Page 1 of 1

Belangrike boodskap aan alle dames!!!

Posted: Wed Jan 18, 2017 10:13 am
by WILLEBEES
23 Februarie is die begin van die Super Rugby reeks van 2017.

Tydens hierdie belangrike gebeurtenis is daar 'n paar dinge wat julle dames moet weet en verstaan.

1) As jy 'n MMMM hoor na jy 'n vraag gevra het beteken dit:
Gaan, geniet dit.
Moenie die kar stamp nie en moenie meer as R50 spandeer nie.
Maak gou.
Bring sommer lekka klam biltong met 'n geel vetjie, tesame met 12 koue biere, chips, rump steak en wors, skaaptjops vir bykos. Moenie die charcoal vergeet nie.

2) Skuif vroegtydig die meubels sodat jy glad nie tussen die rugby kenner en die TV verby beweeg nie.
Om dit poedelnakend kaal te doen gaan geen verskil maak nie.

3) Hou jou opruimende gedagtes tot na die wedstryd(e).

4) Halftyd, beseringstyd en tussen wedstryde is bedoel dat die man 'n draai kan loop.
Moenie dan kom met onbenullige vrae nie, soos:
"Moet daar water by die ceiling uitdrup?" of
"Moet daar vlamme by die kar se dashboard uitkom?"
Los dit vir NA die game.

Baie dankie by voorbaat vir julle samewerking.
Ons is lief vir julle, julle lyk great in daai nuwe rok, julle haarkleur lyk mooi, en NEE - jou ma kan nie kom kuier nie!

Sien julle weer raak in November as die rugby replays begin boring raak.

Re: Belangrike boodskap aan alle dames!!!

Posted: Wed Jan 18, 2017 2:20 pm
by Boomstomp
So sleg soos al die rugby middel tot einde verlede jaar was, weet ek nie of ek enigsens gaan kyk die jaar nie!

Re: Belangrike boodskap aan alle dames!!!

Posted: Thu Jan 19, 2017 7:48 am
by Fanta300
Boomstomp wrote:So sleg soos al die rugby middel tot einde verlede jaar was, weet ek nie of ek enigsens gaan kyk die jaar nie!

Ek wik en weeg ook nog. Is daar nie iewers 'n Netbal toernooi nie?

Re: Belangrike boodskap aan alle dames!!!

Posted: Thu Jan 19, 2017 11:28 am
by Apie
Fanta300 wrote:
Boomstomp wrote:So sleg soos al die rugby middel tot einde verlede jaar was, weet ek nie of ek enigsens gaan kyk die jaar nie!

Ek wik en weeg ook nog. Is daar nie iewers 'n Netbal toernooi nie?
Ek is persoonlik meer 'n dames strand vlugbal ondersteuner...

Die spelers is altyd iets vir die oog.....

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Belangrike boodskap aan alle dames!!!

Posted: Thu Jan 19, 2017 4:39 pm
by finch
Ek sien nou die dag wys hulle Kabaddi op superport, dit was heelwat meer intressanter as enige van 2016 se SA rugby wedstryde.

https://en.wikipedia.org/wiki/Kabaddi