Page 1 of 1

Verkoop van herlaaide ammunisie

Posted: Fri Jan 13, 2017 2:09 pm
by Meteor
Middag. Ek wil graag praat oor die verkoop van herlaaide ammunisie.
Volgens wat ek onthou mag jy nie namens iemand herlaai.
Ek weet nie wat die storie is wanneer iemand dit verkoop want hulle kan dit moes net trek maar vir mense wat nie weet of dit oop en bloot doen sonder n woord bysit wat die koper waarsku...wat dink julle moet ons uitkyk wees.

Re: Verkoop van herlaaide ammunisie

Posted: Fri Jan 13, 2017 2:29 pm
by Ashley
Middag Meteor

Hier is soos ek dit het;
Jy mag geensins gelaaide ammunisie verkoop sonder n handelaars permit/lisensie nie.

Jy mag namens iemand, of vir iemand laai. Maar sodra die patrone gelaai is (lewendige patroon) is jy in besit van onwettige ammunisie indien jy nie n liksens vir daai selfde kaliber het nie, of indien die persoon vir wie jy laai nie langs jou staan nie.

Jy mag wel in besit wees van punte, kruit, slagdoppies en doppe as los items, solank jy n liksens het vir enige kaliber.

Dit sal, in my kop, nie slim wees om herlaaide ammunisie by enigiemand te koop nie tensy dit spesifiek mbv Quickload vir jou eie geweer gelaai is nie.

Daar is slimmer ouens as ek op die forum, maar dis soos ek die storie verstaan...

Re: Verkoop van herlaaide ammunisie

Posted: Fri Jan 13, 2017 2:37 pm
by Meteor
Ashley wrote:
Hier is soos ek dit het;
Jy mag geensins gelaaide ammunisie verkoop sonder n handelaars permit/lisensie nie.
Dankie dat jy dit noem dis nie iets wat ek geweet het nie.

Ek gaan herlaai weer moet oorgaan voor ek seker is want ek het gedink jy mag sy toerusting gebruik maar hy mag nie namens jou die handvatsel trek.

Re: Verkoop van herlaaide ammunisie

Posted: Fri Jan 13, 2017 2:45 pm
by Meteor
Het dit, FCA 2004 Seksie 101
(2) A person who loads ammunition as contemplated in section 93 (1) of the Act may not supply that ammunition to any other person.

Re: Verkoop van herlaaide ammunisie

Posted: Fri Jan 13, 2017 3:23 pm
by Gian_dP
Meteor wrote:
Ashley wrote:
Hier is soos ek dit het;
Jy mag geensins gelaaide ammunisie verkoop sonder n handelaars permit/lisensie nie.
Dankie dat jy dit noem dis nie iets wat ek geweet het nie.

Ek gaan herlaai weer moet oorgaan voor ek seker is want ek het gedink jy mag sy toerusting gebruik maar hy mag nie namens jou die handvatsel trek.
Jy is korrek. Mag nie vir iemand anders laai sonder vervaardigers permit nie

Re: Verkoop van herlaaide ammunisie

Posted: Fri Jan 13, 2017 3:32 pm
by Ashley
Gian_dP wrote: Jy is korrek. Mag nie vir iemand anders laai sonder vervaardigers permit nie
Daar leer ek ook iets.