Page 1 of 1

Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 8:05 am
by Heinvdwalt
Het enige iemand al met hierdie webwerf sake gedoen? Ek het gehoor daar deesdae "fake" swarovski, zeiss etc scopes in omloop. Blyk my hierdie werf smous hulle as ek na pryse kyk.
Ek verwys egter na die ander items soos rooi en groen lasers, koplampe, ens. Kwaliteit?

https://geek.wish.com/m/search/Riflescope

As iets lyk na te goed om waar te wees?

Sent from my C6603 using Tapatalk

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 8:20 am
by Friedland
Het daar op die site gaan loer. Op die oog af lyk dit te goed om waar te wees. Ek sal darem graag n Swarovski vir R 3400 wil koop!!!!

Die ou wat daai site aanmekaar gesit het kort n klap. Dis darem deurmekaar om so te shop.

My eerste raai sal wees dat jy jou vingers gaan brand met die ene

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 8:23 am
by joe rocket
Vat jou geld en gaan casino toe daar het jy darem n beter kans, wat maar skraal is, om te wen.

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 8:26 am
by andre007
Ek sien hulle opperate van San Francisco

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 8:43 am
by Geno
Hier is 'n nice teleskoop vir Gawie se volgende cartoon gun.

https://geek.wish.com/m/c/57d0db8b72850c1349bc8864

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 9:39 am
by Kolhasie
Pasop maar...

n vriend van my het n drone gekoop...in SA kos hy by die 20 000 hy koop hom vir 6600.

Na n maand kom die drone hier aan en hy bring hom plaas toe dat hy getoets word letwel hy het n Pantom 4 of so iets so hy ken sy storie.

Na hy mooi gekyk het se hy noggals dit was n goeie koop.. sit vir drone aan die gang styg op....en daar gaan drone kry hom nie gestop nie gaan so hoog dat sy asem op raak en kom val vir hom boud en blad reg voor ons.

Groete KH

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 11:01 am
by Gawie(13mm)
Geno, daai is selfs vir my te "common"!

Ek loer laasweek daar in Dubai na 'n mooi silwer kassie vir my vrou se selfoon. Seg daai man met die wit jurk en die vadoek om die kop mos vir my dus "wit goud". Die prys van R38 000.00 het my sulke sooibrand gegee dat ek sommer die helfte van my beursie tooiings gekou het.

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 2:16 pm
by THOMAST
"Charo Scope"??

Re: Geek wish?

Posted: Fri Jan 13, 2017 4:02 pm
by Sangoma (IAN)
Lekke mounts daai Geno, klamp sommer om die loop vas