Page 1 of 5
watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:03 am
by kopskoot
More manne
Ek het gister een van daai Franford tumblers met die s/s stafies aangeskaf.
Ek het voorstelle van allerhande konkoksies gekry, maar ek is nie lus vir Mcgyver speletjies nie, dus my vraag:
Watse skoonmaak middel kan ek gebruik. een wat ek in 'n bottle van die rak af kan koop en in die drom ingooi, saam met water.
luister by die radio
Groete
Ronald
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:28 am
by Ben
Beste wat ek geving het nog is wynsteen suur (tartaric acid) en clean green. saam met lekker warm water
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:30 am
by Pappabeer
Soos Ben sê.
Ek het n lime compound saam met my tumbler gekry wat ook goed werk.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:33 am
by JacquesT (Stompe)
Eks nie seker of mens iets van die rak af kan koop nie. Maar Koop vir jou 'n bottel clean green, gooi 'n pakkie wynsteen of sitroen suur in, skut hom en dis dit.
Nou elke keer as jy wil doppe skoonmaak dan skut jy jou bottel, gooi 'n kwart koppie in saam jou doppe en kook water en S/S, en gaan aan met die lewe.
Ek sal vir jou 'n premix stuur, dan hoef jy nie te mcguyver nie.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:38 am
by Williel
Ek maak ook soos bo voorgestel deur meeste. Waar koop julle manne die clean green? Smaak my ons in Namibia is nog paar jaar agter.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:39 am
by Ben
Ja daai wynsteen suur is op enige checkers of spar rak daar tussen die bak goete....
Dink is R22 vir n pakkie met n paar sachets
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:39 am
by Ben
Williel wrote:Ek maak ook soos bo voorgestel deur meeste. Waar koop julle manne die clean green? Smaak my ons in Namibia is nog paar jaar agter.
Jy kan sunlight liquid ook bebruik!
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 11:41 am
by Williel
Ben wrote:Williel wrote:Ek maak ook soos bo voorgestel deur meeste. Waar koop julle manne die clean green? Smaak my ons in Namibia is nog paar jaar agter.
Jy kan sunlight liquid ook bebruik!
Dankie Ben, dis wat ek wel gebruik saam met tartaric acid, net gedink die clean green is dalk beter.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 12:45 pm
by kopskoot
dankie manne.
Die wynsteensuur. Dit vreet nie aan mens nie?
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 1:05 pm
by Monster
Ek vidn dat my doppies vining weer verkleur nadat ek dit skoon gemaak het maar ek gebruik 'n sonic cleaner en Maba se skoon maak middel. Sal die clean green en wynsteen suur beter werk?
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 1:15 pm
by Capt. Yoda
Cleen G en Mamba se sop is ma selle ding soos wat ek al gesien het, of kom ons se dit werk ma dieselfde
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 1:18 pm
by Viking
1Liter warm water 1 goeie spuit Sunlight liquid en 1 eetlepel Tartaric acid (wynsteen suur)
week jou doppe in die oplossing vir so 15min en jy het splinter nuwe doppe.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 1:37 pm
by Jean Marais
Ek gebruik 1 teelepel sitroensuur (citric acid) 2 teelepels Sunlight skottelgoedseep en 30ml Hornady se Sonic cleaner vloeistof op 2 liter warm water.
Na slegs 45min is die doppe en vlamgatte 100% skoon gewas. Dan spoel ek dit deeglik af met louwarm vars water, en blaas droog met hoë druk lug.
Voor ek dan die doppe weer begin laai, kom ek net die binnekante van die nekke met 'n grafietpoeierbedekte borsel by sodat die koeëls lekker gemaklik geset en vasgehou word in die nek.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 5:33 pm
by JacquesT (Stompe)
kopskoot wrote:dankie manne.
Die wynsteensuur. Dit vreet nie aan mens nie?
Nee wat, jy kry dit tussen die bak produkte in die PnP. Dis eintlik baie "mild" as ek sou moes skat. Engelse naam is tartaric acid.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 6:47 pm
by Gerhardus Nel
Williel wrote:Ek maak ook soos bo voorgestel deur meeste. Waar koop julle manne die clean green? Smaak my ons in Namibia is nog paar jaar agter.
Willie, ek gebruik pine gel van elso saam met n pakkie citro soda.
Groete.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 6:56 pm
by Smitstertjies
Monster wrote:Ek vidn dat my doppies vining weer verkleur nadat ek dit skoon gemaak het maar ek gebruik 'n sonic cleaner en Maba se skoon maak middel. Sal die clean green en wynsteen suur beter werk?
Dit verkleur agv die minerale in die gewone kraanwater, nie die skoonmaakmiddel nie.
Spoel jou doppe af na jy dit uit die tumbler gehaal het met gedistileerde water. Sit sommer n koelboks buite as dit weer reen. Bottel daardie water en spoel jou doppe af. Problem solved!
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Feb 02, 2017 9:32 pm
by dehacked
Williel wrote:Ek maak ook soos bo voorgestel deur meeste. Waar koop julle manne die clean green? Smaak my ons in Namibia is nog paar jaar agter.
Willie ek het laat laas jaar iewers in whk gekry. Kan ongelukkig nie onthou waar. Natuurlik gebruik die huishulp dit toe alles op voor ek dit vir doppe kon gebruik...
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Fri Feb 03, 2017 3:25 am
by Pappabeer
Clean Green is n Wynns produk. Enige motor parte handelaar wat hulle produkte soos injector cleaner ens. aanhou behoort dit te hê. Dis maar op die einde van die dag n degreaser en engin cleaner.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Fri Feb 03, 2017 7:43 am
by Gawie(13mm)
Dewald, op daai noot. Ek gebruik Agrimark se enjin reiniger in my tuimelaar. Loop soos stroop en na 45 minute moet ek my sonbril opsit as ek hul afspoel.
Spoel met skoon kraanwater en dompel in asetoon. Haal uit en skud af. Na 5 minute het die asetoon verdamp en kan jy voortgaan met jou herlaai prosedure.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Fri Feb 03, 2017 1:57 pm
by Jean Marais
Gawie, gebruik jy dit net so onverdun, of verdun jy met water?
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Fri Feb 03, 2017 2:04 pm
by Gawie(13mm)
Jean Marais wrote:Gawie, gebruik jy dit net so onverdun, of verdun jy met water?
50 ml by 'n liter koue water.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Fri Feb 03, 2017 2:48 pm
by Jean Marais
Baie dankie. Gaan ook die een probeer as my sonic cleaner se vloeistof opraak.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Fri Feb 03, 2017 3:31 pm
by FHM
Williel wrote:Ben wrote:Williel wrote:Ek maak ook soos bo voorgestel deur meeste. Waar koop julle manne die clean green? Smaak my ons in Namibia is nog paar jaar agter.
Jy kan sunlight liquid ook bebruik!
Dankie Ben, dis wat ek wel gebruik saam met tartaric acid, net gedink die clean green is dalk beter.
Williel,
ek koop
clean green by "Built It" hier in Tsumeb.
Check jou "Built It" of Cymot
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Fri Feb 03, 2017 4:27 pm
by Witpietskiet
Willie, Agra het gewoontlik ook
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sat Feb 04, 2017 7:12 pm
by kopskoot
Gawie(13mm) wrote:Jean Marais wrote:Gawie, gebruik jy dit net so onverdun, of verdun jy met water?
50 ml by 'n liter koue water.
Gawie, is dit nou die degreaser of die asetoon?