Page 1 of 1

Tuffcases Geweer Kas

Posted: Tue Jan 17, 2017 7:44 am
by Klein Chris
Dag Almal,
Ek is in die mark vir n geweer kas en het op die mense (http://www.tuffcases.co.za/) afgekom in PTA

Het iemand dalk ondervinding van hulle produkte?

My suster se seun wil in Wallis gaan FT skiet en ek wil net weet of die kas en die windbuks heel in Wallis gaan uitkom en weer terugkom

Pryse lyk ook goed R2300 tot R4600

Hoor graag van julle

Chris

Re: Tuffcases Geweer Kas

Posted: Tue Jan 17, 2017 6:31 pm
by Kallie404
Hello Chris,

Ken dit nie maar lyk goed. Ek self gebruik al n paar jaar net Alpine Gun Cases. word van aluminium gemaak en ek het al paar keer met my jag wapens gevlieg sonder enige skade. Hulle diens is ook baie goed. Die tasse sluit ook op twee maniere vir beter sekuriteit. www.alpinecases.co.za

Re: Tuffcases Geweer Kas

Posted: Wed Jan 18, 2017 7:09 am
by Klein Chris
Dankie Kallie,
Enige idee wat prys die Alpine kaste? Kan jan publiek direk by hulle koop?

Re: Tuffcases Geweer Kas

Posted: Wed Jan 18, 2017 11:45 am
by Kallie404
Hi Chris, dit is maar aan die duur kant maar ek belowe jy sal nooit weer in jou lewe n tas hoef te koop as jy n Alpine gekoop het nie. Ek het direk gekoop sonder problem.

Re: Tuffcases Geweer Kas

Posted: Mon Jan 23, 2017 10:41 pm
by PierrieT
Hi Chris,

Ek ken 'n hele paar manne wat die Alpine tasse gebruik en dis goeie waarde vir geld. Jy kan direk koop maar ek het rond geshop en die pryse wat ek by verskeie handelaars kry is op van die produkte tot en met R1000 goedkoper as om direk te koop. Dalk ou vooraad.

Ek het by Kalahari Arms die beste pryse gekry toe ek gekoop het.
http://kalahari-arms.myshopify.com/coll ... 1189813331

Groete

Re: Tuffcases Geweer Kas

Posted: Tue Jan 24, 2017 1:22 pm
by Monster
Ek het 'n pelican 1750 kas wat ek moontlik van wil ontslae raak in die R5k prys klas. Die spons kan net vervang word. Die kas is swart met werks merkies maar in 'n goeie kondisie. Dis 'n baie goeie prys

Re: Tuffcases Geweer Kas

Posted: Thu Jan 26, 2017 8:08 am
by Klein Chris
Dankie julle,
Sien die weermag surplus stoor in PTA Wes verkoop ou weermag geweer kaste vir +- R700. Die goed behoort mos lekker sterk te wees. As die dimensies reg is en met n bietjie TLC/spons behoort dit n aanvaarbare kas te maak

Ek worry net oor die gewig. Weet iemand dalk hoe swaar die goed is?

Die kokkerot hardloop nou lelik.

Re: Tuffcases Geweer Kas

Posted: Thu Jan 26, 2017 8:34 am
by Monster
Chris, die mense saam wie jy vlieg. Hulle laat extra gewig toe vir sport toerusting.