Page 1 of 2
Val plate / Gong
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:09 am
by Rasmus
Ek wil n val plaat of twee laat maak. Van watter tipe staal word die goed gemaak? Of selfs n paar gonge.
Ek kyk ook om n lewensgrootte springbok te laat sny, maar wil nie die ding flenters en vol gate skiet na die eerste sessie nie.
Re: Val plate
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:15 am
by Hein M.
Rasmus wrote:
Ek wil n val plaat of twee laat maak. Van watter tipe staal word die goed gemaak? Of selfs n paar gonge.
Ek kyk ook om n lewensgrootte springbok te laat sny, maar wil nie die ding flenters en vol gate skiet na die eerste sessie nie.
Rasmus
Dalk help hierdie link:
http://www.springboktak.co.za/skiet/1%2 ... isiere.pdf
Groetnis!
Hein
Re: Val plate
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:19 am
by Danie Lombard .243
Bennox staal is maar die beste vir die maak van skiet plate, bennox staal nogal duur.
Daar is 'n ander soort staal ook wat genoem word harddox (hoop ek spel dit reg) Harddox staal is baie harder en sterker as bennox met die voordeel dat dit koud gevorm kan word. Geen patroon sal deur harddox kan skiet nie (dink ek)
Ander opsie wat jy kan volg is om twee of drie lae plaat mild steel aan mekaar te sweis, gewoontlik vervorm of krater net die vooste plaat met die impak van die koeel en bereik selde die tweede of derde plaat. Ek het hier by my 'n ghong wat uit twee dik plate mild steel gemaak is wat vas aan mekaar gesweis is, al in die ronde waar die plaat opmekaar le. Skiet al jare op die plaat en hy hou, die vooste plaat lyk wel soos die maan se oppervlekte, vol duike en kraters.
Re: Val plate
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:26 am
by junglejulian
dit word van pantser staal gemaak maar dit is vrek duur.by die skietwinkel (051 444 3590)in bloem is daar ronde gongs te koop
anders kan jy vir pannetjie rossouw by BMSSK bel-0828085131
hy sal jou kan help met kalkoentjies varke skaapramme ens wat hul in silohette gebruik
Re: Val plate
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:32 am
by Rasmus
Dankie Baie almal. Jungle weet jy waar bly Pannetjie? Ek vra net want ek is in Middelburg Mpumallanga
Re: Val plate
Posted: Fri Aug 05, 2011 12:18 pm
by Danie Lombard .243
Pannetjies woon in Bloemfontein
Re: Val plate
Posted: Fri Aug 05, 2011 2:23 pm
by Wielie Waps
Rasmus
As jy dit hier in Bloem gereel kry en dit kan in 'n kar se boot pas kan ek reel dat dit in Middelburg uitkom.
Re: Val plate
Posted: Fri Aug 05, 2011 2:45 pm
by Christo Els
Re: Val plate
Posted: Sat Aug 06, 2011 2:41 pm
by Drenalinjunkie
Hardox 450 is wat in die myne gebruik word om alle chutes, panfeeders ens teen erosie te beskerm asgv van die klippe. Dit skuur mettertyd wel weg. Dit is n duur staal. Kort ook n spesiale prosedure om dit te weld...
Re: Val plate
Posted: Mon Aug 08, 2011 11:45 pm
by Topcat
Bennox is deffinitief die beter opsie.Beter as panser staal.Maar ek sal dit net gebruik op gonge.Bietjie duur vir lifesize.
Re: Val plate
Posted: Tue Aug 09, 2011 7:09 am
by foxbat25
Ek het 'n paar valplate gemaak uit 6mm en 8mm Bennox, hoofsaaklik om voorlaaier op te skiet. Skiet hulle gewoonik op 50 - 100m. Werk baie mooi, maak geen merk op duik nie. Die .303 skiet wel gate deur die 6mm op 75m. Het hom nie op die 8mm probeer nie.
Re: Val plate
Posted: Tue Aug 09, 2011 8:08 am
by FrancoisN
Ek het ok gonge van Bennox en op 150m skiet ek deur hulle. Maak seker dit is Bennox 400 of 500 en nie die 100 soos myne nie.
400 en 500 is baie sterker as die 100.
Re: Val plate / Gong
Posted: Tue Aug 23, 2011 11:47 am
by Rasmus
Ek het toe laat ouens hier in Middelburg vir my Bennox gonge sny. Ek wil nou n raam bou sodat ek die naweek kan speel.........
Het iemand dalk n foto van so n gong raam? Hoe hoog hang n ou gewoonlik die goed?
Enige idees sal welkom wees.
Groete
Re: Val plate / Gong
Posted: Tue Aug 23, 2011 1:16 pm
by BLOK
Re: Val plate / Gong
Posted: Tue Aug 23, 2011 8:15 pm
by Christo
Ek wil weer 'n eiertjie hier le. Laat sny die gonge uit gewone plaat by een van die besighede wat skare maak en laat sny/boor die gate wat jy wil he, dan laat jy dit temper soos die skare. Skiet bietjie na 'n skottelskaar op so 150m en kyk of daar 'n merk is. Ek dink 8mm of 10mm sal goed werk. Ek het 16mm gebruik wat mooi werk met alle kalibers selfs op 50m maar van so 250m af swaai hy nie so lekker met 223 nie.
Re: Val plate / Gong
Posted: Tue Aug 23, 2011 8:25 pm
by baboonstalker
Dikker is ook nie altyd beter nie. 'n ligter plaat kan maklik padgee terwyl 'n swaar of dik plaat nie so maklik padgee nie en al die energie moet absorbeer wat jy na sy kant toe stuur.
Van watter tipe staal maak hulle die skare Christo?
Re: Val plate / Gong
Posted: Tue Aug 23, 2011 8:29 pm
by Christo
baboonstalker wrote:
Van watter tipe staal maak hulle die skare Christo?
Pieter, ek gaan more seker maak maar ek dink dit is mild steel wat dan lank in 'n oond gesit word.
Re: Val plate / Gong
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:26 am
by Rasmus
Sal daarna loer my swaer het n klomp ou skare op die plaas.......
Ek het twee stukke Bennox gekry hulle is bietjie dik maar n skyf van 200 x 200 kos maar so R 100. Gaan vrydag n raam aanmekaar slaan en Saterdag skiet sal laat weet hoe werk dit.
Groete
Rasmus
Re: Val plate / Gong
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:36 am
by Francois Briedenhann
Manne of vat n dood gewone plaat maar dik en bou n strip konwyer aan hom vas sodat hy gan swaai as die lood slaan ons gebruik dit op ons skietbaan en hulle hou behalwe manne met staal punte
Re: Val plate / Gong
Posted: Wed Aug 24, 2011 1:12 pm
by Christo Els
Re: Val plate / Gong
Posted: Wed Aug 24, 2011 3:17 pm
by JACQUES BOTHA
Francois
Ek dink nie die gewone plaat gaan die vinniger kalibers stop nie. n .342 (243 ugly bv) hol deur om soos n warm mes deur botter.
Het ek al gesien.
Ook hoe langer daai rubber belt is hoe meer kan hy pakslae vat...
So as jy kan gee hom en langer stukkie conveyer belt..
Jacques
Re: Val plate / Gong
Posted: Wed Aug 24, 2011 3:31 pm
by Hein M.
Francois
Daai patent met die dubbelplaat is net die ding vir my - dan kan ek ook dalk 'n ghong tref
JB
.342 
Tikfoutjie

Smaak my dit is iets soortgelyk aan noudiedag se tikfoutjie...
Mooiloop!
Hein
Re: Val plate / Gong
Posted: Wed Aug 24, 2011 3:41 pm
by JACQUES BOTHA
Re: Val plate / Gong
Posted: Thu Aug 25, 2011 6:47 am
by Piet Breedt
Christo, ek hoop jy verf die gong wit, anders gaan jy moeilik onderskei wat gong is, en wat conveyor is, veral op die langer afstande. Ook wil ek noem dat n ronde gong baie moeilikker is om raak te skiet as n reghoekige een, veral in wind. Mens skiet maklik op die rondings uit as jou afstand skat effens uit is en die wind jou af druk.
Ek stem saam met Jacques, n langer belt maak dat jou gonge baie minder punch vat. Die 12mm "reinforcing" round bar, die een met die riffeltjie op maak n baie sterk en goedkoop raam
Re: Val plate / Gong
Posted: Thu Aug 25, 2011 6:57 am
by FrancoisN
Dagse Manne
As iemand my kan se hoe ek n foto kan opsit sonder om foto emmer te gebruik sit ek n mooi foto op van hoe n lekker raam moet lyk.
Sien daar is n nuwe manier om fotos op te sit hulle is eers so klein en dan klik jy op hom.
Laat weet maar
Groetnis
Katvis