Page 1 of 1

BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Wed Jan 18, 2017 8:17 pm
by JohanvanZyl
Beste Lede

Ek het 'n advertensie van BCRS in SA Jagters gesien en stel belang om 'n dubbeldeur yskas by hulle te koop. Hul pryse is vir my baie goed en ek wil net hoor of enigeen al met hul gedeel het? Terugvoer oor produkkwaliteit en diens sal baie waardeer word.

Groetnis

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 6:41 am
by WILLEBEES
Weet nie van yskaste se kwaliteit nie maar moet net nie 'n REBER vleismeul koop nie...

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 8:32 am
by EtienneA
Wat is die pyne met die Reber vleismeul?

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 10:42 am
by WILLEBEES
EtienneA wrote:Wat is die pyne met die Reber vleismeul?
Ek het een gekoop by BCRS, het oor so 3 jaar omtrent 900kg vleis deur sy keel gegooi...
Van die begin af het die ding raserig geklink, ek het die olie in die ratkas van dag 1 af gecheck dat dit vol is, maar die geraas het al meer geword. Later geklink soos 'n Harvard wat opstyg...
En toe, op een kritieke Saterdag oggend gee hy die gees. Gestripte ratkas.
Moes inderhaas dieselfde dag 'n ander een koop. Definitief nie weer'n reber nie...
Later die ratkas uitmekaar gehaal en gesien dat die ratte se shafts loop in gemasjineerde cavities in die aluminium casing sonder bushes of bearings.
Een van die cavities heeltemal uitgewear en veroorsaak dat die ratte nie inskakel nie en oormekaar gly.
Die motor is egter nog mooi - kon nog net nie 'n alternatiewe gebruik vir hom uitdink nie.
Wil van dit ontslae raak.

groetnis

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 11:43 am
by EtienneA
Dit klink nie goed nie. Ek het 'n week terug een gekoop :-[ Sal hom maar probeer en kyk wat gebeur.

Groetnis

Etienne

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 12:33 pm
by JohanvanZyl
So bly weg van hulle meule. Ek gaan maar bel vir kwotasie en kyk hoe lyk die pryse.

Dankie manne

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 12:39 pm
by Tinus
Ek het ook n vleis meul by hulle al gekoop en die ratkas al 3 keer oor gedoen. Ook baie geraas al sit jy nuwe ratte in.

East Cape Plains Game Safaris

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 1:53 pm
by WILLEBEES
EtienneA wrote:Dit klink nie goed nie. Ek het 'n week terug een gekoop :-[ Sal hom maar probeer en kyk wat gebeur.

Groetnis

Etienne
Maak maar net seker die ratkassie is vol olie.
As die ding begin raas het jy waarskynlik probleme, maar vir jou part hoop ek nie so nie...
groetnis

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 1:58 pm
by WILLEBEES
My replacement vleismeul het ek by Catering Warehouse in Centurion gekoop.
Nou nie 'n Rolls Royce nie, het 2 jaar gelede R4000 betaal vir hom maar nog nie probleme gehad nie en hy loop so stil soos 'n muis met slippers.
Het ook nie sy blade en blade carrier baie gelike nie, het die Reber parte o.a. die plate ook gemodify om te pas.
Voorts het ek 2 sizes (2mm en 3mm) nylon washers gemaak wat ek op die shaft aan die agterkant van die wurm sit om te keer dat sous in die drive cavity insypel.
Vir my werk alles baie lekker...
groetnis

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 6:37 pm
by EtienneA
Wat se olie gebruik die meneer. Moet jy die olie by die olieprop kan sien? Die handleiding beteken nie veel nie.

Groetnis

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 7:06 pm
by Pappabeer
WILLEBEES wrote:
EtienneA wrote:Wat is die pyne met die Reber vleismeul?
Ek het een gekoop by BCRS, het oor so 3 jaar omtrent 900kg vleis deur sy keel gegooi...
Van die begin af het die ding raserig geklink, ek het die olie in die ratkas van dag 1 af gecheck dat dit vol is, maar die geraas het al meer geword. Later geklink soos 'n Harvard wat opstyg...
En toe, op een kritieke Saterdag oggend gee hy die gees. Gestripte ratkas.
Moes inderhaas dieselfde dag 'n ander een koop. Definitief nie weer'n reber nie...
Later die ratkas uitmekaar gehaal en gesien dat die ratte se shafts loop in gemasjineerde cavities in die aluminium casing sonder bushes of bearings.
Een van die cavities heeltemal uitgewear en veroorsaak dat die ratte nie inskakel nie en oormekaar gly.
Die motor is egter nog mooi - kon nog net nie 'n alternatiewe gebruik vir hom uitdink nie.
Wil van dit ontslae raak.

groetnis
Presies die selfde geld vir hulle wors stopper. Die-cast Aluminum ratkas met geen ondersteuning aan die ratte nie.
BCRS het altyd bekend gestaan as BBRW en hulle diens was nie wat wonders ter ondersteuning van hulle produk nie. Ek sal nie maklik by hulle koop nie.

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Thu Jan 19, 2017 9:04 pm
by JohanvanZyl
Dankie Dewald. Die dat alles moeilikheid gee is nie goeie tekens nie

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Fri Jan 20, 2017 6:46 am
by WILLEBEES
EtienneA wrote:Wat se olie gebruik die meneer. Moet jy die olie by die olieprop kan sien? Die handleiding beteken nie veel nie.

Groetnis
SAE 90. In 500ml beskikbaar by Midas.
Maak hom vol tot sowat 25mm van prop opening af.
Ek sou ook aanbeveel dat jy na elke seisoen die olie dreineer en vervang met nuwe olie. Indien jy fyn aluminium shavings gewaar dan is die skade besig om te gebeur...
Groetnis

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Fri Jan 20, 2017 6:54 am
by EtienneA
Baie dankie Willebees. Sal hom monitor. Dalk 'n "bearing" insit.

Groetnis

Re: BCRS - Butchery en Catering Suppliers

Posted: Fri Jan 20, 2017 7:22 am
by WILLEBEES
Nie genoeg plek binne vir 'n bearing nie...