Page 1 of 1

6.5x47 Lapua

Posted: Tue Jan 24, 2017 1:17 pm
by Nel338
Ek het 6.5x47 Lapua gebou en het geen herlaai data nie. Ek het Lapua dope, CCI BR primers en 123gr Lapua punte. Die loop is 1-8 twist 28".

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Tue Jan 24, 2017 1:39 pm
by Frikkie Coetzee
Wat is jou loop lengte?

Ek het nie die 123 gr Lapuas geskiet nie maar wel die 123 gr Noslers. Loop is 24.9" en my lading is 40.2 gr S365 vir 2815fps. Daar is n hoor node maar jou dopvulling raak te vol. jou dopvulling is klaar op 102 % S355 gee laer dopvulling maar spoed is ook rondom 2770 fps

Ek persoonlik verkies die S365 ladings met swaarder koeels en skiet die 130 gr Norma koeels met 40,3 gr vir n spoed van 2795 fps. Druk is op 50 690 psi maar jou dopvulling gaan nie die hoor node toelaat nie

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Tue Jan 24, 2017 3:26 pm
by Bushpig7
Nou my derde 6.5 x 47 aan die skiet

vir 123 gaan ek liever vir S355

Begin hier by 38.5 gr dit gaan naby aan laer node wees

Kan ook 40.1 tot 40.3 vir hoer node probeer

Skiet eers laer lading om te Fireform

Gebruik hoer lading in Gevormde doppe

jy behoort so 2980fps met 123 te kan kry

Welcome to a beautiful Calibre

Groete
Bushpig 7

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Tue Jan 24, 2017 7:42 pm
by Frikkie Coetzee
Bushpig is goed om te weet. Ek stem dat S355 beter werk met die ligter koeels.

Met 130 en die 140 is my ondervinding dat S365 beter werk. Wat jy se is belangrik om eers op laer node te fireform. Ek kan nie die hoer node se kruit in n virgin dop kry nie.

Nog bietjie advies. Gebruik n drop tube om jou lading beter te settle en dus meer kruit in dop te kry. Tans gebruik ek lot 81 in my geweer en hy is redelik spot on met QL.

Dis n lieflike kaliber en ek gaan nou my 2 de een bou as n kort afstand geweer vir Bisley. Daar is seker beter kalibers maar vir 3,5 en 600 m skiet hy beter wind as die 6 XC.

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Wed Jan 25, 2017 11:07 am
by Bushpig7
Hallo Frikkie

Ek het nou baie lekker tot op 1000m met myne geskiet met 123 Nosler Custom. Ek point die Custom competitions en dit verbeter sy "BC" (ek moet BC in balistic calculator verander dat hy reg werk)

6.5 x 47 bly maaklik by Creedmoor en 260 op langer afstande. Tot op n 1000 het hy minder verstelling nodig gehad as die 338 Lapuas met 250 gr punte by ons lang skiet 14 Januarie 2017

Bushpig 7

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Wed Jan 25, 2017 1:34 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het gekyk na die Sabattis. Mooi gewere maar ek voel dat die kalber nie tot sy reg kom met n 26" loop nie. 28" is beter en kry mens n lekker spoed op n node.( OK ek soek so bietjie spoed vir langer afstande). Ek dink om die geweer as n taktiese geweer te bemark soos hulle doen, sou hy beter tot sy reg gekom het met die langer loop. Hulle maak wel n Sabatti met n 28" loop maar ek het nog nie te koop gesien nie
Dalk kom nuwes in met langer loop?

My loop moes ons sny op 24.9'duim ongelukkig. Was eers n 6.5.-284 gewees op n Bisley geweer. Ek sal nie weer so kort gaan nie.
Ek weet Hein Kok skiet syne met n kort loop, dink23" en hy is tevrede. Vir jag is kort loop nie so groot issue nie.

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Wed Jan 25, 2017 1:43 pm
by Hein (Haan)
Soos Frikkie se dis n lieflike kaliber, ek skiet net 140gr koeels uit die kort loop uit.
Sal my volgende loop weer dieselfde lengte gaan, enigste nadeel is dat die ligter koeels nie volgens my so goed soos die 140gr koeels doen met die loop lengte nie.As ek 123gr koeels wil skiet sal die langer loope weer beter werk.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Wed Jan 25, 2017 3:32 pm
by Capt. Yoda
Hein (Haan) wrote:Soos Frikkie se dis n lieflike kaliber, ek skiet net 140gr koeels uit die kort loop uit.
Sal my volgende loop weer dieselfde lengte gaan, enigste nadeel is dat die ligter koeels nie volgens my so goed soos die 140gr koeels doen met die loop lengte nie.As ek 123gr koeels wil skiet sal die langer loope weer beter werk.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Manne en daai ding skiet

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Thu Jan 26, 2017 8:09 am
by Bushpig7
Hallo

In my opinie worry ons te veel oor spoed.

Die spoed BC balans en accurate lading is belangrik As die balans uitgaan werk niks nie.

Vir tactical shoots gebruik ons scopes wat stel. Leer hom ,stel hom skiet.

6.5 x 47 het mooi maniere en n mens kan jou impacts sien, dan compensate n ou.

Groete
Bushpig 7

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Thu Jan 26, 2017 8:15 am
by Arnold
As mens die afstand begin rek raak al die dingetjies baie belangrik!

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Thu Jan 26, 2017 9:22 am
by Nel338
Baie dankie vir al die inligting. Ek het die geweer klaar aanmekaar gesit. Ek het die kamer baie tight gesny met n match reamer so ek glo nie die doppe gaan teveel werk nie. Ek het n Forster BR dieset ingebring vir die geweer. Ek bou baie selde sulke kleing kalibers. Die 6.5 is vir my vrou. Ek bou meestal bigbore gewere. Hulle is nie so vyngevoelig nie.

Re: 6.5x47 Lapua

Posted: Thu Jan 26, 2017 4:36 pm
by Frikkie Coetzee
Arnold wrote:As mens die afstand begin rek raak al die dingetjies baie belangrik!
Ek stem saam Arnold. Bushpig soos ek se vir algene jag maak n kort loop en bietjie minder spoed nie so erg saak nie MAAR as jy begin met staal skiet /jag/teikenskiet op langer afstande ( anderkant 300m) maak spoed wel n verskil. In ernstige kompetisie kan jy nie skiet en kompenseer nie enis first round hits baie meer belangrik om kompeterend te wees. Hoer BC en hoer spoed alles anders gelyk, gee verseker n edge. Jou marge met windskatting raak meer vergeeflik.

Ek wou n Creedmoor bou. Ludwig het my omgepraat na die x47. Die deurslag toe was maar Lapua doppe. Die Creedmoor gaan baie gewild nog raal met die Lapua doppe wat kom want die x47 kan hom net nie vang nie. Weereens my aanwending is anderkant 300 m. Wat my deurslag was is dat ek n kort aksie tot my beskikking gehad het en die lang VLD koeels verseker in die magasyn sou pas en Lapua doppe. Die 260 sou vie lang VLD koeels moes enkel gevoer word ( dis n Howa 243 aksie wat ene mnr 13 mm sy loop glad geskiet het)die Creedmoor kan dalk nie die selfde probleem he nie maar die Lapua doppe het my kop geswaai. As ek kyk na die topics oor gerekte primer pockets dink ek my keuse was geregverdig.

Die x47 gaan myns insiens n nis geweer bly en sy gewildheid word ingeperk deur die Creedmoor. Ek sal ook nie verbaas wees as die creedmoor later die x47 heeltemal uit die mark uitdruk nie.

Die x47 is nie die ideale lang afstand geweer nie. Maar dan ook so oook nie die 6.5-284 nie. Swaar hoe BC koeels dra die ding op lang afstand

My 6.5x47 s n jaggeweer met n 24.9 duim loop. Ek wil n blesbok met hom skiet opnie meer as 500m nie as ek sou wou. Ek het die toetse oor en oor gedoen. Die ligte koeels in my geweer is ontoereikend ander kant 600 m. Ek gaan nie gemaklik n node kry met aanvaarbare dopvulling bo 2820 in y geweer nie. Dit was nooit my doel om my 6.5 Ingwe te vervang nie.

Die x47 is n baie akkurate medium afstand medium gewig kaliber wat potensieel lang looplewe kan gee. Eer hom lief kry vir wat hy is.