Page 1 of 1
vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Thu Jan 26, 2017 11:29 pm
by Beer (Christo)
Ek het Sako 85 Kodiak 375h&h raakgeloop en will die bg teleskoop opsit.
Dit is blykbaar beskikbaar in 1" of 30mm buis.
Ek vra graag opinies oor watter een ek moet kies. Die 1" behoort ligter te wees? Die 30mm het seker meer interne verstelling, maar dit gaan nie nodig wees, want ek beplan om te kruishaar te gebruik vir 'holdover'.
Wat reken julle?
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Fri Jan 27, 2017 6:05 am
by Gustavroux
As grootwild soos buffels wel op jou toekoms planne ia, so ek na nog kleiner laer vergroting toe beweeg. Maar die teleskoop wat jy na verwys met 30mm tube is baie goed, ek gebruik 2, net met ander kruishare.
Gebruik van geweer sal bepaal watter vergroting. Maar in ruig bos, agter wild aan verkies ek kleiner vergroting of geen.
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Fri Jan 27, 2017 8:43 am
by Beer (Christo)
Ek het darem 'n 458 Lott vir my buffel planne.
En ek beplan in elk geval QR mounts, net vir ingeval. Ek verkies groter vergrotings vir my oe.
Wat ek presies will weet is of die 30mm enige voordeel gaan gee bo die 1". Die 30mm sal seker effens swaarder en bulky wees?
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Fri Jan 27, 2017 8:50 am
by Geno
30mm is meer rigied as die 25mm buise, so teoreties is dit 'n sterker konstruksie.
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Fri Jan 27, 2017 9:08 am
by Wouter Roets
Christo
Daai 25mm buis is al wat jy nodig het. As jy hom stukkend geskiet kry sal jy basies een van die eerste manne wees wat dit regkry. Die 30mm model het ook parralaks verstelling en ek het nog nooit op enige van my 4.5-14 teleskope die nodigheid daarvan vir n jag teleskoop gehad nie.
Groetnis
Wout
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Fri Jan 27, 2017 12:49 pm
by Beer (Christo)
Dankie vir die terugvoer
Ja die plan is om dinge so eenvoudig mootlik te hou op my jaggewere in terme van paralaks verstelling en "dialing turrets", etc. Jag nou al so ruk met 'n vriend wat met net met holdover tipe kruishare skiet - hy ken dit goed en dit werk vinniger as om te dial, en hy skiet raak.
Vir die 375 dink ek die B&C kruishaar gaan mooi loop vir die 200m+ skoot so af en toe
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Sat Jan 28, 2017 1:07 pm
by spekieries
Paralaks op 'n bosveld geweer is "Saad van die muishond". Soos die tyd aanstap glo ek al hoe mer aan die KISS beginsel. "Keep it simple stupid"
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Sat Jan 28, 2017 6:40 pm
by twinhunter
Ek sal ook defnitief vir die 1" buis gaan vir die dood eenvoudige rede dat jy nie paralaks hoef te stel nie en dat jy op die kruishaar gaan skiet. Soos Wouter sĂȘ daai goed is bitter taai en hulle dra defnitief 'n lewenslange waarborg.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: vx-3 4,5-14x40 silver boone & crocket 1" of 30mm
Posted: Sat Jan 28, 2017 6:41 pm
by twinhunter
My persoonlike keuse sal ook defnitief die B&C kruishaar wees ek gebruik dit op my .416 en dit werk bitter lekker.
Sent from my iPhone using Tapatalk