Page 1 of 1

Goeienaand!

Posted: Fri Jan 27, 2017 8:45 pm
by Spartan
Ek is baie vertel van hierdie forum, toe het ek maar besluit om self te kom kyk wat hier gebeur.

So stukkie oor my en my passie vir vuurwapens en teleskope:

Ek het al baie bosveld en vlakte jag gedoen en het 'n groot passie vir gewere en teleskope. Meer as wat my vrou eintlik van weet. :laugh:

Ek het oor 'n tydperk 'n klompie wapens al opgebou, en het probeer om elke moontlike situasie te dek met die regte kaliber. Vanaf 'n windbuks tot 'n Glock, to 'n voorlaaier, tot 'n 375 H&H vir die groot jag pogings, tot 'n 338 Lapua Magnum vir die Ultra Long Range geleenthede, tot 'n 6.5x284 Norma vir die lekker teiken vêrskiet geleenthede, en nog so ander paar wat elke moontlike situasie kan dek. >:+

Ek hou daarvan om verskillende teleskope te probeer, so as iemand terugvoer soek oor 'n Tasco, of 'n Lynx, of 'n Weaver, of 'n Nikon, of 'n Sightron, of 'n Zeiss, of 'n Vortex, of 'n Nightforce, kan ek goeie terugvoer probeer bied uit persoonlike ervaring.

Dis al vir nou kêrels, julle weet al klaar meer as wat my vrou weet. :laugh:

Groetnis.

Re: Goeienaand!

Posted: Fri Jan 27, 2017 8:52 pm
by Heinz Petersen
Welkom spartan. Sien jy weet al klaar n klomp goed. Nou moet jy net nog vir ons vertel vanwaar jy is en wat jy soggens vir ontbyt eet :)

Re: Goeienaand!

Posted: Fri Jan 27, 2017 9:16 pm
by Spartan
Dankie Heinz. Ek is vanaf "wonderlike" Johannesburg, en ek eet elke oggend Corn Flakes. :laugh:

Re: Goeienaand!

Posted: Fri Jan 27, 2017 9:27 pm
by PWV
Welkom, Spartan.
'n Indrukwekkende arsenaal wat jy het!
Ek wed jou daar is van die goed waarmee jy 10 jaar laas geskiet het!

Re: Goeienaand!

Posted: Fri Jan 27, 2017 9:33 pm
by Spartan
Jong, mens kom nie aldag by al die goed uit nie. Maar dis ook lekker net om vir hulle te kyk ook! :) LoL

Re: Goeienaand!

Posted: Fri Jan 27, 2017 10:01 pm
by joe rocket
Welkom Spartan lekker klompie roere wat jy het. Vertel vir ons bietjie van die nightforce nxs, shv, Zeiss conquest en die Sightron SIII. Watter een se glas is vir jou die helderste? Watter een verkies jy en hoekom? Jy kan sommer n nuwe draad begin onder teleskope. Ok jy kan nightforce doen maar slegs objektief want as ek na jou avatar kyk gaan jy partydig wees.

Re: Goeienaand!

Posted: Sat Jan 28, 2017 5:43 am
by neef
Welkom lekker paar besems wat jy het, hoop jy gesels lekker saam

Re: Goeienaand!

Posted: Tue Jan 31, 2017 2:10 pm
by dawiec
welkom Spartan!

Re: Goeienaand!

Posted: Tue Jan 31, 2017 3:06 pm
by Plaashaas
Welkom Spartan

Vertel ons eerder hoe sneak jy die nuwe roere in, en watvertel jy vir mamma oor wat hul kos.

Persoonlik vat ek maar `n lee sak uit die huis uit en bring `n vol een terug. Mamma kom niks agter nie.

Geniet dit hier.

Re: Goeienaand!

Posted: Tue Jan 31, 2017 3:17 pm
by JuanVE
Welkom, sal ook graag wil weet hoe jy by ma verby kom om nog 'n roer te koop.

Re: Goeienaand!

Posted: Tue Jun 13, 2017 8:31 am
by Vlakvark Soldaat
Welkom!

Ek slaap ook in daai bed... Mamma weet ook nie van al die roere ens nie. Soms makliker om jammer te se as om toestemming te vra...