Page 1 of 2

BOSVARK

Posted: Sat Feb 04, 2017 6:39 pm
by Slicktrick
Middag aan almal.

Ek wil graag met julle deel.
Ek het hierdie bosvark geskiet op Riversdale 17 Jan 2017.

Ek het vir so 4 maande rond gevra waar plek is om bosvarke te skiet in die omgewing van Riversdale en Stilbaai, wat nie maklik was nie.
Die 13de Januarie het ek n plek gekry, so 8 km uit Riversdale.
Daar was alreeds n voerplek en platvorm in n groot boom. Die varke het lanklaas n draai daar gemaak.
Die 14de Januarie gooi ek my lekker lokmiddel vir daardie ou vark wat alleen loop of n groot soet tand het. Daardie aand was daar iets op die voer plek maar kan nie sien wat nie, baie klippe op voerplek.
Die 15de het ek gaan sit maar daar het niks ingekom nie, net die beeste wat daar in die kamp is. Voor ek huistoe gaan gooi ek weer daardie lokmiddel van my.
Die 16de het die beeste al die lokmiddel weg getrap. Ek het so ent van daar af gaan loop en gesien dat daar paar plekke is wat die lokmiddel sigbaar is teen die klippe en gras. Daardie aand was daar nie iets op die voerplek nie.

Die 17de na werk maak ek al my goed reg.
Vanaand is die aand.
Op die voerplek het ek so 2kg malasa en koring gegooi en dit toe gepak met groot klippe. Net na 6 uur in die boom.
So teen 10 uur het ek die skape gehoor mal gaan in die volgende kamp, ek het nie iets daarvan gedink nie.

Die beeste het so 100 meter van my af gele en rus, so 10:30 het ek gehoor dat die beeste opstaan en weg beweeg.
Ek het rustig terug gesit en ontspan en gedink wat gaan ek doen as daar wel n vark kom, gaan hy my tyd gee om te skiet.
Ek het my 308 met 150gr pmp SP met n klein flits met rooi lens op my scope, klik en jy het 4 sek om te skiet. Ek het my oe toe gemaak en gedink wat ek moet doen.

Die volgende oomblik hoor ek net klippe rond rol en daardie harde kou van n bosvark wat lekker eet.
Daars nog steeds van die wit lokmiddel op die klippe so ek kon mooi sien waar is die voer is op die grond.
Alles is in lyn en reg, KLIK en daar staan n vark met sy agter kant na my toe, wat nou.
Die tyd staan stil, skiet ek of nie. Ek wil die liggie af sit toe draai die vark om en eet tog te lekker.

Die vark het my so 30 sek gegee, het mooi die kruishaar tussen die oor en die oog geplaas.
Die vark het net daar geval, dis nou net na 11 uur.
Toe ek by die vark kom sien ek eers ek het n problem, ek is alleen en wie gaan die vark laai.
Wel 12:30 is die vark op die bakkie en huis toe.

Die vark het 62,8 kg afgeslag geweeg hy is van kop tot agter die boude 1,250 meter.
Pens het koring miellies pap en vleis in.
Ons het 4,3 kg se vet uitgehaal.
Vark aan die hakke 58.5 kg voor bewerking.

Graag wil ek dankie se aan Niel Macdonald

Re: BOSVARK

Posted: Sat Feb 04, 2017 6:45 pm
by F.L.A.S.H
Baie lekker storie en mooi groot vark, geluk

Re: BOSVARK

Posted: Sat Feb 04, 2017 6:56 pm
by ruaanb
netjies!

Re: BOSVARK

Posted: Sat Feb 04, 2017 9:18 pm
by JPS
Mooi OT daai, geluk!

Re: BOSVARK

Posted: Sat Feb 04, 2017 9:29 pm
by Wanna
Uitstekend man. Bul van 'n vark

Re: BOSVARK

Posted: Sat Feb 04, 2017 9:58 pm
by Apie
Oorlekker!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: BOSVARK

Posted: Sat Feb 04, 2017 10:37 pm
by PierrieT
Pragtige vark daai! Baie geluk!

Re: BOSVARK

Posted: Sun Feb 05, 2017 6:30 am
by Krobb
Dit is n vark en n half. Hy blink eintlik so vet is hy.

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: BOSVARK

Posted: Sun Feb 05, 2017 7:23 am
by DWB
Liewe ouers! Dis ñ ot en ñ 3/4 daai!

Baie geluk

Re: BOSVARK

Posted: Sun Feb 05, 2017 7:36 am
by Apie
Ek dink met n vark soos daai sal jy maklik n motivering kan skryf hoekom 'n 458Lott die ideale vark voorsit geweer is

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: BOSVARK

Posted: Sun Feb 05, 2017 8:02 am
by win270
Groot beloning vir deeglike beplanning en hope geduld, ook nie kop verloor toe jy uiteindelik kans kry om die sneller te trek nie. Baie geluk!!

Re: BOSVARK

Posted: Sun Feb 05, 2017 8:07 am
by Joe13
Baie mooi vark en baie geluk!

Re: BOSVARK

Posted: Sun Feb 05, 2017 8:54 pm
by spekieries
Baie mooi! Baie geluk!!!!!!!!!!!! Ek soek ook een.

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 6:26 am
by Basjan123
Baie geluk dit is n "onc in a lifetime vark." Vertel ons bietjie meer hoe jy die vark alleen gelaai. Dit kan nogal interesant wees!!

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 6:42 am
by sako 30-06
Damn, dis n mooi vark. Baie geluk, nie elke dag wat n mens so monster kry nie.

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 6:59 am
by toelie
Baie geluk met die vet vark

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 8:50 am
by kudu375
Genugtig, wat 'n vark!!

Baie geluk en dankie vir die deel.

mooi dag

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 10:06 am
by Frederik
Baie geluk met prag vark hoop jy het daaran gedink om jou op te stop.

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 12:42 pm
by ThinusD
Baie geluk met jou Vark.
Dis n mooi outjie daai. Jou storie se vir my dit is n trippie wat jy nie maklik sal vergeet nie. Lekker kampvuur verhaal. Goeie werk maat ;D

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 1:58 pm
by Slicktrick
Baie dankie julle.
Die beplanning het vrugte afgewerk net nie gedink dit sal so gou kom nie.
Ja dis n jag, wat ek nooit sal vergeet nie. My "once in a lifetime vark ".

Basjan123
Ek is maar aan die klein kant gebou, dit gaan maar swaar as jy alleen is.
Ek het een van daardie trok ratshids straps met so 2 meter band en so 1 meter rek band
Ek sit die vark so dat hy onder die klap le en dan maak ek die agter pote aan die rekband vas ( agter pote le nou bo op die klap ) en die trok strap agter aan die rollbar. Dan trek ek hom tot hy nie meer wil nie, dan tel jy net die kop op as die pens en ribbes oor die bak gaan trek die rek band die vark op.
Ek het eers na n half uur se gesukkel onthou ek het die bande agter in die bakkie.

Nou soek ek nog net na n spring bok voordat ek weer terug gaan na die noorde toe.

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 2:44 pm
by Basjan123
Haha dit was die rede vir my vraag ek sien jy is aan die klein kant. Ek het netso gesukkel met 'n jong koedoe bulletjie wat my dogter (14 jaar oud) geskiet het. Moes met haar hulp die ding op die Cruiser kry, dit self was 'n anderste storie..... :laugh:

Re: BOSVARK

Posted: Mon Feb 06, 2017 4:35 pm
by Chevvy SS
Bosvarkbouncer wrote:Uitstekend man. Bul van 'n vark
Praat een vark nou van 'n ander vark! :laugh:

Mooi vark, lekker storie!

Re: BOSVARK

Posted: Tue Feb 07, 2017 7:18 pm
by Dweetster
Baie mooi bosvark. Ek het nie gedink jy sal hulle daar kry nie.

Re: BOSVARK

Posted: Fri May 05, 2017 7:38 am
by Jjjbay
Baie mooi vark.. Lyk amper soos ons Oos Kaap varke!

Re: BOSVARK

Posted: Mon May 08, 2017 4:07 pm
by dawiec
ma$@#^ vark die. baie geluk!