Page 1 of 1

Verligte kruishaar vir rangefinder?

Posted: Tue Jan 17, 2017 3:55 pm
by Henrie_270
Dagsê

Ek wil vir my n rangefinder vir hoofsaaklik nagjag (moet jakkals of rooikat op 400m kan range in nag) aanskaf. Kyk tans na die Rudolph Micro maar nou sê party manne ek moet liewer n rangefinder met n verligte kruishaar koop.

So my vraag is sal die Rudolph werk vir my applikasie of moet ek maar dieper in die bank grawe en n Leupold koop.

Mooiloop

Re: Verligte kruishaar vir rangefinder?

Posted: Tue Jan 17, 2017 4:03 pm
by Geno
Hoes maar en koop 'n Leica. Ek het al met my 1600B 'n jakkals op 688y in die nag gerange.

Re: Verligte kruishaar vir rangefinder?

Posted: Wed Jan 18, 2017 7:28 pm
by Lamtjop
Henrie, ek het n Nikon ls1000 wat se kruisie automaties verlig in swak lig toestande en dan n Leica 1000. Die Nikon is pateties die Leica fantasties. Verligte kruis op cheap rangefinders se lig is te helder en skyn terug in jou oog sodat jy nie jou teiken kan sien nie. Ook met die helder kruis moet jy jou spotlight vol bright sit net om genoeg lig op teiken te sit om deur die rooi skynsel in rangefinder te kan sien. Die leica het geen van bg problem nie. Kon gisteraad rooikat op 712m range teen berg. Nikon kan niks verder as 500m range nie Groete

Re: Verligte kruishaar vir rangefinder?

Posted: Wed Jan 18, 2017 8:08 pm
by JohanvanZyl
Lamtjop wrote:Henrie, ek het n Nikon ls1000 wat se kruisie automaties verlig in swak lig toestande en dan n Leica 1000. Die Nikon is pateties die Leica fantasties. Verligte kruis op cheap rangefinders se lig is te helder en skyn terug in jou oog sodat jy nie jou teiken kan sien nie. Ook met die helder kruis moet jy jou spotlight vol bright sit net om genoeg lig op teiken te sit om deur die rooi skynsel in rangefinder te kan sien. Die leica het geen van bg problem nie. Kon gisteraad rooikat op 712m range teen berg. Nikon kan niks verder as 500m range nie Groete
Klink of daai Nikon een van die dae in die mark gaan wees. Skree maar.... ++>: ++>:

Re: Verligte kruishaar vir rangefinder?

Posted: Thu Jan 19, 2017 8:39 pm
by Lamtjop
Johan hy was al in die mark, niemand wou koop nie. Mamma kry toe een present want sy jag ook. Groetnis

Re: Verligte kruishaar vir rangefinder?

Posted: Thu Jan 19, 2017 9:01 pm
by JohanvanZyl
Nou ma PM as mamma upgrade na n Leica ++>: