Page 1 of 1
1 MOA
Posted: Thu Aug 04, 2011 6:45 pm
by Cobus(Cobb)
Ek staan nou en kyk na 'n ou teiken hier in my "bendekamer"...die teiken is mooi opgedeel in blokke van 1 duim, die middel blok(primere bull) is 2duim x 2duim, en dan is daar 4 kleiner, rooi blokke van duim elk...
Is die blokkie 1"x1" die 1MOA..(afgerond natuurlik) en is 2 MOA ..2"X2"...of is 2 MOA 1,41" X 1,41"..
Ek hoop die vraag maak sin.
Re: 1 MOA
Posted: Thu Aug 04, 2011 7:21 pm
by Penkop
Ek verstaan 1 MOA as 1"x1" en 2 MOA as 2"x2".
As ek verkeerd is laat weet en verduidelik asb hoekom.
Re: 1 MOA
Posted: Thu Aug 04, 2011 8:39 pm
by Cobus(Cobb)
Ek verstaan, dankie.
Re: 1 MOA
Posted: Thu Aug 04, 2011 8:58 pm
by Boesman
As mens dan 'n teiken van bv. 2 MOA wou he, sou dit eerder 'n ronde kol van om en by 2" op 100yds wees. 'n Blokkie van 2"x2" se oorkruishoeke is dan meer as 2 MOA.
Re: 1 MOA
Posted: Thu Aug 04, 2011 9:41 pm
by Cobus(Cobb)
Boesman...
So ook die 1x1 blokkie se oorkruis hoeke...ek verstaan dus dit moet 'n sirkel wees met 1" deursnee vir 1MOA, 2"sirkel vir 2 MOA ens...
Ek het vroer gedog dis dalk die oppervlakte maar was verkeerd..

Re: 1 MOA
Posted: Fri Aug 05, 2011 7:30 am
by James Wilson
MOA: My Own Ability

Re: 1 MOA
Posted: Fri Aug 05, 2011 12:09 pm
by Mac
Re: 1 MOA
Posted: Fri Aug 05, 2011 4:28 pm
by Lamtjop
Help my gou asb, indien my scope stel soos volg; 1 kliek = 1 sentimeter @ 100m. As ek dan op 200m 1cm links skiet hoeveel moet ek stel om in die "bull" te skiet. Ek sou s? n halwe kliek.(As my scope net kon)
Groete almal
Re: 1 MOA
Posted: Fri Aug 05, 2011 5:28 pm
by Arnold
Daai klink soos milliradians.
1 milliradian op 100m is 100mm
Re: 1 MOA
Posted: Fri Aug 05, 2011 5:43 pm
by Boesman
Lamtjop
Jy's reg. So maak vrede met daardie 1cm.
Re: 1 MOA
Posted: Sat Aug 06, 2011 7:47 am
by Geno
Tjops,
Kan jou ringe nie kant toe stel nie?
Re: 1 MOA
Posted: Mon Aug 08, 2011 6:20 pm
by Lamtjop
Dankie almal.
Geno, my ringe kan nie sywaarts gestel word nie. Ek het scope afgehaal en voorste base omgedraai om scope verder te kan terugskuif, het daarna nog net tot op 100m geskiet so miskien is daai sentimeter nou weg op 200.
Groete Tjops
Re: 1 MOA
Posted: Tue Aug 09, 2011 12:51 am
by gideon
Cobb.
Ek sluit bietjie laat aan by die onderwerp. Hier is my twee sent. Die teiken waarna jy verwys, het 1" blokkies en dan 'n 2" blok as ek reg is.Ek vermoed dit is soos die teikens by sure focus.
Ek dink die belangrikste ding as dit by MOA kom is dit die afstand waarop jy die teiken sit. As jou teiken op 100m staan is jy reg as jy se die 1" blokkies is 1 MOA en die 2"blokkie is 2MOA. Sit jy egter dieselfde teiken op 200m verander die prentjie so bietjie dan is die 1" blokkie 'n 1/2MOA en die 2" blok 'n MOA. Almal wil tog net 'n Sub MOA geweer he. Dit beteken dat as jou geweer op 100m in die 1" blok groep het jy 'n sub MOA geweer. Dan behoort jou geweer op 200 in die 2" blok te kan groep. Jou geweer behoort dan op 300m in 'n 3" blok te kan skiet. En op 400m in 'n 4" blok en so gaan dit aan. Dit is slegs in teorie en ons vergeet van al die dinge soos wind die skut se vermoee ens. Ek laat ook die klein verskil tussen yrd en meter weg.
Tjop.
Net so werk jou scope se vertelling. Meeste jag scopes stel 1/4MOA maw 4 clicks gee vir jou 1 MOA jy kry scopes wat minder of meer kan stel bv 1/8moa. 'n Scope wat 1/4moa stel beteken dat een click so +- 6.25mm op 100m stel. Dieselfde verstelling sal dus 12.5 mm op 200m wees. Dit los jou 2.5mm van 10mm af op 200m. Ek ken nie die Miliradian waarna Lugwig en Arnold verwys nie, nie een van my scopes stel so nie.
Net my twee sent.
Re: 1 MOA
Posted: Tue Aug 09, 2011 3:34 pm
by Boesman
Die afstand van die vertikale en horisontale lyne van 'n 1" x 1" blokkie verteenwoordig (amper) MOA op 100yds. Die oorkruis lyne van dieselfde blokkie (links bo na regs onder, en regs bo na links onder) se afstand is langer en is dus meer as MOA. As koeel no.1 tref op die een hoek en koeel no. 2 op die oorkruis hoek, skiet die geweer (of skut) nie MOA nie.
Re: 1 MOA
Posted: Tue Aug 09, 2011 3:49 pm
by Cobus(Cobb)
....daarom dan eerder 'n kol of sirkel van 1",2",3",oor 100,200 en 300m onderskeidelik...as ek reg verstaan..
Re: 1 MOA
Posted: Tue Aug 09, 2011 9:07 pm
by tripodmvr
Die duim grid wat op teikens geplaas word is daar om te help met die verstelling van die telskoop en nie noodwendig om die groepering te toets nie. 1 MOA op 100 jaarts (91,44m) = 27mm en op 100m is dit 29mm. Die duim blokke is egter prakties behulpsaam om die clicks per duim verstelling te doen en so baie naby aan die regte oplossing te kom. Die werklike groepering moet met 'n liniaal of vernier bepaal word.
Re: 1 MOA
Posted: Sat Aug 13, 2011 11:07 am
by Mac
Re: 1 MOA
Posted: Sat Aug 13, 2011 6:49 pm
by Francois Marais
Mac
Very good link.........immediately to my favourites.....
Keep well
Francois
Re: 1 MOA
Posted: Sat Aug 13, 2011 7:25 pm
by Mac
FM,
Let me know what you want, I am dead keen on 1K + and have plenty of links like these, all sorts of info that with our ridiculous laws I will probably never be able to use, even if I could afford a GAP or AI Rifle.