Page 1 of 1

Gecado Model 25

Posted: Mon Jan 23, 2017 8:20 am
by Stephan86
Hoop iemand sal my dalk kan help.

Ek het die bogenoemde windbuks en wil graag die veer en velletjie op die outjie wil vervang. Weet jul dalk van 'n betroubare persoon wat my sal kan help. Verkieslik in Pretoria

Re: Gecado Model 25

Posted: Mon Jan 23, 2017 9:45 am
by Viking
Stephan,

Die Gecado25 is blykbaar dieselfde as Diana 16 = in dieselfde fabriek gemaak!

Om die seël te vervang is eenvoudig, maar die spring saamdruk om die pen uit te haal is waar ouens vingers en hande seermaak.

As jy die spring uit het kan jy die deursnee van jou silinder meet en die regte "plunger" kry om dig te sluit en goeie druk te verseker.

Maak vir jou die volgende gereedskapstuk om die spring terug te druk en die pen maklik te verwyder.
Spring tool.jpg
Spring.jpg
Sterkte!

Re: Gecado Model 25

Posted: Mon Jan 23, 2017 9:48 am
by Stephan86
Baie dankie Viking. Ek dink nou dit kan lekker wees om dit self te doen. Ek sal dalk 'n youtube video of twee ook nader trêk.

Re: Gecado Model 25

Posted: Tue Jan 24, 2017 6:42 am
by Giepie
Ek het 'n model 27. As ek reg onthou het ek by Thinus van Wyk, in Centurion by Formalito, 'n ander veer en velletjie gekry. Skiet baie lekker.

Onthou nou, ek het by Mze in Johannesburg reggekom. Hy het groot voorraad. Die veer wat ek by Thinus gekry het was te dik.