Page 1 of 1

Indian Mynah

Posted: Sat Jan 21, 2017 6:55 pm
by tripodmvr
Kyk hoe parmantig kan so mynah wees.

https://youtu.be/utLb3WeX6uY

Re: Indian Mynah

Posted: Sat Jan 21, 2017 8:10 pm
by PWV
Dis nou voële wat baklei en dis nie altyd die groot voël wat wen nie! :o

Re: Indian Mynah

Posted: Sun Jan 22, 2017 6:27 am
by honda2
Dis die rede hoekom mense die goed so haat... Skiet hulle!!

Re: Indian Mynah

Posted: Sun Jan 22, 2017 3:13 pm
by spekieries
Die indiese pes boks definitief bo sy gewigklas. Dit is hoekom hy inheemse tuinvoëls verdryf. Die gemors moet net 'n .177 loodpilletjie op die regte plek kry.

Re: Indian Mynah

Posted: Sun Jan 22, 2017 4:46 pm
by tripodmvr
'n 5,5mm werk nog beter. Kon Vrydag skree - Da #$#hy!!!!!!!!

My nuwe PCP het bloed geproe. Soos die Ingelse seg - I put him down emphatically

Re: Indian Mynah

Posted: Sun Jan 22, 2017 8:45 pm
by spekieries
Punte Driepoot, laat hulle sneuwel!

Re: Indian Mynah

Posted: Mon Jan 23, 2017 11:44 am
by RUPERT
Ek skiet so nou en dan een of twee en spyt hom vol formaleen. Druk n welding rod in sy kazose en gebruik hom/hulle as n decoy
op my gras.

Hulle maats kom oor gevlieg en sien daar sit twee op die gras en trek in vir n chat. As hy sit moet jy skiet want hulle kom gou agter die manne op die gras praat nie terug as hy roep of skreeu nie en vlieg weg.

Baie sport

Re: Indian Mynah

Posted: Mon Jan 23, 2017 11:51 am
by Stephan86
Rupert daai is nou vir jou 'n bakgat plan.

Re: Indian Mynah

Posted: Mon Jan 23, 2017 12:26 pm
by Toyrsi
Ek verpes daai voëls. My meisiekind kom se my daar is n voël wat haar jaag as sy naby die diere se kos bak kom. Gaan kyk en hier sit die mynah. Ek stap nader na die boom en kom storm die ding my sommer. Hy kom so naby dat ek hom uit die boom uit klap. Die volgende dag toe hy maar n lood pilletjie. Het seker so 2 of 3 geskiet. Hulle vlieg n draai om my huis maar land nie naby nie. Nog blerrie slim ook.

Re: Indian Mynah

Posted: Tue Jan 24, 2017 1:40 pm
by Ratel
So vra iemand my toe eendag om die goed waar hulle in 'n groot palmboom by sy huis slaap te skiet. Het paar vriende saamgebring en daai aand was dit 'n slagting.

Het gesien hoe een 'n verkleurmannetjie doodgemaak het. Byt hom al teen die oe. Hulle getalle en die feit dalk hulle uitgeslape is maak hulle 'n groot probleem. Ek kan nie help om hulle te sien as die rooijakkals van die voels nie.

Re: Indian Mynah

Posted: Tue Jan 24, 2017 2:42 pm
by Rasmus
En die peste is al wyd verspei! Het in Des 2 buite Punda Maria in die wildtuin gesien...