Page 1 of 1

Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 9:59 am
by Witlomu
More julle,

N pel van my het nou die aand gaan roep, niks gehoor of gesien nie. Hy het nou al n paar keer by hom geroep en niks gekry nie. Hoor ook niks. Maar hy verloor skape, 2 tand ooie. Sekerlik as dit n trop jakkalse was sou hy tenminste een raak gelig het, n jonge ingeroep het of iewers een gehoor het? Hy stuur gister vir my die foto waar hy op die 2 tand ooi afgekom het, hy was slegs vir 2ure nie in die kamp gewees nie en dit is wanneer sy gevang is. Kan iemand vir my se of dit wel jakkalse is? Daar was al tevore n bruin hyena gesien by buurman.

Re: Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 12:16 pm
by Friedland
Is dit nie dalk lokasie brakke nie?

Re: Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:00 pm
by Witlomu
Ek ook gedink dit is honde maar dit is 50km van die naaste dorp af en hulle volk het nie honde nie.

Re: Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:06 pm
by Geno
Lyk vir my half katterig...
Het hy die vel by die nek afgeslag om te kyk vir bytmerke?

Re: Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:28 pm
by wlm
Stem met Geno. Bytplek op die nek lyk laer as wat jakkals sou byt en die vreet op die blad is kat se manier.Hond skeur meer. As dit honde was sou meer diere gebyt gewees het. Daar sou ook pluise wol, bytplekke aan die agterstewe en gesig gewees het.Honde jag ook die hele trop rond so jou vriend sou dit beslis agtergekom het.

Re: Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:30 pm
by Geno
Kat is ook lief om die pens uit te haal.

Re: Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:32 pm
by wlm
Geno wrote:Kat is ook lief om die pens uit te haal.
Jip, maak nie saak of dit 'n skaap of 'n muis is nie, 'n kat vreet nie pensmis nie.

Re: Wat vang so??

Posted: Tue Jan 24, 2017 3:58 pm
by Witlomu
Baie dankie vir die raad manne, wat julle se maak baie sin! Sal die inligting vir hom deur gee, dit sal ook vduidelik hoekom hy nie die jakkies hoor of sien nie. Daar is baie katte in die omgewing, ek het net nie besef hulle sleep die pens uit nir gedink hulle los hom binne.

Groete,