Page 1 of 1

Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 10:49 am
by Boersonderroer
Ek het hulp nodig met my Howa 204 Ruger asb.
Geweer details: Howa Stainless Bull Barrel 609mm
Hornady doplengte: 46,70mm
Hornady 32gr V-Max (16,30mm)
CCI No400 Small Rifle Primer
Somchem S335 Lot#715 (16) 0.9%
Chrony is 5m weg

Ek het die volgende resultate gekry
Met 24.8gr S335 en TPL 58.5mm kry ek met 3 skote 'n gemiddeld van 3188vps.
Met 26.5gr S335 en TPL 58.4mm kry ek 3503vps

Met hierdie data bereken ek toe dat ek met 27.2gr en TPL 58.4mm op 'n node 1.020 sal wees by 3602vps.
Ek kry toe in werklikheid 3724vps.
Ek sukkel om my BRF korrek te bepaal. As ek die data vir 27.3gr in QuickLoad invoer moet ek die BRF 5291 maak om die' spoed te kry. As ek 26.5gr gebruik is die BRF 5038 om 3503vps te kry.

Volgens my berekeninge moet ek nou 28.9gr laai om op node 0.895ms te wees met 'n spoed van 3955vps.

Kan iemand asb help, daai is 'n compressed load en lyk gevaarlik.
Baie dankie byvoorbaat

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 10:55 am
by tripodmvr
Dopvolume en maksimum TPL asb.

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 11:27 am
by Boersonderroer
tripodmvr wrote:Dopvolume en maksimum TPL asb.
Aaai dit vergeet
dopvolume is 32,98gr en maks TPL is 61.11mm

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 11:44 am
by tripodmvr
My syfers van 2012 gebruik vir S335.

Node 3
26,8gr vir spoed van 3560vps (Trompspoed. -15 op chrony)

Node 2
29,4gr vir spoed van 3902vps (Druk 56K psi). Hier sal ek versigtig oplaai synde jy reeds snaakse spoedtoenames gekry het. Gaan jou skaal na en probeer eers van 11 na 13h00 spoedlesings te neem.

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 11:58 am
by Boersonderroer
Baie dankie ek sal eers die laer lading probeer en kyk hoe hy groepeer hy.
Ek het my skaal met verskeie koeels getoets en hy lyk OK

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 12:02 pm
by Hansieslim
Sjoe...Jammer ek meng in hier Oom tripod. Ek sal bang wees vir daai 29.4gr lading. My en Boersonderroer se data is naby aanmekaar (ek gebruik wel nog Lot 714/15 van S335). Ek kry daai nodespoed van ongeveer 3900fps al reeds hier naby 27.0-27.2gr en my TPL is ook 58.5mm, maar my dopvolume is 32.7gr.

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 3:08 pm
by tripodmvr
Hansieslim wrote:Sjoe...Jammer ek meng in hier Oom tripod. Ek sal bang wees vir daai 29.4gr lading. My en Boersonderroer se data is naby aanmekaar (ek gebruik wel nog Lot 714/15 van S335). Ek kry daai nodespoed van ongeveer 3900fps al reeds hier naby 27.0-27.2gr en my TPL is ook 58.5mm, maar my dopvolume is 32.7gr.
Het my aanbeveling nou na rooi verander. Ek het gesien dat 'n geringe toename in lading 'n baie groot spoedtoename getoon het. Daarom die maning om stadig op te laai en die spoed dop te hou. Jou kommentaar versterk dan my vermoede - lyk my die laaste lotte van Somchem se dryfmiddles begin nou hierdie nonsens toon as dit oor 50K psi gaan. S365 doen dit gereeld in 243, 25-06 en 270.

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Jan 22, 2017 6:01 pm
by Hansieslim
Dankie Oom. Nou kan die Kapenaars darem nie sĂȘ ons Transvalers gee nie om nie.

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Sun Feb 05, 2017 3:37 pm
by Boersonderroer
tripodmvr wrote:Node 3
26,8gr vir spoed van 3560vps (Trompspoed. -15 op chrony)
Hallo oom
ek het 26.8gr geskiet en my gemiddeld vir 3 skote was 3626vps. Ek het 13h00 geskiet en die temperatuur was 21 grade. Die groepie lyk goed. Ek krap baie kop oor die BRF , as ek hom so hou en 36.6gr gooi behoort ek by 3600vps vir 'n looptyd van 1.022ms te kry.
Of sit ek die pot mis?

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Mon Feb 06, 2017 5:09 pm
by Hansieslim
Ek hoop jy bedoel 26.6gr en nie 36.6gr nie. Ek hou van jou comments, maar ek gaan jou mis as jy 36.6gr gaan inforseer.

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Wed Apr 26, 2017 5:25 pm
by Boersonderroer
Ek het uit eindelik weer met die 204 geskiet. Ek het 27.8gr gelaai en spoed van 3805fps gekry. Volgens my berekenings moet ek 28.5gr laai om op node te wees by 3948fps. Druk volgens QL is 54664.
Ek wil net 100% seker maak voor ek myself opblaas of ek vir 28.5gr gaan en of ek eers 28.2gr moet laai om te sien wat die spoed daar lees.

Hulp sal baie waardeer word.
Dankie byvoorbaat

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Wed Apr 26, 2017 9:41 pm
by tripodmvr
BSRoer. Die nodespoed gaan gering verander as die BRF wysig. Jou mikpunte is nog steeds 3560vps en 3900vps. Vir 3560 behoort 26,3gr jou dan nader te kry. Met 28,5gr behoort jy dan 3906vps te kry.

Re: Quick load hulp met 204 asb

Posted: Thu Apr 27, 2017 7:34 am
by Armand Steenkamp
Boersonderroer , ek ken die kaliber nog nie goed nie, maar ek sou daai 3900 node bekruip het. Ek sou eers 28gr laai, dan 28.2 dan 28.5.. Terwyl ek maar kyk vir n slot wat moeilik lig of plat primers. Maar ja daai 3900 lading sal heeltyd speeltyd wees as hy werk. Sterkte.

Groetnis