Stahlwille ens maak is almal oor die R 2000.

Hoeveel torque jy jou aksie skroewe?

Re: Torque wrench - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 12:45 pm
by THOMAST
Johan, op die pillar bedding druk ek hom 65 duim pond en op die gewone hout kolf druk ek hom maar 45 duim pond, dis nou vir die aksie skroewe.
As jy die FAT wrench gaan kry onthou net om hom na gebruik terug te stel na zero, dan werk hy mooi. Jy kry beslis meer akkurate wringskroewe (sjoe! groot woord!) maar die outjie is baie handig en as jy geweer uitmekaar haal weet jy darem dat jou spanning op die skroewe elke keer dieselfde is as voorheen en dit is ook belangrik.

Re: Torque wrench (wringskroef sleutel??) - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 2:15 pm
by Johan JvR
Baie dankie !

My maggies - wringskroewe - daar leer ek 'n nuwe woord. My pa het maar altyd van sy 't?kr?ns' gepraat, so ook sy 'caliper'. Woorde wat ek nooit in afrikaans geleer het nie.
Wat is afrikaans vir caliper? - ek dink nie skuifpasser nie ??

mooiloop

Re: Torque wrench (wringskroefsleutel??) - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 2:51 pm
by baboonstalker
Ek ken ook 'n "vernier" as skuifpasser.

Thamas, as jy s? jy moet hom terugstel na 0 na gebruik, is dit sodat sy veer kan ontspan en nie pap word nie? Ek het dit nog nooit met myne gedoen nie, maar gaan nou dadelik hardloop en hom losdraai!

Mens kan ook elke dag 100 nuwe dinge leer hier.

Groee
Pieter

Re: Torque wrench (wringskroefsleutel??) - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 3:29 pm
by THOMAST
Hy ?s daai veer!

Re: Torque wrench (wringskroefsleutel??) - wie gebruik een ??

Posted: Mon Aug 15, 2011 3:52 pm
by Johan JvR
SG Tappin sukkel om van King Tony se produkte in die hande te kry.

Klink my die mark in Suid Afrika vir skroewedraaier tipe 'torque wrenches' is te klein.

So ek gaan nou maar een van daai geel,FAT perde by S&O bestel.

ERX - die Britool wat jy het lyk baie oulik, maar hulle begin met 2.5nm, te veel vir teleskoopringe, daar het mens maar 1nm nodig. In elk geval, baie dankie vir al die insette.

P.S - ek wonder waarmee torque die tandartse daai skroewe wat hulle in jou kakebeen indraai as jy daai duur permanente valstande laat insit ?