Page 1 of 1

As vrouens gaan jag

Posted: Fri Jan 13, 2017 10:54 am
by Ashley
Die ou gaan gereeld jag, en sy vrou moet altyd alleen tuis bly.
Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag.
Op die plaas aangekom sê sy vir haar man hulle sal elk n ander roete loop, & sal dan weer mekaar onder by die hek ontmoet.
So gesê, so gedaan.
Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote hoor klap.
Hy hardloop val-val terug na waar die die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar, en dit lyk of sy in 'n moerse argument betrokke is... met kragwoorde wat rol die een na die ander.

"Meneer, dit is my Kudu die!" skree sy.
"Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koeëls!" gil sy terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in die dooie dier se skedel druk om te demonstreer.

"Goed mevrou, bedaar net!" sê die man vir die histeriese, gewapende vrouejagter.
"Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die KUDU vir jou".
"Gee jy om om net jou geweer asb op safety te sit terwyl ek my f@#kn saal en toom van jou kudu afhaal?!?!?!"

Re: As vrouens gaan jag

Posted: Fri Jan 13, 2017 11:21 am
by neef
hahah lekker lag ek nou

Re: As vrouens gaan jag

Posted: Fri Jan 13, 2017 1:27 pm
by win270
Baie goed!!

Re: As vrouens gaan jag

Posted: Fri Jan 13, 2017 3:27 pm
by honda2
Priceless!

Re: As vrouens gaan jag

Posted: Tue Oct 31, 2017 12:49 pm
by CJNaude
Lekker man lekker

Re: As vrouens gaan jag

Posted: Tue Oct 31, 2017 2:25 pm
by jdpretorius
Pragtig, nou amper 'n tjortsie gelos soos ek lag