Page 1 of 1
Witzenberg veldskiet 2017
Posted: Tue Jan 31, 2017 11:08 am
by Gian_dP
Is daar nog Jaracal manne wat Saterdag deelneem?
Sal die eerste keer wees wat ek daar gaan skiet. Enigiets spesiaal om van te weet?
Re: Witzenberg veldskiet 2017
Posted: Tue Jan 31, 2017 11:20 am
by THOMAST
Gian, vat water. Ek vries gewoonlik 3/4 bottel water en maak hom vol met gewone water, Dan het jy yswater vir die oggend.
Breƫ rand hoed -
opvou stoeltjie - myne het 'n ingeboude rugsak/koelsak
Sonbrandmiddel
As dit soortgelyk aan laasjaar is, is van die skootvlakke met redelike hoeke afwaarts.
As jy by skietpunt kom, kyk eers hoe die ander manne dit doen, jy kry dalk beter idees.
Ek skat die gonge se afstande en skryf dit neer in my notaboekie. Ek en my seun het dikwels dan afstande geskat vergelyk en 'n gemiddeld gekry.
Sien jou daar!
Re: Witzenberg veldskiet 2017
Posted: Tue Jan 31, 2017 11:22 am
by Gawie(13mm)
Spring Thomas my nou voor. Ek kan maar net be-aam wat hy voorstel.
As die son jou daar alleen vang, steek hy jou dood.
Geniet dit.
Re: Witzenberg veldskiet 2017
Posted: Tue Jan 31, 2017 11:49 am
by Gian_dP
Dankie Thomas/Gawie.
Die ander veldskiete wat ek gedoen het was maar almal redelik "plat", klink of die hellings interesant gaan wees! Het laasjaar by Wynland in selfse groep as Andre (dink Volschenk) geskiet-baie geleer oor afstand skat en sy benadering tot die gongbane. Hopelik kan ek dit hierdie keer toepas!