Page 1 of 1
Chrony Probleem! Help asb
Posted: Sun Jan 29, 2017 12:14 pm
by jacques85
Middag manne. Ek het so tydjie terug n chrony alpha model by n ou op guntree gekoop. Hy het die eerste 2x kere mooi gewerk sonder enige probleme. Die laaste 2x kere wat ek op baan was bly ek aan mekaar n 88:88 error kry en geen spoed lesing word verkry nie. Ek reset hom aanmekaar maar bly dieselfde doen. Ek het ook seker gemaak hy is 100% in lyn en regop. Ek het al sy manual gedownload en kry geen inligting daaroor nie. Ek het al nuwe skyscreen probeer en n nuwe battery.
Het iemand al so iets ondervind?
Groete
Jacques
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Sun Jan 29, 2017 6:12 pm
by tripodmvr
Sien nie so "error code" nie. Kyk hieronder en probeer hulle kontak.
http://www.shootingchrony.com/manual_bg.htm
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Sun Jan 29, 2017 6:31 pm
by Banzo
Wys hy heeltyd die fout boodskap of net na 'n skoot deur is?
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Sun Jan 29, 2017 8:10 pm
by jacques85
Banzo wrote:Wys hy heeltyd die fout boodskap of net na 'n skoot deur is?
wys dit net as skoot deur gaan. het gister hom gelos en toe ek n 2de skoot skiet toe gee hy n lesing en daarna weer dieselfde oor en oor.

Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Sun Jan 29, 2017 9:51 pm
by Alwin
Kyk of die sensortjies mooi skoon is. Daar mag stof op die glas lê. Jy kan met 'n oorstokkie en alkohol deur die gleufie bykom, of die swart kissie oopskroef en hulle mooi bykom. Hoop dit help?
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Mon Jan 30, 2017 6:55 am
by Edu
Sit jy hom nie dalk te naby aan die tromp nie? Is hy tenminste 5 meter weg?
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Mon Jan 30, 2017 7:39 am
by jacques85
sal die skoon maak probeer. Hy is defnitief 5meter weg. daarvan ook saterdag seker gemaak.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Mon Jan 30, 2017 9:12 am
by tripodmvr
Jacques, stuur aan die vervaardigers 'n epos. Die Yanks is baie gesteld op klientediens en sal graag help.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Mon Jan 30, 2017 9:57 am
by jacques85
tripodmvr wrote:Jacques, stuur aan die vervaardigers 'n epos. Die Yanks is baie gesteld op klientediens en sal graag help.
het dit ook vanoggend gedoen. wag op hulle antwoord.
baie dankie
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Mon Jan 30, 2017 5:22 pm
by Alwin
tripodmvr wrote:Jacques, stuur aan die vervaardigers 'n epos. Die Yanks is baie gesteld op klientediens en sal graag help.
Ek dink hulle is Kanadese. Adres is by Ontario.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Mon Jan 30, 2017 6:04 pm
by tripodmvr
Alwin Fleischmann wrote:tripodmvr wrote:Jacques, stuur aan die vervaardigers 'n epos. Die Yanks is baie gesteld op klientediens en sal graag help.
Ek dink hulle is Kanadese. Adres is by Ontario.
Moet dan seker seg halwe Yanks. Is darem dieselfde vasteland.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Tue Jan 31, 2017 7:19 am
by jacques85
hulle het my geantwoord met slegte nuus
"Hello,
LCD Reading 8888 the LCD is broken, this happened to the older version of the electronics after years of not being properly stored.
I spoke to the technician, and he says the only way he can see if the LCD can be replaced is to know how old the unit is. If its over 10-12 years, the new LCD will not work with your unit.
Mandy"
Ek glo nie my chrony is ouer as 10-12jaar nie. Ek het hulle nou gevra hoe kan ek kyk hoe oud hy is en of ek die LCD kan vervang.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Tue Jan 31, 2017 8:14 am
by Cobus(Cobb)
Ek dink die ou op GUNTREE het jou vir 'n hasie gevat....
Cheers
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Tue Jan 31, 2017 8:36 am
by jacques85
Cobus(Cobb) wrote:Ek dink die ou op GUNTREE het jou vir 'n hasie gevat....
Cheers
kan wees. maar soos ek se hyt 100 gewerk die eerste 2x kere wat ek hom gebruik het. die ding is hy neem 10 teen een n lesing maar kan die nie wys op sy skerm nie. Ek weet van die chrony modelle het n aparte lcd wat indruk by die chrony en op die tafel kan le by jou as jy skiet. weet iemand dit kan werk op my alpha chrony? anders sal ek die LCD moet vervang. Dis darem nie so duur nie en sal dit moet doen as daar nie n ander uitweg is nie.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Tue Jan 31, 2017 8:41 am
by Cobus(Cobb)
herverkoop hom, maar se net........ shorts attention, dan is jy eerlik en kan die koper weet wats wat....
bel ook sommer vir PitSmit....die man fix lekker sulke elektronies goetters
Cheers
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Tue Jan 31, 2017 3:52 pm
by Alwin
jacques85 wrote:hulle het my geantwoord met slegte nuus
"Hello,
LCD Reading 8888 the LCD is broken, this happened to the older version of the electronics after years of not being properly stored.
I spoke to the technician, and he says the only way he can see if the LCD can be replaced is to know how old the unit is. If its over 10-12 years, the new LCD will not work with your unit.
Mandy"
Ek glo nie my chrony is ouer as 10-12jaar nie. Ek het hulle nou gevra hoe kan ek kyk hoe oud hy is en of ek die LCD kan vervang.
Die ouer model F1 gebruik 'n generiese horlosie LCD skerm. Dit moet 'n 4-syfer (nie 3,5 syfer nie) 12,7mm (1/2") 16-pen skerm wees. Ek het lank terug ene by 'n indiër winkel in Pta gekoop, maar die winkel is nou toe. As jy so ene kan opspoor, stel ek ook belang in 'n spaar skerm.
Die feit dat die Chrony soms 'n lesing gee en soms 8888 lees, laat my dink dis iets anders wat kort. Laat iemand eers kyk. Dalk net 'n swak konneksie eiwers.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Tue Jan 31, 2017 9:08 pm
by jacques85
sal bietjie kyk. ek het gelukkig nog sy boks en al sy goodies. sal serial afneem en instuur. dalk kan hulle se hoe oud hy is.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Wed Feb 01, 2017 6:18 am
by Apie
jacques85 wrote:sal bietjie kyk. ek het gelukkig nog sy boks en al sy goodies. sal serial afneem en instuur. dalk kan hulle se hoe oud hy is.
As hy bly moeilikheid gee.
30 clicks af
Vuur!
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Wed Feb 01, 2017 7:49 am
by jacques85
hahah op die oomblik klink dit na n plan dan moet santam maar hoes sodat ek sommer klaar n magneto kan koop!
ek het nou vir hulle fotos gestuur om te bevestig watse model myne is. Ek twyfel dat die die ou model is want n vriend van my het ook so een gehad en hulle het identies gelyk en syne was n jaar oud. Die parte se kostes is nie so rof nie en maak dit die moeite werd om dit te vervang. die probleem kom as ek hom vir hulle moet stuur want dit maak dit ekonomies nie die moeite werd nie. (30 clicks hier kom ek...xD)
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Wed Feb 15, 2017 1:14 pm
by jacques85
net n update. het gister weer chrony by n pel getoets en sommer met n .22 magnum deur hom geskiet. ons het sy sensors mooi skoon gemaak en viola!

Ek dink meer dit is die son wat te swak was toe ek geskiet het met hom maar dit lyk my die probleem is opgelos. gaan saterdag weer baan toe en sal dan weer toets.
Re: Chrony Probleem! Help asb
Posted: Wed Feb 15, 2017 1:52 pm
by Alwin
jacques85 wrote:net n update. het gister weer chrony by n pel getoets en sommer met n .22 magnum deur hom geskiet. ons het sy sensors mooi skoon gemaak en viola!

Ek dink meer dit is die son wat te swak was toe ek geskiet het met hom maar dit lyk my die probleem is opgelos. gaan saterdag weer baan toe en sal dan weer toets.
Dis 'n plesier!
Wonder net hoekom dit jou 2 weke gevat het om hom skoon te maak...