Page 1 of 1

ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Mon Feb 06, 2017 10:25 am
by Eugene
Manne, ALRHA se eerste skietdag vir 2017 is op 4 Maart 2017 te Vierfontein.

Hierby aangeheg is die inskrywingsvorm, inligting en reels. Daar is ook slaapplek beskikbaar binne 1km van die skietbaan af.

Daar is lekker pryse beskikbaar vir die eerste 3 plekke in elke klas.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 10:57 am
by Tal
More manne, ek wil namens ALRHA exco net n regstelling maak op die reels rondom die Skietdag van die 4de Maart 2017 te Vierfontein.

'n Persoon kan slegs aan een van die 2 items deelneem. Dus slegs in die Long Range Hunter of die Long Range Varmint en nie aan beide nie.

Dit gaan bloot oor tyd.

Jammer vir enige ongerief!

Groete
Tal

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 11:00 am
by LoopSoosStroop
Tal wrote:More manne, ek wil namens ALRHA exco net n regstelling maak op die reels rondom die Skietdag van die 4de Maart 2017 te Vierfontein.

'n Persoon kan slegs aan een van die 2 items deelneem. Dus slegs in die Long Range Hunter of die Long Range Varmint en nie aan beide nie.

Dit gaan bloot oor tyd.

Jammer vir enige ongerief!

Groete
Tal
Geen verskoning nodig nie, ek dink dis 'n goeie skuif.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 11:12 am
by Smitstertjies
Mag die 2 man span 1 geweer deel?

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 4:30 pm
by Eugene
Smitstertjies wrote:Mag die 2 man span 1 geweer deel?
Nee, maar as julle graag wil kom en nie anders kan nie, dan sal ons julle toelaat, maar julle gaan vir die fun deelneem....

Die rede (want iemand wat in elk geval nie sou kom skiet nie, gaan dalk vra.... ;) ):

Die formaat van ons skietdae is gebasseer op LA jag en daarom is dit belangrik dat elke skut met sy eie geweer en eie DOPE op elke teiken skiet. Buiten dit, ding mense in spanverband mee en vir punte. As jy byvoorbeeld eerste skiet en jy besef nou waar jy te min of te veel gestel het, is dit mos maklik vir my om dan net my rondte te skiet na "ons" geweer basies nou klaar getrue is en dan skiet ek 'n briljante score. Ons besef nie almal is so ingestel of het selfs daaraan gedink nie, maar ongelukkig is daar kansvatters in elke sport en die reel is maar daar om die speelveld vir almal gelyk te hou.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 6:56 pm
by Tal
Eugene is 100% reg

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 7:15 pm
by Smitstertjies
Dankie Eugene. Ek vra maar net want ek het nogals gedink dat dit onregverdig is om met 1 geweer te skiet. Gaan julle n shoot nader aan Pretoria eendag doen. Lyk na n baie lekker formaat.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 8:02 pm
by Eugene
Smitstertjies wrote:Dankie Eugene. Ek vra maar net want ek het nogals gedink dat dit onregverdig is om met 1 geweer te skiet. Gaan julle n shoot nader aan Pretoria eendag doen. Lyk na n baie lekker formaat.
Vierfontein is naby aan Pretoria, 2 ure se ry. Image

Ons volgende 2 shoots is by Parys, dis die naaste aan Pretoria as wat dit gaan kom.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Tue Feb 07, 2017 9:48 pm
by douw
Eugene wrote:

En Dronkwordspruit is darem nie te vêr van Pretoria af nie ;)

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Wed Feb 08, 2017 6:59 am
by Klopper
douw wrote:En Dronkwordspruit is darem nie te vêr van Pretoria af nie ;)
Hi Douw, Het jy n' geskikte venue by Dronkwordspruit?

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Wed Feb 08, 2017 7:39 am
by Smitstertjies
douw wrote:
Eugene wrote:
Smitstertjies wrote:Dankie Eugene. Ek vra maar net want ek het nogals gedink dat dit onregverdig is om met 1 geweer te skiet. Gaan julle n shoot nader aan Pretoria eendag doen. Lyk na n baie lekker formaat.
Vierfontein is naby aan Pretoria, 2 ure se ry. Image

Ons volgende 2 shoots is by Parys, dis die naaste aan Pretoria as wat dit gaan kom.
En Dronkwordspruit is darem nie te vêr van Pretoria af nie ;)
Vertel my bietjie meer!

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Wed Feb 08, 2017 8:15 am
by swc-tr
Sorry vir die hijack, @ smitstertjies, Middelburg is baie nader. Op 18 Februarie is die MP Superleague by Doornkop skietbaan, jy's baie welkom.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Wed Feb 08, 2017 10:33 am
by douw
Vierfontein is naby aan Pretoria, 2 ure se ry. Image

Ons volgende 2 shoots is by Parys, dis die naaste aan Pretoria as wat dit gaan kom.[/quote]

En Dronkwordspruit is darem nie te vêr van Pretoria af nie ;)[/quote]

Vertel my bietjie meer![/quote]

Ek bedoel: Eugene het gesê dit is 2 ure van Pretoria, en ek reken Dronkwordspruit is darem net so paar kilos van Pretoria af.

Groetnis

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Wed Feb 08, 2017 10:46 am
by LoopSoosStroop
DInk nie die CRF gaan saamspeel voor 4 Maart nie.... :-[

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Mon Feb 20, 2017 10:47 am
by JacquesT (Stompe)
Kom Kerels, daar is nog so paar dae om julle inskrywings deur te stuur. Dit gaan lekker dag wees met nice pryse.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Sat Feb 25, 2017 4:40 pm
by Tal
Vir al die manne wat reeds ingeskryf het vir Saterdag se shoot, die venue het verskuif vanaf Vierfontein na Parys Ballistic Beast skietbaan. Dit is weens die feit dat dit eenvoudig net te nat is en die skietbaan is nie eers bereikbaar nie.

Hierdie is n geleentheid vir die manne wat nie wou Vierfontein toe ry nie! Parys is net om die draai!

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Mon Feb 27, 2017 5:20 pm
by Eugene
Tal wrote:Vir al die manne wat reeds ingeskryf het vir Saterdag se shoot, die venue het verskuif vanaf Vierfontein na Parys Ballistic Beast skietbaan. Dit is weens die feit dat dit eenvoudig net te nat is en die skietbaan is nie eers bereikbaar nie.

Hierdie is n geleentheid vir die manne wat nie wou Vierfontein toe ry nie! Parys is net om die draai!

Manne, daar is nog net plek vir 2 LR Hunter spanne vir Saterdag, dan is ons vol in daai klas met 36 skuts (12 spanne). So as jy nog wil inskryf is vannaand 'n goeie tyd. Ek sal inskrywings hanteer op die basis wat dit inkom en die res gaan ongelukkig in die LR Varmint klas moet skiet..... Daar kan ons nog so paar manne akkomodeer.

Let ook daarop dat daar nie 'n geleentheid gaan wees om Saterdag te zero op 100m nie. Ons het 'n vol inskrywingslys en omdat die skietpunt moet skuif gaan dit nie moontlik wees om te zero nie. Maak dus vooraf seker van jou zero. Ek weet dis ongerieflik, maar dit kan ongelukkig nie anders nie.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Mon Feb 27, 2017 8:19 pm
by Beer (Christo)
Het nou op die ALRHA website geregistreer, maar ek kry nie die Skiet datums vir die res van die jaar nie.

Sal graag wil kom kyk en dalk deelneem op die varmint tabel

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Mon Feb 27, 2017 9:59 pm
by Tal
4 Maart - parys
24 Junie
2 September

Die venue waar die volgende dae is, sal nog bekend gemaak word nader aan die tyd.

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Mon Mar 06, 2017 10:45 am
by Eugene
Manne, dankie aan almal wat ons shoot bygewoon het. Dit was 'n groot sukses en van uitreen was daar geen sprake nie.

Hier is die top 5 uitslae van die dag:

Long Range Hunter klas

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/LRH%201ste%205%20scores_zps5s5rjmfx.jpg

Long Range Varmint klas

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/LRV%201ste%2010%20scores_zpsvfnc4ew6.jpg

Die wenners van die Cold Bore Challenge

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/CBC_zpsgqdg0xx4.jpg

Re: ALRHA Long Range Skietdag op 4 Maart 2017 te Vierfontein

Posted: Mon Mar 06, 2017 11:03 am
by ruaanb
netjies ek sien daar het sommer 'n paar manne die Cold Bore Challenge suksesvol gedoen.