Page 1 of 1

Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 11:35 am
by Geno
Jis manne,
Dog ek deel paar fotos met julle.
Ons het hierdie teleskoop vir 'n klient laat Cerakote.
Dis 'n 8-80x56 MARCH wat oorspronklik silwer was.

Trueworx het die werk gedoen, en soos gewoonlik regtig puik presteer.

(CLICK OP DIE FOTOS OM TE VERGROOT)
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/Custom%20D80V56/Resized/D80V560.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/Custom%20D80V56/Resized/D80V56.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/Custom%20D80V56/Resized/D80V561.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/Custom%20D80V56/Resized/D80V562.jpg

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 11:46 am
by joe rocket
Wild verby voorwaar 'n pragstuk.

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 11:56 am
by Toyrsi
Jis dis n bul van n scope.

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 1:14 pm
by DriesdlR
Koste Geno?

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 1:23 pm
by Geno
DriesdlR wrote:Koste Geno?
Altesaam omtrent R67k

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 1:46 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote:
DriesdlR wrote:Koste Geno?
Altesaam omtrent R67k

Haha, lyk bitter netjies

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:09 pm
by Joe308
Eish, so hy het daai scope in n oond gesit?

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:14 pm
by Geno
Joe308 wrote:Eish, so hy het daai scope in n oond gesit?
Ja, maar alles is met die fabriek bespreek om maksimum temperatuur ens. te bepaal sodat ons binne die waarborg kon bly.

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:29 pm
by joe rocket
Daai scope is taai hy kan dit vat.

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:37 pm
by Joe308
Ek hoor jou, maar eish ek weet nie of ek sal grond pad ry met n Ferrari nie....

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:39 pm
by Geno
Ek verstaan, maar soos en sê, alles is gedoen in so 'n manier om geen skade aan die scope te veroorsaak nie.

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:41 pm
by DriesdlR
Baie mooi!!

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:42 pm
by Marc
Ek Like

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 3:45 pm
by Sangoma (IAN)
Joe, wane gooi jy jou 8-80 in die oond? Jy kan hom mos nou lekker pimp vir Canada

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 4:07 pm
by PierrieT
Dit is nou vir jou 'n netjiese scope! Dit is iets buitengewoons en besonders.

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 4:10 pm
by Joe308
Sangoma (IAN) wrote:Joe, wane gooi jy jou 8-80 in die oond? Jy kan hom mos nou lekker pimp vir Canada
Sit daai kombuis oond van jou solank op 220 ek is oppad.....

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 4:15 pm
by Dirkvh
Geno wrote:
Altesaam omtrent R67k
Is dit nie bietjie buitensporig duur vir cerakote nie, al is dit so goed gedoen? >:D

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 4:20 pm
by Geno
Ja grapgat. Die scope se Cerakote op sy eie is +-R4,000.00
Nuwe swart turrets is R2,600.00
En 'n silwer 8-80x56 met illuminated reticle is rondom R60k

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 4:27 pm
by Arnold
Geno wrote:Ja grapgat. Die scope se Cerakote op sy eie is +-R4,000.00
Nuwe swart turrets is R2,600.00
En 'n silwer 8-80x56 met illuminated reticle is rondom R60k
Ek hoop om eendag die geleentheid te hê om deur so scope te kyk. Ek het nie 'n doel vir so iets nie maar sal graag wil sien hoe die beeld op x80 vergroting lyk.

Re: Custom MARCH 8-80x56

Posted: Tue Feb 07, 2017 6:15 pm
by Drenalinjunkie
Daai lyk awesome Geno.