Page 1 of 1
Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 12:55 pm
by GreyGhostGear
Hi manne,
Ek ry more oggend baie onbepland op Windhoek toe en lyk my ek gaan Woens/Donderdag gejag kry. Ek weet dit is al hier bespreek, maar wat moet 'n man vinnig vandag doen om my geweer saam te vat. Ek verstaan ek moet 'n uitnodingsbrief van die boer kry en dan 'n tydelike permit by die polisie? Is dit al en hoeveel rondtes mag ek wettig saam vat? Sal ek vandag nog so permit kan kry? Sal waardeer as iemand wat weet kan laat weet, groete,
Petrie.
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 4:48 pm
by Jagtersdok
Petrie van waar af ry jy?
Ek wil pakkie windhoek toe stuur asb
Neels
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 5:20 pm
by Monrique (SJ)
Petrie
Het jy reggekom? Jy mag 100x gelaaide rondtes saamvat per kaliber.
Groetnis
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 5:27 pm
by GreyGhostGear
Hi Neels,
Ek ry van Kaapstad af more oggend so 3uur, sal met graagte vir jou saamvat, maar dit gaan seker nie werk vir jou nie? laat weet maar...
Ek het nou die permit gekry vir geweer. Het genoem aan Polisie dame dat ek by Vioolsdrif in Suid Wes ingaan en by Ariamsvlei terugkom in RSA in, nou sien ek op permit staan "Port of Exit" is Ariamsvlei. dit klink nou vir my sy het dit verkeerd om gekry. Gaan 'n man moelikheid kry by Vioolsdrif as die verkeerde port of exit op permit staan of sal 'n man dit daar kan verander? Sal graag wil hoor van iemand wat al daar deur is, ek stres nou so bietjie oor die besigheid..Lekker aand
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 5:30 pm
by GreyGhostGear
SJ wrote:
Petrie
Het jy reggekom? Jy mag 100x gelaaide rondtes saamvat per kaliber.
Groetnis
Hi Monrique,
Het reggekom ja dankie, maar stres nou dat die Polisie dame die verkeerde "Port of Exit" opgesit het. Beteken daai port of exit, jou "exit" uit hulle land uit of die geweer se tydelike "exit" uit my land uit..confused!
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 5:33 pm
by Jagtersdok
Ai dis jammer.
Ek is in Pretoria, miskien is daar iemand anders wat binnekort gaan van die Rand af wat sal kan help.
In elk geval geniet dit en skiet reguit.
Neels
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 6:39 pm
by JPS
Dok,
Ek sou vlieg op 23ste sal nou seker week of twee later vlieg Windhoek toe.
Is dit te laat? Hoe groot is die pakkie wat moet gaan.
Groete
JP
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Mon Aug 08, 2011 7:41 pm
by GreyGhostGear
Jagmaar wrote:
Hi Neels,
Ek ry van Kaapstad af more oggend so 3uur, sal met graagte vir jou saamvat, maar dit gaan seker nie werk vir jou nie? laat weet maar...
Ek het nou die permit gekry vir geweer. Het genoem aan Polisie dame dat ek by Vioolsdrif in Suid Wes ingaan en by Ariamsvlei terugkom in RSA in, nou sien ek op permit staan "Port of Exit" is Ariamsvlei. dit klink nou vir my sy het dit verkeerd om gekry. Gaan 'n man moelikheid kry by Vioolsdrif as die verkeerde port of exit op permit staan of sal 'n man dit daar kan verander? Sal graag wil hoor van iemand wat al daar deur is, ek stres nou so bietjie oor die besigheid..Lekker aand
Lyk my dan nou daar het nog niemand die jaar oor die grens gaan jag nie

wil ook graag weet en sal waardeer as iemand kan help: het jy by die grens net jou permit nodig of die uitnodigingsbrief ook. my brief is nie geteken nie (inderhaas ge- email vanmiddag), maar die gawe polisie dame het dit so aanvaar. so hou die polisie gewoonlik die uitnodiging of MOET hy saam permit grens toe?
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Tue Aug 09, 2011 2:26 am
by theedge
Sorry maat ek laat my gedagtes nou behoorlik hardloop maar kan nie aan iemand dink wat jou daar kan help nie. Sterkte hoop jy kom reg en jy geniet die jag
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Tue Aug 09, 2011 9:03 am
by Raven
JPS wrote:
Dok,
Is dit te laat? Hoe groot is die pakkie wat moet gaan.
Groete
JP
Die pakkie is vir my, dit moet 200 doppe wees, Dok sal jou kan s? hoe groot die pakkie is.
Ons sal jou laat weet as ons vroeer regkom, aldanie, hou ons in gedagte wanneer jy kom vlieg JP
Dankie
Norton
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Tue Aug 09, 2011 9:20 am
by JPS
Raves,
Geen probleem mater. Ek en Dok het al gePM hieroor as ek my vlugte gereel het sal ek Dok weer PM.
Groete
JP
Re: Vinnige, onbeplande roadtrip op Windhoek toe...
Posted: Tue Aug 09, 2011 9:47 am
by Raven
Ag dankie man
Raven