Page 1 of 1

Help asseblief voor ek droog maak

Posted: Wed Aug 10, 2011 9:02 am
by Sinkvalk
More Menere

Het hulp nodig asseblief. Ek het gistermiddag op 'n plaas naby Fort Beaufort gaan roep. Daar is baie jakkalse op die grond.

Het die Sprinhaas combo gebruik vir so 40min. Niks het ingekom nie. Het Vlekkie E gebruik en 4! Veskillende jakkalse het teruggeantwoord. Ek het toe maar net in stilte gesit en wag. 10min later blaf daar een met 'n aggresiewe Nja Nja so 100m van my af en die ander drie antwoord hom toe. Het so 15 later die springhaas combo gespeel.

Niks het in sig gekom nie ek het maar stilletjies die area verlaat.

Ek sal graag wil terugkeer vanmiddag. Help asseblief - gebruik ek die verkeerde klanke? Julle kan my maar kruisig!

PS. Die are is redelik bos en bome so ek het nie die luuksheid van baie skietvlaktes nie.

Groete

Re: Help asseblief voor ek droog maak

Posted: Wed Aug 10, 2011 9:25 am
by tafjak
Sinkvalk

Ja, baie gaan jy sukkel, as die staanplek nie aan die vereistes voldoen nie gaan die sequence jou ook nie veel in sak bring nie. Lyk my in elk geval dat jy nie die eerste en laaste by darie 4 gaan wees nie.

Slagysters het meer sukses in sulke terrein. Onthou dat as die jakkalse nie gesien kan word op 100meter nie, gaan die jakkalse ook nie te vrygewig wees met hul verskyning nie, te bang om terrein te besoek wat slegte sig tot gevolg het.

Fort Beaufort is darem ook nou so dig dat jy geen staanplek gaan h? nie, baie grashange en rante. Kies die staanplek beter(roep eerder die jakkalse nader, hulle het voete) en gebruik meer geduld.

Lyk ook nie of jy al enige kursus van enige aard al bygewoon het nie, so dit bly moeilik om raad te gee.

Mooiloop

Ps. Wat dink jy gaan jy anders doen vanaand as gisteraand?

Re: Help asseblief voor ek droog maak

Posted: Wed Aug 10, 2011 10:16 am
by Sinkvalk
Jys reg ek het nog geen kursus gedoen nie. Wat ek vanaand gaan doen hang meestal van die windrigting af (staan plek verander ).Ek het februarie 'n teef en Twee jonges in dieselfde area geskiet. Is daar fout met my Jakkals klank keuse. Ek het Heinrich se Vol. 6 cd. So die keuse is Vlekkie 3a, E en Elsneus.

Niemand skiet jakkalse in hierdie area nie, meestal beesboere en die skaapboere gebruik meestal gif vir jakkals beheer. Ek sal defnitief 'n kursus bywoon waneer daar een in die Oos Kaap aangebied word.

Dankie vir die raad

Re: Help asseblief voor ek droog maak

Posted: Wed Aug 10, 2011 11:13 am
by tafjak
Sinkvalk

OK, jy is natuurlik nou nie bekommerd oor die skade wat "slimjakkalse" kan aanrig nie en gaan ek jou sommer prontuit laat verstaan dat geen raad op hierdie stadium gaan help nie.

Die bietjie wat mag help is dat, as jou staanplek 20hektaar(500 x 400 meter en jy kan ten minste 350m windaf sien en skiet) groot is en die jakkalse is windop van jou, kan hulle met enige klank ingeroep word(manne jag mos nie daar rond nie).

Jy moet tog jou posisie bekend maak dat ander Beroepsjagters tog nie in die gemors gaan vasloop waarmee jy nou besig is nie. Dit is sagkens gestel en met geen bybedoelings. Voorspoed maat.

Mooiloop

Ps. Ek is nie kwaad nie, word net kwaad as julle hulp gaan soek as die storie reeds on-omkeerbaar is. Die Beroepsjagter moet nou kom help teen peanuts en dan word hy as swak afgemaak omdat dan gesukkel word om die goed dood te kry. 'n Regte Bool Smuts dis, net wat hy soek teen ons.

Re: Help asseblief voor ek droog maak

Posted: Wed Aug 10, 2011 11:23 am
by Sinkvalk
Ek verstaan dit, dis hoekom ek raad gevra het.

Re: Help asseblief voor ek droog maak

Posted: Wed Aug 10, 2011 11:49 am
by tafjak
Sinkvalk

Gaan woon 'n kursus by, dit maak alles makliker. Om raad te gee aan iemand wat nie weet waar om te begin en nie eers die Gevorderde klanke van Heinrich Funck het nie, is use less.

Jy gaan in elk geval vanaand(of ten minste eerste aand moontlik) jag, so watter raad dink jy gaan gaan help as die kursus self ten minste een volle dag(10 ure se opleiding en demostrasies) is om iemand touwys te maak en te wys waarop bedag moet wees.

Wetie, help my.
Mooiloop

Re: Help asseblief voor ek droog maak

Posted: Thu Aug 18, 2011 4:57 am
by Piet Breedt
Dit is goeie raad daardie van Taffie af. Ek het ook begin jakkalse skiet met die lig hier by ons so jaar of wat gelede, en glad nie die roeper gebruik totdat ek Heinrich se kursus gedoen het. Ek skiet hier op een plaas waar elke Jan Rap en sy maat met n CD kom roep het, en ek kan n reuse verskil sien as op die ander plase waar ek skiet.