Page 1 of 1
Beste muzzle brake in SA
Posted: Wed Feb 08, 2017 8:38 pm
by WitWillem (Charl)
Naand
Ek is op soek na n muzzle brake. Ek het nou al redelik op die internet rondgelees en kom op baie goeie produkte af. Soos byvoorbeeld die terminator muzzle brake vanaf NZ.
Die MB moet op n groot roer kom wat baie skop vir langafstand skiet. Ek stel nie belang in n knaldemper vir die roer nie.
My opsies is dus om n MB in te bring vanaf die buiteland of iets plaaslik te koop.
My vraag is dus. Wie maak die beste muzzle brake in SA? Ek soek nie net "n MB" nie, ek soek een wat werk! Help asb.
Ek waardeer julle terugvoer.
Groete
Charl
Re: Beste muzzle brake in SA
Posted: Wed Feb 08, 2017 9:08 pm
by Gian_dP
Ek is baie gelukkig met die een wat Geoffery Barabal vir my gemaak het.
Re: Beste muzzle brake in SA
Posted: Wed Feb 08, 2017 9:23 pm
by Charles.308
Hier is n foto van KD met MB die MB kan afskroef .Die een wat ek gesien het is vir n .375 .Afwerking is mooi gedoen.Die nuwe eienaar is baie gelukkig met syne.
Groete
Re: Beste muzzle brake in SA
Posted: Wed Feb 08, 2017 9:33 pm
by Hein22
Weet nou nie van SA nie maar google bietjie pain killer muzzle brake..
Re: Beste muzzle brake in SA
Posted: Wed Feb 08, 2017 10:41 pm
by ruaanb
Marco het die een vir my 300wsm gemaak. werk vir my bitter goed en is n eenvoudige ontwerp as n mens so daarna kyk.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170208/0af3d61e3b229c14d9dbcef4612e2155.jpg
Re: Beste muzzle brake in SA
Posted: Wed Feb 08, 2017 11:47 pm
by Nico Harris
Willem jy kan my of g&g varminting kontak vir fotos.
Re: Beste muzzle brake in SA
Posted: Thu Feb 09, 2017 6:57 am
by WitWillem (Charl)
Dankie Nico - ek het reeds met Geno kontak gehad.
Ja Hein, ek het ook na die painkiller gekyk.
Manne die MB kom op n groot geweer. Kom ons se maar vir die oefening n 50 BMG so dit is belangrik dat die MB werk en baie recoil wegneem.
Ek bly vashaak op die Terminator MB. Daar is baie goeie videos op die internet wat wys hoe die MB recoil verminder in vergelyking met ander. Soos genoem is dit egter baie meer papierwerk om die produk hier by ons te kry.
So my vraag is steeds, wie maak die beste MB in SA?
Het iemand al n recoil toets op MB's hier in SA gedoen?
Re: Beste muzzle brake in SA
Posted: Wed Feb 15, 2017 8:04 pm
by Drenalinjunkie
WitWillem (Charl) wrote:Dankie Nico - ek het reeds met Geno kontak gehad.
Ja Hein, ek het ook na die painkiller gekyk.
Manne die MB kom op n groot geweer. Kom ons se maar vir die oefening n 50 BMG so dit is belangrik dat die MB werk en baie recoil wegneem.
Ek bly vashaak op die Terminator MB. Daar is baie goeie videos op die internet wat wys hoe die MB recoil verminder in vergelyking met ander. Soos genoem is dit egter baie meer papierwerk om die produk hier by ons te kry.
So my vraag is steeds, wie maak die beste MB in SA?
Het iemand al n recoil toets op MB's hier in SA gedoen?
Geen papierwerk probleme met die Terminator. Greg coerier hulle gereeld SA toe sonder enige issues. Jy betaal wel meer maar ek dink die Terminator is puik.